Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 134

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Asmahael se gelykenis oor die liefde

134 Na hierdie woorde van Asmahael, wat ook deur Enos, Mahalaleel en Jared baie goed begryp was, staan ook Adam saam met die res op en wou op Asmahael afstorm, gedeeltelik uit `n groot eerbied wat die oorhand gehad het, gedeeltelik egter uit die met eerbied steeds verbonde liefde, wat in die besonder in die teenwoordigheid van die Eerbiedwaardige selde afwesig is. Maar Asmahael beduie hulle om op hulle plekke te bly en sê die volgende:

[2] "Luister. Ek sal julle `n gelykenis vertel; dit moet julle beoordeel! En dit lui as volg:

[3] Wanneer die son op `n goeie aardbodem skyn, dan vorm daar diep, wye splete in die aarde om die strale van die son dieper en intenser in haarself te kan opneem en om sodoende deur en deur verwarm te word; maar sand bars nooit uitmekaar nie en laat homself slegs aan sy oppervlakte verwarm. En as die bestraling van sy oppervlak weggeneem is, dan is dit ook met die spaarsaam opgesuigde warmte gedaan. So is dit ook met klip: hy laat homself weliswaar baie sterk opwarm; maar as daar dan koue winde kom, dan laat hy spoedig alle warmte los en word kouer as die winde self.

[4] So gaan dit ook as daar reën uit die hemel val: Solank dit reen, is alles ook vogtig; maar as dit opgehou het om te reën, dan kom die suiwerende en drogende winde weer terug, dan word sand en klippe dadelik weer droog en alleen die goeie grond behou die lewe bringende vogtigheid van die reën en deurdrenk daarmee die plantewêreld.

[5] O, ondersoek julleself en kyk of dit nie met julle harte net so gesteld is soos met die sand en met die klippe nie!

[6] Omdat julle My nou aan My dade en woorde en uit Henog se getuienis herken het, is julle ook verwarm en daarom met agting en liefde vervul tot My; maar wanneer Ek weer onsigbaar vir julle sal word, sê My, sal dit dan ook met julle so gaan as met die goeie grond?!

[7] Ek is nou al so vele ure in julle midde; maar wie van julle het vir My gedoen wat Henog gedoen het?

[8] Ja, julle het in hoë mate eerbied vir My, maar ook die rotstoppe van die berge suig weliswaar die eerste en die laatste sonstraal op, omdat sy die lig opslurp, - maar voeg dan ook die warmte daarby, dan hul die berge hulleself onmiddellik in digte en sombere newels en wolke, sodat hulle ewige sneeu en hulle ewige ys maar nie sal smelt en vergaan nie. So lyk julle liefde ook soos die liefde van die kalwers vir die volle uier van die moederkoei, waarna hulle heen spring en dan met hulle koppe net solank teen die uier du as wat hulle nog melk daarin sal bespeur; maar as die spene glad geen melk meer wil gee nie, dan verlaat die kalf dadelik die koei en is daar by die kalf niks meer te sien wat na liefde lyk nie.

[9] Julle het nou gesien hoe Henog deur My opgeneem word; julle sal ook so opgeneem wil wees. Maar Ek vra julle: Het julle My ook so opgeneem soos Henog? - sien, Henog, het My reeds vanaf die begin uit suiwer liefde opgeneem; het julle dat ook gedoen?

[10] Ja, toe julle My werke gesien het, het julle My eers opgeneem! Dink julle dis dalk uit liefde?! O sien, so-iets doen die ware liefde nie, maar wel is daar in julle binnenste verborge eiebelang! Omdat Ek in julle midde is, gewaar julle die groot voordeel van alles wat Ek deur My laat bewerkstellig, en My oneindige mag verwek die groot agting in julle en wek daarmee die verbonde voordeel van liefde tot My.

[11] Toe Ek ewenwel vanuit die diepte en as `n nederige mens na julle toe gekom het, het julle My voor julle in die stof laat lê!

[12] Sê My, wie het My daar in alle liefde opgeneem en geen gewin voor oë gehad nie?!

[13] Julle het weliswaar die oproep aan die kinders laat uitgaan om more die Sabbat in JaHWeH se naam te vier; maar dink julle dalk dat julle dit uit liefde vir JaHWeH gedoen het? O, daarin vergis julle julle geweldig; dit het julle slegs gedoen uit `n slaafse angs en die daaruit voortvloeiende hoogagting voor JaHWeH se oneindige mag, en boonop ook nog uit vreesagtige en daardeur ook uit pligmatige dankbaarheid, voor die grootste deel afgedwing deur God se grootheid!

[14] Waar is die suiwer liefde dan, wat vry bo dit alles uit, deur niks anders as die liefde self genoop, God bo alles in sigself en sodoende ook in elkeen van God se werke getrou en opreg liefhet?!

[15] Julle sou weliswaar aan My wil sê: "Heer, ons glo tog dat U Hy is, die enig ware, heilige, groot, ewige, magtige God, vol van erbarmende en barmhartige liefde!

[16] Maar Ek sê vir julle: Wie nie met die suiwer liefde van sy hart glo nie, sy geloof stel niks voor nie en het vir My geen enkele waarde nie! Julle mag dan tallose male "JaHWeH!" roep en sê: "Groot, verhewe, magtige, heilige, barmhartige God, Heer, Skepper van alle dinge, liewe Vader!" ensovoort, - maar waarlik, Ek sê vir julle, dit is veel beter vir julle, om julle lippe, tande, tong, kake, keel en Ionge te spaar; want al daardie ledige, vrome geblêr sal nooit tot My ore deurdring nie!

[17] Vir wie nie, net soos Henog na My toe kom en spreek nie, is dit heeltemal tevergeefs; Ek sal hom in ewigheid nie aankyk nie! En indien hy dan sal bid, sal sy gebed by ore van yster aankom en alle hemele sal vir hom solank met metaal grendels gesluit bly, totdat die laatste druppel eiebelang, in wat se opsig dan ook, uit sy hart sal verdwyn.

[18] Wie my dus liefhet, moet My bemin soos `n rein bruid haar rein bruidegom, waar niks anders as alleen die harte mekaar aantrek nie; alles wat daaronder of daarbo uitgaan is vir die vrye liefde `n las, waardeur sy haarself dan ook nimmer tot aan My hart kan verhef nie. Want wat benede die liefde is, trek die hart neer in die modderige diepte; maar dit wat bo die liefde uitgaan, druk haar teen die grond en beswaar die hart so baie, dat sy te swak en te kragteloos word om haarself ooit weer te kan verhef.

[19] Die liefde moet dus so suiwer wees, dat sy, deur niks gedwing nie, haarself vry kan verhef en met die krag, wat in haar saamgebal is, `n vry verkose voorwerp uitkies, dit omarm en dit vir ewig nie meer laat ontsnap nie.

[20] Om God te erken is die ontwaking van die liefde, maar nie die liefhê van God Self nie; God liefhê wil sê, dat `n mens volledig in Hom leef.

[21] Die erkenning alleen sal nooit iemand laat herlewe en die heilige poorte van die ewige liefde en daardeur van die ewige lewe vir hom open nie, maar - let hier goed op en begryp dit goed! - slegs die suiwer liefde tot God en in God, sonder daaronder en daarbo en dus sonder die minste spoortjie eiebelang doen alleen die suiwer liefde self, en kan dit doen.

[22] Ondersoek hierna eers julle harte en staan dan eers op en kom na My toe! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205