|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 155
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Lameg vra na die Naam van Abedam, die onbekende
155 Na hierdie woorde van Abedam, die ander een, gaan ook Lameg, die getroue bewonderaar van Emmanuel, aan Abedam se sy staan en bekyk hom van kop tot tone; want hierdie laaste woorde het ook vir hom uit die verdowing, as gevolg van sy liefdesverdriet, gewek en het sy hart oorstelp laat staan. Omdat hy in sy liefdesverdriet oor die verdwene Emmanuel, nagenoeg niks van die vroeër gespreekte woorde opgevang het nie, was dit nou baie duidelik dat hierdie onverwagse, uit Abedam se goddelike mond, opgevange woorde van lig en liefde, op sy opnuut ontwaakte hart `n verbysterende uitwerking moes gehad het en dit nog des te meer op die siek liefde van Lameg, omdat Hy, uit Wie se mond en hart hierdie woorde gekom het, die opnuut verborge Emmanuel Self was!
[2] En nadat hy so te sê genoeg na Abedam gekyk het en ondanks al sy gekyk niks daaruit kon uitmaak nie, neem hy eindelik die vryheid om aan Hom te vra:
[3] "Luister, Abedam, jy is nog `n volslae vreemde man vir my, omdat jy uit `n menslike mond suiwer goddelike woorde spreek, selfs so, dat as my innig geliefde Emmanuel Abba hier sou wees en oor die belangrikste punt van die menslike lewe sou wou praat, Hy onmoontlik anders kon gespreek het as wat jy nou gedoen het! Wees tog so goed en sê my waar jy `n dergelike onbegryplik hoë liefdeswysheid verwerf het!
[4] Want sien, Emmanuel se verdwyning het my tot nou toe vir alles doof en blind gemaak en daarom sien ek jou nou stellig vir die eerste maal met my oë in ons midde en kan ek my nie genoeg oor jou verbaas nie! Vertel my daarom iets oor jouself; want my hart verlang ten seerste na `n nadere kennismaking met jou!"
[5] En Abedam antwoord Lameg: "My geliefde Lameg! Luister net: Kan jy My sê hoe laat dit nou is en waar ons onsself nou, net soos wat ons hier is, bevind?"
[6] En Lameg antwoord: "Soos wat ek nou waargeneem het en my ook voorheen baie vaagweg herinner, is dit die woning van Adam waarin hy ons almal, net soos wat ons nou hier is, opgeneem het, nadat ons die hoogte van ons vaderland bereik het; maar dit weet ek net soos in `n droom! Maar hoe laat dit nou is, kan ek jou nie presies sê nie; maar te oordeel aan die nog taamlik helder lig in die woning, kan dit nog nie so laat in die aand wees nie."
[7] En Abedam sê weer aan Lameg: "Sien, my geliefde Lameg, daar is nou vir jou besonder veel daaraan geleë dat jy presies weet watter tyd van die aand dit nou is; gaan daarom net na buite en beoordeel aan die sterkte van die aandrooi hoe vroeg of hoe laat dit in die aand is!"
[8] En Lameg volg hierdie raad onmiddellik op; maar hoe skrik hy nie, toe hy in plaas van die verwagte aandrooi, sien dat die hele aarde reeds oral in die digste duisternis gehulle was, wat alleen deur die voortdurende bliksemflitse van die reeds baie nabygekome groot onweer telkens huiweringwekkend uiteen geskeur word!
[9] Hy bly nie lank buite voor die deur staan nie, maar kom ylings, byna struikelend weer terug; want hy het `n groot vrees vir die nag en vir onweer gehad. En nou kom hy angstig na Abedam toe en sê aan Hom:
[10] "O liewe, goeie man, jy het sekerlik geweet watter uur van die nag dit reeds was; waarom het jy my dan na buite gestuur om na hierdie verskriklike, ysingwekkende nag te kyk, waarin die aandskemering al lankal uitgedoof is, en waar in plaas daarvan, nou geweldige bliksems en dof rollende donder met die dikke, hardnekkige nag `n vreeslike stryd skyn aangaan?
