Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 150

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

`n Evangelie van die liefde

150 En Henog antwoord daarop nog die volgende: "Ja, so is dit! So het ek dit diep in my gees ondervind; my tong durf dit net nie uitspreek nie. Want ook hier sê my gees: "Laat rus jou matte tong; want om iets dergelik so uit te spreek dat dit seën sal bewerkstellig, is vir `n magtiger tong voorbehou!"

[2] O groot Abedam, hoor my aan in die stilte van my hart; want hier klink die roep: "JaHWeH, hoe groot en gewyd moet U liefde nie wees nie! Indien U iemand op die dag van more barmhartigheid sal verleen, dan gee U, goeie, heilige Vader, sonder dat die blinde ontvanger dit merk, die verleende barmhartigheid reeds op dieselfde oomblik waarop die barmhartigheid toegesê word!

[3] Vandaar ook, o goeie, heilige Vader, dat hoe meer ek in my hart U oneindige goedheid ondersoek, my hart byna geen woorde meer vind om U, o Vader, na behore te loof, te prys en te aanbid nie; en my hart word vir die magtige liefde tot U te klein en daarom moet ten slotte die liefde, waarvoor daar in my hart geen plek meer is in alle dele en ledemate waarin sy nie oorstroom is nie, U gloeiend omarm en bo alles liefhê!"

[4] Maar as ek dan weer aan my gees vra: "Kan ek dan die goeie, heilige Vader nie nog heftiger, nie nog oneindig veel meer liefhê nie?", dan klink dit opnuut in my gees: "Kan diegene wie se hart met liefde vervul is, liefhê netsoos wat hy wil?! Sien, die liefde is onversadigbaar en kan dan ook nêrens bevrediging vind as alleen in die oneindige liefde van die heilige Vader nie!"

[5] En so, o Vader, hou ek van U met steeds groter wordende, felle hunkering, met die liefde se eie; en as dit moontlik sou wees, o hoe reikhalsend sou ek U, o Vader, dan nie wil liefhê tot in die dood nie!

[6] O Vader, my heilige, liewe Vader, neem die doudruppel van my liefde aan, asof dit vir U waarde sou hê! Amen.

[7] En jy, my geliefde broeder Abedam, sê my: Hoe is dit nou met jou hart gesteld, ja met jou liefhebbende hart, noudat jy tog verseker ontdek het welke uur van die nag dit is?"

[8] En die bekende Abedam antwoord Henog: "Geliefde broeder, sien, jy is in jou liefde verseker nog gelukkiger as ek, omdat jy nog kan praat met die vuur in jou hart! Sien, daarin is ek tog weer so ontsettend dom! Wanneer, netsoos nou, die liefde my so eg aangryp, dan uiter ek slegs met die grootste moeite in die wêreld soveel woorde soos jy nou van my hoor, - maar durf die voorwerp van my liefde nie noem nie, want anders is dit plotseling gedaan met die bespotlike slegte kuns van my tong!

[9] Maar soveel kan ek jou nou nog wel sê wat my oneindige domheid uiteindelik tog ontdek het, wat sy vroeër nie geweet het nie, hoe laat of welke tyd van die nag dit was, ook al meen ek om dit te weet. Nou herken ek haarfyn, sê ek jou, die hoeveelste uur dit nou is! Maar nou weet jy ook dat ons tot more moet swyg! - Sien, ek is al stil!"

[10] Abedam, die ander, laat aan beide sy welgevalle blyk en sê daarna: "Luister, dit is so: Die opregte liefde moet ook tot in die dood liefhê in die gees of in `n daad van die vlees, en hierdie dood is eers die ware opstanding tot die ware ewige lewe, waarin hierdie liefde dan uitsluitlik sal lewe in die allerhoogste, in sigself steeds en ewig vermeerderende geluksaligheid en in die ware, almagtige genot van die eie lewe. Maar daar wag vir elke liefde `n ooreenkomstige lot in die verlossing. Wie die wêreld liefhet, sal sterf in die steeds toenemende liefde vir die wêreld; maar omdat die wêreld geen lewe het nie, maar slegs die dood, sal diegene wat in liefde vir die wêreld gesterf het, ook nimmer tot `n nuwe lewe opstaan nie, maar slegs tot `n nuwe dood.

[11] Wie het vlees liefhet, sal deur hierdie liefde ook sterwe deur die vlees; maar omdat die vlees ook dood is, sal hy nimmer tot `n nuwe lewe opstaan nie, maar netsoos diegene wat die wêreld liefhet, tot `n nuwe dood van die vlees.

