Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die opvolgers van Hanoch

29 En sien, toe verhef Farak homself nog eenmaal en sê: "Sien, broeder Thahirak, God en alle vrye geeste kan die gebeure in alle ewighede van die ewighede nie meer ongedaan maak nie; nog minder kan ons swak mense dit doen! Dink eers na; as daar ook maar een vonkie goddelike wysheid by `n mens aangetref word, sou dit dan nie as volg moet oordeel en spreek nie:

[2] Die mens het geweldig gefaal vanuit sy kwaadwillige insig, omdat hy geen barmhartigheid van bo ontvang het en in sy selfsug blind was tot groot skade vir homself en sy omgewing; maar nou kom daar deur die erbarmende liefde van God `n helder bliksemstraal van bo, vergesel van `n harde donderslag en dit laat hom sy groot verdorwenheid sien en sy ontelbare gruweldade hoor. En as die mens nou bang sou begin te word en hy sou dan al sy bose dade vanuit die diepste van sy hart berou en sou hy daarmee al sy boosheid van homself afwerp en ook sy wil deur die barmhartigheid van God gevange laat neem; sê my, wat sou jyself doen in so `n geval? (Antwoord: Vergewe en hom aansien asof hy nooit gefaal het nie en groot vreugde voel dat iemand wat so ver afgedwaal was, weer die weg terug gevind het en `n uitweg uit die kerkers van die duistere waansin na die lig van die goddelike barmhartigheid!) Jy het goed en korrek geantwoord, hoewel jy tog net `n mens is; hoeveel te meer sal die allerwyste God dan, as die oorsprong van alle waarheid en liefde, hierdie waarheid goedkeur, omdat hy die beste weet, hoe en waardeur en waarom ons so dikwels gefaal het!

[3] Wel nou, weet dan, dat ons liefdelose mense ons verdwaalde broeders volgens die aantal van hulle misdrywe veroordeel, of hulle nou wel of geen berou toon nie; God veroordeel egter vanuit Sy liefde en wysheid geen begane en berouvolle misstappe nie, maar slegs die verkeerde dade wat bedryf word en nie berou word nie. Ofskoon dit wat gebeur het, nooit tot niet gemaak kan word nie, maar in die onverganklike geheue van God bewaar bly soos `n donker vlek op die lyn van ons lewe; maar die lyn word nie beoordeel, in die begin, nóg halfweg nie, maar aan die einde, omdat dit groei en langer word, of reguit na gelang van die liefde en die reg in haar, of nie reguit nie, maar krom volgens die boosheid en alle ongeregtigheid uit haar.

[4] En sien, nou het die krag van die Wysheid uit God ook julle kromminge reggemaak en julle sal julle nie self oordeel nie, maar van nou af in reguit lyn julle lewensweg in alle trou en regverdigheid verleng na die ware God en dikwels uitkyk na die reg gemaakte nou weg wat deur God gemaak is, sodat julle in die vervolg nie sal afwyk van die korrekte rigting nie, omdat julle dan maklik `n moontlike draai in die pad kan ontdek. Dit kan vir julle dan meteens opgehef word deur die barmhartigheid van bo, wat julle dan die groot doel van julle lewe in die ryk van die ewige liefde en alle lewe vanuit haar sal verlig.

[5] Gaan nou, oordink my woorde, en aanvaar in alle trou wat julle deur Hanoch aangebied is; wat origens eweso saam met my, die gruwelike, en wees vir Hanoch `n broeder, wees onder mekaar broeders, en wees broeders van die volk volgens die wil van God, die magtige, die kragtigste, sterke, mees wyse en liefdevolle. Amen."

[6] En na hierdie slotwoorde verhef almal hulleself, buig voor Farak en sê: "Farak, wyse man uit die ou wysheid van God! Ons besef nou al jou groot mag en onbegryplike insig in alle dinge; hoewel ons nie insien hoe jy daartoe gekom het nie, sal ons tog doen wat jy goed en tereg ag, omdat ons insien dat jou wysheid op liefde berus, wat niemand aan die kortste end laat trek nie, indien mense daarenteen nog op haar goeie begaanbare paaie wil wandel, en dit sal en wil ons nou almal doen uit en volgens jou wysheid.

[7] En sien toe dat julle ook Hanoch net soos ons op die regte spoor bring, Amen."

[8] En sien, toe verlaat almal hulle plek en begewe hulleself na hulle stede en handel wys en goed volgens die raad van Farak, en die volk was tevrede onder hulle leiding.

[9] En toe Farak nou op dieselfde manier ook Hanoch maklik bekeer het, staan Hanoch op en gryp die sterk hand van Farak en sê: "O broeder, jy het waar gespreek en goed gedoen; want waar `n skepsel leef, soos by my, ook nog liefde en barmhartigheid van bo te verwag; slegs deur die dood het alles opgehou om te bestaan. Nou leef alles nog; en kan daar ook nog baie weer goedgemaak word; daarom wil ek alle wonde wat my volkere toegebring is, weer heel en dit alles aan die sy van jou, wyse broeder, aan wie dit deur so `n groot insig geluk het om so `n groot ongeluk van my, wat maar al te veel bedrieg, af te wend en daardeur ook van die arme bedriegde volk."

[10] En sien, so gaan hierdie nou ietwat beter regering meer as vyfhonderd jaar in een golfbeweging voort, ook selfs nog onder die seuns, dit wil sê, kinders en kleinkinders van Hanoch, daar was sy jongste seun soos Irad (die heftige, `n leerling van Farak), wat honderd jaar regeer het, die se jongste seun Mahujel (die fatalis of noodlotsprediker), ook hy regeer `n honderd jaar, dan sy jongste seun Methusaël (die plannemaker en ontdekker van die kragte in die natuur), wat honderd-en-tien jaar regeer het, en ten slotte die se seun Lameg, wat My byna heeltemal vergeet het (die uitvinder van die doodstraf, wat veral onder sy heerskappy skeuring en inslag vind), hy regeer tweehonderd jaar lank.

