Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

JaHWeH as Vader van Sy kinders

So het JaHWeH tot en in my gespreek vir ieder en elk; en dit is waar, getrou en gewis:

3 Ek is `n goeie Gasheer; ook nie `n enkele broodkrummeltjie sal verlore gaan nie. Wie sy kapitaal by My belê, vir hom sal dit hoë rente bring en dit sal in My Hart ingereken bly en die rente sal groei tot in alle ewigheid der ewigheid. Kyk op, jou dwaas en aanskou die sterre hemele! Wie het ooit die sonne getel wat geen einde het nie, en al die Sterre wat Ek by die duisende by elkeen om hulle geskep het?! En Ek sê vir jou, Ek wat waaragtig en getrou is in elke woord van My: Vir `n pennie gee Ek `n ster en vir `n sluk vars water `n son. Waarlik, Ek sê vir jou: Die geringste daad van naasteliefde sal op `n ongehoorde, onuitspreeklike wyse beloon word!

[2] Jy vra My of daar orals ook mense is, soos op hierdie aarde wat jy bewoon en Ek sê vir jou: Ja, daar is orals mense wat uit My Ingewande voortgaan en My herken volgens die geaardheid van my Ingewande; daar is die wat uit My Hande voortgaan en My herken aan My Hande; en die wat uit My Voete voortgaan en My herken aan My Voete; en die wat uit my Kop voortgaan en My herken volgens My Kop en die wat uit my Hare voortgaan en vir My herken volgens My Hare; en die wat uit My Lendene voortgaan en My herken aan My Lendene; en oor die algemeen diegene wat uit alle en elke afsonderlike deel van My liggaamswese voortgaan en My daarvolgens herken en hulle lewe en hulle verlossing is ooreenkomstig die deel waaruit hulle voortgegaan het en hulle is almal My skepsele, wat Ek liefhet; want EK IS in geheel Liefde en is orals die Liefde Self.

[3] Maar die mense op hierdie aarde het Ek uit die sentrum van My Hart na vore geroep en het hulle volkome volgens My ewebeeld geskep en hulle was nie net bestem om My skepsels te wees nie, maar om My geliefde kinders te wees, wat My nie as God en Skepper, maar slegs as hulle goeie Vader moes herken, wat hulle na `n kort proeftydperk weer ten volle na Hom toe wil neem, sodat hulle daar alles kan hê wat Hy Self het en om by Hom vir ewig te woon en om saam met Hom te heers oor die heelal en om te oordeel. Maar sien, al My skepsele het My as hulle Skepper in dankbare vreugde lief, vanaf hulle bestaan; maar My kinders wil nie hulle Vader hê nie en versmaai Sy Liefde!

[4] Sien, Ek is hartseer wanneer Ek sien hoe daar uurliks duisende en duisend maal duisende verwelk en sterf! O, indien Ek hulle tog net kon help! Is dit nie hartseer wanneer die Almagtige nie kan help nie?!

[5] Jy vra alreeds weer vir My hoe dit dan moontlik is? O ja, Ek sê vir jou dat dit baie moontlik is! Sien, al My skepsele hang aan My Mag, maar My kinders hang aan My Liefde! - My Mag gebied en dit gebeur; maar My Liefde wens net en gebied die vrye kinders in alle sagmoedigheid en die vrye kinders stop hulle ore toe en wil nie die Aangesig van hulle Vader aanskou nie. Daarom, omdat hulle vry is, soos Ek is, kan Ek hulle nie help as hulle nie wil nie. Want My Mag is oor alles; maar My Wil is onderdanig aan My kinders. Maar dit moet elkeen agter sy ore skryf: Ek is julle Vader, maar is ook julle God en behalwe My is daar niemand nie. Wil julle My as Vader of as God hê? Julle dade sal vir My die beslissende antwoord gee.

[6] Onthou dit dan: Die Liefde woon net in die Vader en heet die Seun. Wie Hom versmaai, hy sal met die magtige God te doen kry en sal vir ewig van sy vryheid beroof word en die dood sal sy aandeel wees; want God woon ook in die hel, maar die Vader woon net in die hemele. God oordeel alles volgens Sy Mag; maar die Barmhartigheid en die Ewige Lewe is net in die Vader en heet die Seun. Die God maak alles dood; maar die Seun of die Liefde in My het lewe, gee lewe en maak lewendig.

[7] Dit alles sê die goeie Gasheer en die spaarsame Vader vir al Sy kinders, sodat hulle hulleself kan verbeter om eendag die erfenis te neem wat Ek vir hulle van ewigheid af so getrou berei en bewaar het.

[8] Vir jou vriende en broeders sê Ek in alle Liefde: Ek, hulle liefdevolle Vader, het alreeds altwee My Arms uitgestrek, om hulle almal vir ewig, ewig aan My Hart te druk. Hulle moet hulle net nie meer van My af wegdraai nie, maar hulle moet onverpoosd in My Aangesig kyk en My Oë sal dit vir hulle sê, ja Hulle sal dit hardop aan hulle verkondig, hoe baie Ek hulle liefhet en hoe opreg Ek dit met hulle bedoel.

[9] Sê vir hulle: Ek het hulle sondes voor My Oë weggeneem en het hulle gewas so wit soos sneeu; dit is nou geen hindernis meer nie. Ek wil nie meer vir hulle `n onsigbare Vader wees nie; hulle moet My aldag aanskou en met My vrolik wees en skerts en bly wees; al hulle bekommernisse moet hulle net aan My oordra.