[11] Kyk, ek beef nog oor my hele liggaam van groot angs! O Emmanuel, was U nou maar hier! Met U sou ek dit graag aandurf om hierdie vreeslike nag aan te sien; want vir U sou die hewig en verskriklik dreigende, op verwoestende stryd beluste vurige noodweer gehoorsaam moet wyk!
[12] Dit is maar goed dat Henog tenminste nog by ons is; anders was dit sekerlik met ons gedaan! Jy skyn jou egter ook glad nie veel van die noodweer wat op ons afkom aan te trek nie?! Maar dit is jou ook te verskoon, omdat jy nog vreemd is hier en waarskynlik nog nooit die verskriklike van `n dergelike nagtelike noodweer op die hoogte beleef het nie; maar jy hoef dit net maar een keer mee te maak, soos wat dit hierdie nag sekerlik die geval sal wees, dan sal jy by `n volgende naderende onweer, o glo my, sekerlik nog banger wees as wat ek dit nou reeds so erg is!
[13] O U, my Emmanuel Abba, het U tog maar net hierdie nag sigbaar in ons midde gebly!"
[14] En Abedam kyk Lameg baie vriendelik aan, gryp sy hand en vra hom: "Liewe Lameg; sien, noudat jy buite so `n uitermate digte nag aangetref het, sou jy My dan nie wil vertel waar die lig in hierdie woning vandaan kom nie?"
[15] Eers na hierdie vraag bemerk Lameg die lig; en omdat hy nêrens iets wat lig gee kon vind nie, wend hy homself dadelik weer tot Abedam en sê:
[16] "Sien, liewe, goeie man, ek vind dit wonderbaarlik! Dit is lig sonder lig, ja dit is helder soos die dag hier binne, - en tog kan ek nêrens `n ligbron ontdek nie! Wat is dit? Waar kom dit vandaan? Hoe is so-iets moontlik?
[17] Het jy dit miskien so gemaak, of moet dit moontlik aan die groot onweer toegeskryf word?! Want ek het by sulke baie hewige onweersbuie ook al eens gesien dat in die mees duistere nag die bome, die gras en die klippe dikwels deur `n blou ligtende substansie omgewe was; maar hulle verligting was tog op sigself maar baie swak, - in vergelyking met hierdie helderheid was dit tog maar barre duisternis!
[18] Daarom kan jy my miskien wel sê waarna jy my vra!"
[19] Maar Abedam verwys hom met die volgende woorde na Set: "Lameg, gaan na Set toe en hy sal jou sê hoe die lig ontstaan het; dan sal jy spoedig in die lig `n lig vind, soos wat jy nou in die lig geen lig vind nie!"
[20] En Lameg stap onmiddellik op Set af en vra aan hom: "Liewe vader Set, sal jy dit vir my doen waarvoor jou broeder en seun - of wat hy ookal van jou mag wees - my na jou toe gestuur het?"
[21] En Set antwoord hom: "Waarom slaap jou hart dan tot nou toe?! As jy wakker sou gewees het, sou so `n vraag van jou nou oorbodig gewees het; maar omdat jou groot liefde vir Emmanuel Abba jou blind en doof vir alles anders gemaak het, het jy reeds die mees geldige rede om jou te verontskuldig en jy mag daarom wel weet dat die onbegryplik magtige veroorsaker van hierdie wonderbaarlike beligting self diegene is wat jou na my verwys het en dat dit deur niks anders as deur sy woord "Daar is lig" teweeggebring is nie en wel vanuit die goddelike krag in hom. Gaan nou, want nou weet jy alles wat ek ook weet; meer kan jy van die veroorsaker self verwag! Amen."
[22] En Lameg gaan met die voorneme, wat deur Set aan hom gegee is, dadelik weer na Abedam terug.
[23] En Abedam sê daarop aan hom: "Geliefde Lameg, soek maar `n bietjie in die liefde van jou hart, en jy sal die Veroorsaker van die lig weldra hê; want kyk, Diegene wie jy so bo alles liefhet, is nie so ver van jou af as wat jy dink nie! As jy Hom ewenwel gevind het, swyg dan tot more!
[24] Maar vannag sal jy groot dinge sien! Amen."
|
|
|
|
|