[11] Maar by Lameg moet Ek ietwat langer bly stilstaan omdat met hom alle soewereine mag opgehou het en die afgodery en die aanbidding van Mammon hiervoor in plek gekom het, net soos die vervloekte natuur filosofie (evolusie) as die grootste meesterstuk van die mees ongebreidelde boosheid van die slang is.

[12] En sien, Lameg was eintlik as middelste seun nie geregtig om te heers nie, omdat, volgens die ou gevestigde gebruik, slegs die jongste seun geregtig was om die regering oor te neem en slegs in `n sterfgeval, of in geval van onvermoë, die eersgeborene sou regeer, en in die geval dat hy ook sou sterf kom die middelste seun aan bewind.

[13] Nou leef Methusaël se oudste seun Johred egter (die stille wyse, aanhanger van die leer van Farak, wat reeds lank gelede oorlede was) en die se jongste broer Haïl (getroue leerling van Johred en regmatige heerser) nog gesond en wel.

[14] Maar Lameg, `n ruwe, duister, eersugtige, meinedige mens, wat, om sy eersug te bevredig, baie presies beredeneer het dat hy in gelyke mate geregtig was om te heers, het baie vertoornd geword oor die ou gebruik; en omdat hy bowendien omring was deur `n gelykgesinde, bose bende van spitsboewe, belê hy eensgesindheid, met die oog op sy eersugtige planne, `n boosaardige raadsvergadering, juis toe, deur die dood van Methusaël, die oorname van die regering deur Haïl aanstaande was; hy wou nagaan wat daar te doen was om sy kwaadaardige doel met sekerheid te bereik.

[15] En sien, een van hulle, met die naam Tatahar (dit beteken ook bloeddorstige, `n bloedhond) gee hom gruwelike raad, en sê: "Ons is sewe-en-sewentig man sterk, kragtig soos struike, vermetel soos tiers, moedig soos leeus en wreder as hiënas, en jy is `n meester van ons almal; daarom glo ons dat dit jou nie moeilik sal geval om met `n flink knuppel in die hand `n einde te maak aan Johred se wysheid daar in die bos naby die berge, waar ons onlangs op tiers jag gemaak het. En hy dan deur die een of ander gulsige hiëna met haar skerp en sterk tande sy beendere laat verbrysel; dan kan jy haar daarna uit dankbaarheid ook nog die knaap Haïl as nagereg toewerp, wat vir hierdie hongerige bosdiere `n welkome maaltyd sal wees. Dan sê ons vir die volk, dat hulle op `n jag na hiënas deur te groot vertroue in hulle geheime wysheid, dus roekeloos, in die gebergte deur hiënas verskeur en opgevreet is. En omdat jy dan die enigste regmatige nakomeling van Kain, Hanoch, Irad, Mahujel en die seun van Methusaël is, wie sal jou dan nog die heerskappy en die regering betwis?!

[16] Nou, Lameg, wat dink jy; is hierdie raad nie een wat soos geen ander sekerlik na die doel lei nie? Gaan en handel, ons staan jou tersyde en sonder twyfel sal ons sukses hê!"

[17] En sien, hierdie raad kom Lameg baie goed te pas en reeds die volgende dag probeer hy om `n geleentheid te soek en vind dit ook spoedig met behulp van die slang. Toe hy ontdek dat Johred en Haïl vir hulle genoegdoening na die woud wandel, gaan hy met sy bende spitsboewe vinnig langs `n ander weg na die woud en wag daar agter digte struike op beide die broers; en toe hulle hulleself diep in die bos bevind, stort hy homself plotseling op Johred, verslaan hom met één slag en doen met Haïl wat Tatahar hom aangeraai het.

[18] En sien, dit gebeur met beide omdat hulle te trots oor hulle wysheid geword het en omdat hulle as vorsteseuns vergeet het dat die ware wysheid slegs uit die grootste deemoed bestaan en dat, sodra dit opsy geskuif word, ook die wysheid ontwy word; en aangesien dit by beide die geval was, was raad nóg hulp moontlik sonder om genoodsaak te word om hulle vryheid aan te tas. Dit kan Ek nie doen nie, ook nie in die geringste mate nie, omdat die kleinste deeltjie vryheid oneindig baie hoër staan as die hele natuurlike en liggaamlike lewe van alle lewende wesens op aarde tesame. Vandaar ook die toegelate geweld in oorloë, al was dit slegs maar vanweë die vryheid van wil en handeling van één enkele mens.

[19] Laat dit ook vir jou `n waarskuwing wees, My nogal bekwame stuk gereedskap, vir ingeval dat jy jou sou wil verhef bo jou broeders (nie in stilte nie en nog minder in die openbaar) omdat Ek jou die gawe van die wysheid gegee het. Want sien, as jy onkuis sou word of uit nood sou steel of bras en `n liederlike lewe sou lei, dan sou hoe seldsaam die gawe dan ookal by die mense was, in julle swakker word; as julle egter trots daarop word, dan sal Ek haar meteens van julle wegneem, julle naak en verlate agterlaat in die woud van dwaling en daar sou verskeurende diere kom om julle op te eet, en uiteindelik sou daar van julle niks anders meer oor gewees het as `n slegte naam nie.

[20] Sien, in deemoed het julle dit ontvang en in deemoed moet julle dit bewaar en in alle deemoed moet julle dit ook weer aan alle broeders deurgee.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205