|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 18
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Kain en Abel se offer
18 En kyk, die Engel gaan na Abel en kus hom broederlik en raai almal uitdruklik aan, maar in besonder vir Kain, om streng gehoorsaam te wees, indien hulle eendag ook die volle vryheid wil herwin met die daaruit voortvloeiende krag en mag. Want dit is die groot Mag van die erbarmende barmhartigheid van die Liefde, om die slang in ons te omskep tot die ewebeeld van liefde en om daaruit die vrugte van die seën en nooit die toorn van God te verwek nie.
[02] En nou kyk, jy, My dom skrywer en nog steeds baie verspotte, trae en lui kneg, luister met beide ore, wat daar verder plaasgevind het. - Kyk, almal gaan toe na hulle bestemming en het gedoen soos wat die allerhoogste Liefde hulle beveel het, en hulle het vir tien aardse omwentelings om die son in ordelikheid gelewe.
[03] Maar sien, op `n dag, `n baie warm dag, het die son op die hoofde van die kinders en op die liggaam van Kain gebak en gebrand, meer as normaalweg; en so erg was dit, dat hy vir die geweldige hitte begin kwaad word het en het die son vervloek; maar die kinders egter, was geduldig en het hulleself met vars water afgespoel, wat hulle afgekoel en krag gegee het; hulle het ook daarvan gedrink en daardeur hulle brandende dors geles. Hulle het God geloof en geprys vir Sy groot barmhartigheid, omdat Hy die klein spruitjie vir hulle behoue laat bly het, vir sulke tye van beproewing en nood, volgens Sy ewige Liefde.
[04] En kyk, nie ver van Kain se hut, wat hy volgens sy insig opgerig het uit die takke van bome en bedek het met die strooi van koring, het `n groot rivier gevloei, wat Ek uit die dieptes van die berge laat ontstaan het; wat soos die berge van die maan gelyk het. Dit was daar in die middel van die groot land Ahala (of die wieg van die kinders van die swakkes met die nasate van Adam, en is die ou land wat julle vandag nog “Afrika” noem).
[05] Kain wou nie die water gebruik nie en het lui en traag geword in die groot hitte en het nie geweet wat om te doen nie, het ook nie vir My om raad gevra nie, en nog minder vir sy broer Abel.
[06] En kyk, die Sabbat van JaHWeH het aangebreek, en daarmee saam die tyd van die offers. Kain neem toe tien gerwe, waarin daar geen kos meer was nie, uit ergerlike traagheid weens die groot hitte, omdat die goeie gerwe te swaar was om na sy offeraltaar te dra, ook omdat hy moeg geword het om die vrug, volgens hom, verniet te verbrand, waaruit hy drie keer brood vir homself kon bak. Sodoende het hy met `n besoedelde gesindheid die leë strooi op die altaar geplaas en dit aan die brand gesteek. Hierdie rook het nie na die hemele opgestyg nie, maar het op die aarde geval, waaroor Kain in sy hart nog meer kwaad geword het.
[07] Terselfdertyd het ook die vrome Abel sy offer voor die oë van JaHWeH aan die brand gesteek. Deur en deur ontroer het hy gebid: “O, U goeie, heilige Vader, wat vir my, `n swakkeling, met al U krag van U warm Liefde deur die groot oog van U son barmhartig aansien! U groot Liefde brand egter my vel, maar my hart pols meer heftig vir U in hierdie groot warmte van U onbeperkte Liefde vir ons sondaars.
[08] Ag, destyds het die aarde deur U toorn gebrand, o JaHWeH; maar nou brand die Liefde vanuit U, o heilige Vader!
[09] O hoe soet is hierdie warmte van die suiwer vuur van lewe uit U; dit is `n heilige skool, wat my eers moet voorberei vir die opname van die suiwer lewe uit U! O, hoe onbeperk goed moet U, heilige Vader, nie wees nie. Aangesien U vir ons reeds op hierdie aarde so duidelik die onbegryplike almag van U groot barmhartigheid laat aanvoel!
[10] Ja, hierdie vuur wat ek vir U aangesteek het, vanuit my swak liefde, hoe koud is dit teenoor U s`n en hoe klein en donker teen dit wat op ons, wat nie waardig is nie, skyn uit U wye son, wat maar `n klein druppel uit die onmeetbare see van U onbeperkte barmhartigheid is!
[11] Neem daarom tog met barmhartigheid hierdie klein offer van my aan, wat vir ons almal as `n geringe pand van ons warm liefde vir U is. U die allerbeste, allergewyde Vader, behou ons bestendig in U warm Liefde, wat U nou vir ons almal uit barmhartigheid laat aanvoel uit U son. Amen.
[12] Aan U behoort alle Mag en Krag wat daar op aarde is en net U alleen is waardig om alle lof, alle eer en alle roem te ontvang van ons, wat ons deur U groot erbarmende, barmhartigheid, U geseënde kinders mag noem, Amen.”
|
|
|
|
|