|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 130
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Asmahael se suksesvolle Vaderroep tot die kinders van die middernag
130 En terstond verlaat Asmahael die hele geselskap en snel heen soos `n vurige bliksemstraal.
[2] En toe Hy uit die oog verdwyn, begin iedereen in sigself die groot God prys. Die drie oudste kinders rig die woord tot Adam en vra hom:
[3] "O goeie, agtenswaardige vader! Sien, die woorde van hierdie jonge mens wat so pas so snel weggegaan het, het ons enersyds buitengewoon goed gedoen; andersyds was sy onbegryplike verhewenheid tog meer as `n uitslaande brand wat in staat sou wees om die hele aarde in vuur en vlam te sit! O vertel ons, wie is hierdie mens en waar kom hy vandaan; want dergelike woorde het nog nooit tot ons ore deurgedring nie. Eerlikwaar, hierdie mens kan onmoontlik van hierdie aarde wees nie!
[4] As dit moontlik sou wees, o vader, laat ons dan nie in onsekerheid nie! U wil geskied! Amen."
[5] En Adam antwoord: "O kinders, dink na; Hy het dit al so goed as Self aan julle gesê! Vir die res, wag op Hom! Amen."
[6] En al drie dank Adam en begin daarna alles te oordink, maar hulle kon niks gepas vind waarmee hulle hulle harte kon tevrede stel nie. Die ene beskou hom as die engel wat na die vlug in die land Euehip aan Abel die vlammende swaard oorhandig het, die ander beskou hom as die gees van Abel self en die derde twyfel welke mening hy sou onderskryf. En so het daar `n groot stilte ingetree onder almal wat hier byeen was, - deels omdat iedereen in voldoende mate met homself besig was en deels in afwagting om miskien iets van Asmahael se roep te kan opvang deur baie aandagtig te luister. Maar om daarop te wag was ydel en heeltemal vergeefs; want Asmahael het goed geweet wat Hy doen en ook hoe, en dit was vir Hom nie nodig om soos `n balkende esel te skreeu nie, want Hy hoef sy magtige woord maar net in die harte van diegene, wat hulleself uit angs verstop het, te laat weerklink. En hulle wat hulleself verberg het, hoor hierdie heerlike roep baie goed in hulleself, sodat daar nie een agterbly nie, maar almal, groot en klein, oud en jonk haas hulleself na die groot innerlike roepstem en elkeen van hulle herken Hom as Diegene wie hulle tevore in stilte in hulle harte geroep het.
[7] In drie minute was Asmahael omring deur sewemaal honderdduisend mense, wat Hy dadelik met Sy hand sigbaar seën en hulle vervolgens almal onmiddellik na Adam bring.
[8] Toe Adam, met die res van die kinders, die groot, onafsienbare volkskare naderby sien kom, met Asmahael aan die hoof, word hy heeltemal met stomheid geslaan en kon geen woord meer oor sy lippe kry nie.
[9] Selfs vir Henog kom hierdie buitengewone ekspedisie so oorweldigend wonderbaarlik voor, dat hy homself gladnie meer kon beheers nie. Daarna sê hy by homself: "Is daar dan soveel kinders in die middernag?!
[10] As meer as `n driekwart deel daarvan nie so pas geskape was nie, dan weet ek in alle erns ten slotte nie waaraan ek toe is nie; want droom ek, of ek moet honderd vir een aansien! Want hier is net soveel mense as wat daar sand in die see en gras op die oppervlak van die aarde is!
[11] O Asmahael, wie kan U ooit in ewigheid begryp?! In elkeen van U woorde is U oneindig en U asemtog beweeg wêrelde, netsoos myne `n onuitspreeklike klein hoeveelheid sonstoffies beweeg oor die oppervlak van my onmagtige hand. U kyk die son en alle ligtende sterre aan en hulle sidder van onbegryplike verhewe eerbied en straal dankbaar op die kleine aarde die eerbiedigheid, hoewel slegs die dowwe weerskyn van die oneindige mildheid van U oog. En U ore hoor - netsoos wat myne `n naderende donder hoor - reeds die begeerte en mees beskeie wense van die wasig waarneembare wesens, wat miskien pas by toekomstige nuwe skeppings uit U sal voortkom. En die asemtoggie van die totaal onsigbare, kleinste straaldiertjie in `n mees ver verwyderde universum, word net so deur U waargeneem as wat my oor nouliks die geraas van `n orkaan verneem. Maar wat `n verskil is daar in die gehoor self! Vir U is alles die suiwerste harmonie, - vir my is alles `n verwarrende chaos!
[12] Vir U is elke klaterende geluid van `n êrens opborrelende fontein `n essensiële begryplike woord. U verstaan die sagte gewuif van die gras en die klank van `n vallende blaar gaan nie ongemerk by U oor verby nie.
[13] U hoor die groot lofsang van die ruisende wind en dit van die woedende see is nie vir U vreemd nie; en tog let U op die wurmpie in die stof asof U niks anders hoor as maar net die swakste geklaag van die stowwerige wurmpie nie!
[14] O Asmahael, U die groot, verhewe, heilige, mees liefdevolle, bo alles magtigste God en Heer! `n Eindige gees sal U nooit begryp nie en iedereen wat U sal wil deurgrond, sal homself verloor in die ewige nag van U mag! Ja, selfs `n doudruppel sal homself in sy tallose, bodemlose diepte verswelg en verslind sal hy homself nimmer meer in die eindelose oseaan van doudruppeltjies en tallose wonders teruggevind word nie!
[15] Daarom wil ek my lewe lank niks meer ondersoek nie, maar U, o my God, alleen nog maar bemin en by elke groei in wysheid, in alle liefde en deemoed my nietigheid erken en sê: "Tot hiertoe en in geen geval verder nie!" Want elke hartklop moet ondergeskik wees aan U wil; want wie is lewend vergeleke met U, omdat U alleen die lewe Self is?!
[16] Ek leef slegs vir sover ek U liefhebbend beleef; daarom bestaan daar vir my niks lewend as alleen U nie! Of is alle dinge nie vir my asof dit dood is nie?! Of leef die mees dooie klip nie meer vir U as die meeste beweeglike voël vir my nie?! Want die klip is nie sprakeloos voor U nie; maar wat beteken die opgewekte getjirp van `n kriek vir my?!
[17] Daarom is vir die lewende alles lewend en vir die dooie alles dood! Laat dit genoeg wees! Amen."
|
|
|
|
|