Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 129

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Asmahael se rede oor die wese van JaHWeH

129 Na hierdie woorde van Adam gaan Asmahael dadelik na die drietal toe en spreek as volg met hulle: "Luister, julle drie, - Jura, Bhusin en Ohorion!

[2] Wie is daar so kleinmoedig soos `n vlieg en vol vrees soos `n duif en angstig soos `n veldmuis, waardeur hy by die mees versigtige toenadering op- en wegvlieg en by die geringste geruis in die struike van die woud vlug en as daar êrens `n paar klipsplinters in die dal neerkom, homself vol angs verstop in die splete van die aarde?!

[3] Dink jy dan dat JaHWeH dadelik gereedstaan om sy kinders te dood as Hy êrens `n paar klippe oormekaar laat val?!

[4] As Hy vreugde sou belewe daaraan om hulle dood te maak, sou Hy dit reeds van ewigheid af aan gehad het; en sou Hy op hierdie manier `n vriend van die dood gewees het, waarlik, julle kan verseker wees daarvan, dan sou Hy ook baie beslis nie net geen aarde, geen maan, geen son en geen sterre met al hulle groot skeppingswondere geskape het nie, maar ook nie eens `n sonstoffie nie!

[5] Maar omdat JaHWeH - netsoos wat julle aan alles wat julle omring, kan sien - dit nie is nie, maar juis die mees volslae teendeel daarvan en dus die grootste vriend van die lewe, ja nog meer, dat Hy geheel alleen die mees ewige en in wese die lewe Self is, want alles wat deur sy asem leef, leef vanuit Hom - daarom is Hy ook die ewige liefde Self en trek daarom ewig al sy werke maar net na Homself toe en alle skepsele het hulle wyse ordening, maar die kinders is vry in hulle doen en late en is deur niks gebonde nie, behalwe dat hulle moet lewe en wel omdat JaHWeH `n vriend van die lewe, maar nie van die dood is nie, - daarom hoef, veral sy kinders, nie bevrees te wees om vinnig gedood te word nie, in die besonder nie diegene wat netsoos julle, die uitermate goeie, groot, heilige JaHWeH getrou liefhet en alle hoop op Hom gevestig het nie!

[6] Wees daarom nou vol goeie moed en koester geen dwase vrees meer nie; want sou JaHWeH jou wou doodmaak, hoe kon jy dan so oud geword het soos wat jy nou is?!

[7] Maar eendag sal daar nog `n tyd kom waarop julle nakomelinge tot aan die einde van hulle liggaamlike proeflewens op aarde nooit meer soveel jare sal tel as julle nie, en daar sal nog vele onder hulle wees wat JaHWeH nog veel meer sal liefhê as julle nou. Ja, in die tye sal selfs suigelinge aan die moederbors van hulle ouers deur JaHWeH weggeneem word en hierdie ouers sal baie daaroor treur en in hulle droefheid tog JaHWeH se lof besing en alles aan Hom offer en daarby sal hulle nie soos julle dink dat JaHWeH iemand is wat plesier in doodmaak het nie!

[8] Sien, dit was `n growwe fout van julle; verskerp in die toekoms julle vertroue en laat julle liefde tot JaHWeH groei, dan sal julle met vaste voet oor brandende wêreldpuin loop! Want magtig is die arm van JaHWeH, en aan diegene wat Hy vasgryp en lei, sal die ten gronde gaande wêreld nie by magte wees om enige kwaad te doen nie, ewemin soos die mag wat Hy tot `n bestemde tyd prysgee om haar eie vryheid te beproef, en dit is die welbekende mag van die slang.

[9] Bly nou `n kort tydjie hier in vrede en wag totdat Ek terugkom; want nou vertrek Ek as laaste bode om julle kinders te haal en hulle almal hierheen te bring, sodat ook hulle sal ervaar en erken hoe buitengewoon goed en vol van liefde die deur julle so dwaas gevreesde JaHWeH is!

[10] Ja, God se grimmige toorn is vreeslik! Dit is `n ewige vuur wat nimmer doof nie; maar God het desnieteenstaande tog al sy mag in die liefde gelê en in geen geval in sy grimmige toorn nie, wat vir ewig ondergeskik is aan die ewige liefde en dit alleen is die ewige, mees vrye lewe in Hom!

[11] Oordink dit ondertussen, totdat ek terugkom! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205