Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 176

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die vrypostigheid en verootmoediging van Kisehel met die skerp tong

176 En dus gaan die sewe en kom natuurlik ook baie gou by die altaar aan. Toe hulle daar aankom, stap die baie kordate Kisehel onmiddellik op die Hoë Abedam af en bekyk Hom dadelik noukeurig van kop tot tone en vind niks aan Hom wat hom sou kon opval nie, behalwe `n ernstige, vriendelike karakter, waardeur hy dan ook dadelik genoeg moed skep om homself vervolgens met, die hom nog onbekende, in `n ondersoekende vraaggesprek in te laat, wat soos volg verloop:

[2] "Beste Vreemdeling, sien, ons het almal ons broer Sethlahem lief; want daar skuil baie wysheid in hom en reeds dikwels is hy met die goedheid van sy hart en sy wysheid vir ons almal van nut gewees, afgesien van sommige, te skerpsinnige waarnemings - en hy is te alle tye `n verligte voorbeeld vir ons gewees! Net hierdie keer skyn hy, tot ons spyt, op die vreeslike punt te staan, waaroor ons bekommerd is, om met sy liggelowigheid, wat `n fout van sy lewendige verbeelding skyn te wees, Jouself as JaHWeH te beskou, omdat hy by Jou, wat ek hom ook heeltemal nie sou wil en kan betwis nie, `n Hoë Wysheid opgemerk het!

[3] Sien, ook as Jy werklik wys is, gaan dit tog wel `n bietjie te ver!

[4] Indien Jy by Jou nie te betwyfelende Wysheid, ook `n bietjie liefde besit, praat dan die arme Sethlahem hierdie dwaasheid van sy hart en verstand tog weer uit sy kop uit!

[5] Want JaHWeH en Jy sal tog wel netso van mekaar te onderskei wees, as `n punt homself van die ewige oneindigheid onderskei?!

[6] Ek versoek Jou daarom namens al my broers: Doen ons almal uit broederliefde - waaraan op grond van Jou voorkoms, Jou hart, Jy sekerlik geen gebrek sal hê nie - die groot guns en bring die hoof en die hart van ons broer Sethlahem weer in orde! Amen."

[7] En die Hoë Abedam antwoord Kisehel en sê: "Kisehel, Ek het jou hart grondig deursien en het gevind dat slegs die helfte met broederliefde en die ander helfte met selfsugtige leedvermaak vervul is!

[8] Jy het enersyds naas jou goeie mening oor jou broer, jou andersyds immers ook voorgeneem, dat ingeval sy oordeel nie bevestig sou word nie, jy hom met jou skerp tong flink onder hande sou neem en hom sou uitlag!

[9] Omdat jy nou aanspraak maak op My broederliefde, sou Ek van jou tog graag wil verneem teen watter skade - sy hart of sy hoof - Ek hom allereers moet bewaar!

[10] Van My kant af, voel Ek meer vir die hart, - jy van jou kant weer meer vir sy hoof! Maar as Ek hom moet red, dan sou Ek hom liewer heeltemal red en nie net halfpad nie; sê My daarom hoe so iets gedoen moet word!

[11] En Kisehel besin homself nie lank nie en antwoord Abedam: "O Vriend, Jou Wysheid is waaragtig groot en gaan al my begripsvermoë te bowe! Maar dat Jy my met al Jou wysheid nog iets kan vra, sien, dit is nuut vir my; want Wyses van Jou Soort, vir Wie selfs die harte van die broers nie veilig is nie, vra gewoonlik nie meer vrae nie, maar onderrig net!

[12] En so sal Jy vir hierdie keer Jou ook daarmee moet vergenoeg dat ek Jou die antwoord skuldig bly!

[13] Wat sal dit saak maak as Jy sy verstand weer in orde gebring het?! Die wêreld sal daardeur tog nie ten gronde gaan, as ek my ligte, slegs goed bedoelde dreigement agterweë laat nie?!

[14] Dit was immers tog niks meer as slegs `n ligte geskerts nie!