[10] O, met watter vreugde wil Ek verder vir hulle sorg! O, wat is alle vreugdes en saligheid van My hemele vir My, die Vader, in vergelyking daarmee om deur My liefdevolle kinders as enigste, ware Vader gelief te wees!

[11] Sien, alle saligheid gee Ek vir julle vir hierdie enkele een, wat Ek net vir Myself bestem het en daarom moet My kinders ook niemand behalwe My, vir My alleen, hulle Vader noem nie, want Ek is dit ook en is dit ook met volle reg en niemand kan My die reg ontneem nie, aangesien Ek die Enigste, Allenige Een is en behalwe My is daar niemand nie.

[12] Sien, Ek wil vir hulle (dit beteken: jou vriende en broers) ook vir jou en almal by die naam noem: H L V T S S A S S (die betekenis van hierdie tien letters word aan die einde van hierdie boek gegee). Almal moet my Vaderlike uitnodiging ontvang en vandag nog sal die poorte van die hemele vir hulle oopgemaak word, wat die oë van hulle eie gees is, Ek wil vandag nog in hulle harte woon. Net een ding moet hulle, met uithouvermoë aanhou doen. Hulle moet hulle vlees skoon was uit die put waarin daar lewendige water is. Daarna moet hulle `n staf neem, waarvan die een helfte swart en die ander helfte wit is. Die moet hulle in die helfte breek en die swart deel moet hulle, asof vir die wêreld, dit onder die voete gooi en die wit deel vir hulleself behou as teken, dat hulle vir altyd met die wêreld en sy vlees gebreek het.

[13] Dit beteken dat hulle ernstig in hulleself tot inkeer moet kom, aan hulleself hulle foute moet erken en dan aan My, hulle misdade, in hulle harte voordra. Ek sal die sonde, uit hulle harte verdelg en sal dan vir hulle, met die Vuur van My Goddelik vaderlike Liefde vervul. Sodanig gesuiwer moet hulle, hulleself, aan die Priester gaan vertoon en bieg; en dan sal Ek kom en met hulle by die altaar `n vreugdefees hou.

[14] Sê vir hulle daarby, dat hulle hulleself tog nie in en aan die kerk moet stamp nie; want elke soort voedsel wat Ek aanbeveel suiwer Ek vir diegene wat dit in Gees en in Waarheid wil geniet en dan moet hy dit sonder bekommernis geniet; wat Ek vir My kinders gee, is suiwer en word deur die uiterlike vorm nie besoedel vir diegene vir wie Ek dit geseën het nie. Die tempel sal Ek seën en die plek sal heilig wees, waar hulle, hulle ookal sal bevind; want Ek, hulle heilige Vader, sal daar in hulle midde wees, waar hulle ookal sal heengaan en geen haar van hulle sal beskadig word nie.

[15] Sê vir hulle reguit en gewis: My Liefde wag vir hulle en My Arms wil ek nie vroeër toemaak voordat hulle almal in My Arms sal rus waar hulle, hulle liefdevolste, heilige Vader van Aangesig tot aangesig kan aanskou en waar hulle vreugdes nooit tot `n einde sal kom nie. Amen!

[16] Sê aan almal wat My soek, dat Ek altyd by die huis is, nooit uitgaan nie en dat Ek nie net sekere ure of tye gekies het wanneer `n mens na My toe kan kom soos na die konings van die aarde en alle hoës van die wêreld nie. Daarom nie net op die Sabbat of op ander feesdae nie, maar elke minuut van `n hart wat liefhet, is vir My aangenaam en selfs in die nag het Ek nog nooit vir iemand die deur gesluit nie. Wanneer julle dus sal klop, wil Ek sê: “Kom binne!”

[17] Jy moet en kan dit nou vrylik noem of Ek jou ooit geforseer het om op `n sekere tyd iets te doen en of dit dan nie altyd aan jou vrye wil oorgelaat was, om jou na My toe te begewe en om iets te vra wat jy wou weet nie en of Ek jou ooit `n antwoord skuldig gebly het! En as jy My uit die hel gevra het, dan het Ek jou geantwoord; en was jy op die aarde, dan het Ek met jou gepraat; en in die hemele het Ek met jou gepraat. Gedurende die dag en die nag is My Oor steeds na jou gerig; wat jy hier skryf, skryf jy tog net volgens jou eie tyd en wil en vir My is dit altyd aanvaarbaar. Solank as wat jy wil en hoeveel jy wil en sien, met My is dit in orde! Daarom sê aan hulle, vir My maak dit nie saak wanneer iemand na my toe kom nie. Ek luister en neem hom aan.

[18] Sê vir die kinders dat hulle tog nie die spot met My moet dryf nie, maar dat hulle My ernstig moet opneem! Sê aan hulle dat Ek geen grapmaker is nie, nog minder enige grap verdra nie. Ek bedoel dit baie ernstig met almal, met groot en klein, met jonk en oud, met manlik en vroulik. Geen uitsonderings word by My gemaak nie.

[19] Want sien, My skepsele wat niks beteken nie, vernietig Ek oombliklik en vernietig hulle vir ewig; maar vir My kinders het Ek ook volop strawwe en wil die ongehoorsaamheid tugtig tot op hulle laaste druppel bloed en hulle sal dan beslis erken dat Ek ten minste Heer in die huis is, indien hulle My dan nie as die liefdevolle, heilige Vader wil herken nie.

[20] Maar wee diegene wat My vaderlike tug misken en verkeerd vertolk! Ek sê weer `n keer: Wee hulle! Hulle sal die Vader verstoot en hulle sal dan met hulle ewige onverbiddelike God te doen kry. Dit sê Ek vir jou, `n slegte, lui kneg. Amen. Ek, JaHWeH, Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205