[12] Wie homself liefhet, sal ook in sy eieliefde sterf; en aangesien elke mens vanuit en in homself dood is, sal die in homself sterwende ook nooit opstaan tot `n nuwe lewe nie, maar wel vanuit homself tot `n nuwe dood. Wie egter sonder enige liefde is en vervul met haat vir alle dinge, by die het die tweede dood reeds woning geneem; wie opvlieënd van aard is, aan sy hart klop reeds die tweede dood; en wie hebsugtig is en vol afguns, die het die tweede dood reeds met beide armes omvat.

[13] En wie ten slotte die skatte en die rykdomme van die wêreld sal versamel, hy het vir die tweede dood `n blywende woonplek gebou; en wie die lewe op aarde liefhet, dit wat `n verbygaande dood of `n voortdurende gedeeltelike sterwe is, die sal nooit ophou om te sterwe nie.

[14] Die aardse lewe dood wel elke liefde, ook die liefde tot God; maar in geen enkele gedode liefde sal die lewe homself ooit terugvind nie, as alleen in die liefde tot God, omdat Hy alleen die ewige lewe Self is.

[15] Weliswaar sal elke liefde haar eie selfbewussyn terugvind; maar, vriende, daar sal in die terugvind `n ondenkbare verskil wees, naamlik: In die lewe, of in die dood!

[16] Dus, Henog, vir dit alles het jou liefde reeds gesterf en het sy haarself teruggevind in God; daarom ook is jy reeds vir alle ewighede der ewighede opnuut lewend. Maar netsoos jy die tweede lewe gevind het, sal voortaan maar weiniges dit vind; want alleen die kragtigste vuur van die innerlike liefde tot God kan so `n barmhartigheid bewerkstellig. Begryp dit wat jy gesê het goed en swyg tot more!"

[17] Na hierdie woorde het almal ook voorspoedig by die woning van Adam aangekom, waar hulle `n wyle op die grond gaan sit het en almal die vanouds gebruiklike goeie vaderseën van Adam ontvang.

[18] Hierna staan almal op, buig eerbiedig voor Adam, dank hom vir die seën en kon toe gaan rus. Adam versoek egter vir Henog, beide Abedamme en Lameg om by hom in te kom en daar te bly; en hy herinner Set daaraan om vir `n aandete te sorg. En dadelik gaan Set na sy woning, waar sy vrou en veel van sy kinders al verlangend na hom uitsien; hulle verwys hy onmiddellik na Adam se woning om aldaar die seën te ontvang, net soos al die vele ander vroue en kinders, wat reeds lank met groot verlange op Adam en die andere vaders gewag het.

[19] En nadat hulle almal die seën van Adam ontvang het en weer vol eerbied en dankbaar die woonplek van Adam verlaat, kom Set en spoedig na hom sy vrou, ryklik belaai met spys en drank in die woning aan.

[20] Dit het al erg donker geword en tegelykertyd kom daar ook `n geweldige onweer aan, waardeur die aand nog donkerder word.

[21] Daarom versoek Adam dan ook aan Set om `n flinke, deur Henog vervaardigde pikfakkel te kry, om die duistere woonplek daarmee te verlig.

[22] Maar Abedam, die onbekende, sê aan Adam en Set: "Luister, vriende, laat dit nou maar staan! Sien, waarom soveel oorbodige moeite vir die vermoeide Set, wat ook geen jongeling meer is nie?!

[23] Wat die verligting van die woning betref, laat die sorg maar aan My oor, - dadelik sal dit lig word hierbinne, want Ek verstaan die kuns van ligmaak nog beter as Henog met sy pikfakkels!

[24] En Ek hoef maar te sê: "Daar is lig!" en netsoos julle almal kan sien het ons almal voldoende lig in die huis!"

[25] En in die woning word dit ook oombliklik - niemand weet waarvandaan nie, want daar was nêrens `n ligtende voorwerp te sien nie - so helder soos by klaarligte dag.

[26] Henog en Abedam het wel geweet waar die lig vandaan gekom het en herken die Skepper van die lig; maar hoe dit gewerk het, bly vir hulle verborge. En na `n lang tyd van verwondering dank almal die Heer, gaan ten slotte sit en eet en drink welgemoed. En selfs die ander Abedam gedra Homself onopvallend en eet en drink vrolik met die ander saam.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205