[15] Ek het Jou immers vantevore duidelik genoeg te kenne gegee dat ons almal vir broer Sethlahem liefhet; waarom vra Jy dan vervolgens om iets, wat Jou die harte aanskouende wysheid, geen groot eer aandoen nie?! Of hoef die wyse nie konsekwent te bly nie?!

[16] `n Wysheid met leemte is nog ver van `n ware, logiese wysheid!

[17] Herstel daarom eers hierdie fout en ek sal Jou antwoord!"

[18] (Kisehel tot Sethlahem kerend): "Broer Sethlahem, sien, daar is nog lank geen JaHWeH hier nie! - Ek hoop, dat ons spoedig klaarheid verskaf sal word!"

[19] En die Hoë Abedam kyk Kisehel ernstig aan en sê aan hom: "Waarlik, as jy so aangaan, dan sal JaHWeH wel by jou moet skoolgaan en wysheid sonder leemte van jou moet leer!

[20] Maar sodat jy kan insien - en dit uiteindelik uit jou verstand verdwyn, - dat JaHWeH se Wysheid geen leemtes het nie, kyk daarom in die rigting van die more! Sien jy daar die groot hoop verstrooide klippe wat hierdie nag deur die verwoesting van Adam se grot as `n getuienis van JaHWeH se leemtelose Wysheid vir jou veroorsaak is?

[21] Begryp jy sulke Wysheid? - Kan jy met jou logiese wysheid hierdie grot presies netsoos sy eertyds was, weer opbou?

[22] Sien, jy ontken dit en jy vra in jou hart aan My of Ek daartoe in staat sou wees!

[23] Maar ook Ek bly die antwoord skuldig en sê net aan die grot: "Verrys!"

[24] Sien, die grot staan daar reeds kant en klaar!

[25] Wil jy daarheen gaan, vir ingeval jou geloof miskien te swak is, om jou van buite en van binne te oortuig dat die grot sigself in alles volkome tot by die kleinste sandkorreltjie toe in haar vorige, ou toestand bevind?

[26] Maar jy antwoord My gelowig in jou hart, dat dit nie nodig is nie; vir wie die uiterlike moontlik is, vir die sal die binneste tog ook ewe maklik moontlik wees!

[27] Omdat jy dit regstreeks bevestig, vertel My dan hoeveel leemte jou wysheid nou nog in die van Myne ontdek!"

[28] En Kisehel met alle ander, uitgesonderd Henog, wat die mag van die Heer goed ken en Hom loof en prys, staan daar asof versteen. `n Groot angs gryp hulle almal aan en niemand het die moed om ook maar `n woord oor sy lippe te bring nie.

[29] En Abedam vra nou opnuut aan Kisehel: "Kisehel, waarom bly jy My nou `n antwoord skuldig?

[30] Sien, Ek het jou alweer gevra en aan jou miskien `n nuwe leemte in My Wysheid onthul! Waarom swyg jy nou en verwyt jy My nie My tekortkoming nie, noudat Ek My by jou as leerling aanmeld?"

[31] En Kisehel val voor Abedam neer en sê wenend: "O Heer van hemel en aarde, bestraf die wurm wat in die stof voor U lê nie te streng nie! Ek erken nou my ewige skuld voor U. U wat in staat was om die vernielde Adamsgrot weer so maklik op te bou, U sal Uself tog ook ontferm oor die wurm in die stof en sal nie te vertoornd wees oor my blindheid, wat die son ontken nie! U ewige heilige wil geskied! Amen."

[32] En Abedam sê aan hulle: "Staan op en gaan terug na julle vorige plek en probeer om My in julle harte te herken! Want die Insig is vir julle slegs `n oordeel tot die dood; maar wanneer julle My in die liefde van julle harte sal erken, dan eers sal die herkenning van My julle tot Lewe strek!

[33] Wanneer julle harte aan julle My Naam sal noem, kom dan weer na My toe, sodat Ek julle dan uit die aarde, wat met uitsondering van Sethlahem, julle nou verslind het, volledig laat opstaan!

[34] En gaan nou en doen wat julle beveel is! - Maar jy, Sethlahem, bly hier! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205