|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 168
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
`n Terugblik op die stormnag. Liefde verdryf vrees.
168 En Set dank in die hoogste liefdesvreugde van sy hart die Hoë Abedam vir hierdie opdrag en gaan vinnig om die Wil van die Heer te vervul.
[2] Nouliks buite die woning, sien hy onmiddellik, nie ver daarvandaan nie, die drietal uit die middernagtelike gebied staan. Hy roep hulle by hulle naam en hulle gee dadelik gehoor aan sy geroep.
[3] Toe hulle by hom kom, sê hy aan hulle: "Luister, Iemand in die woning wil dat julle ook na binne sal gaan; want Hy het al lankal van veraf en ook reeds naby die woning, nog voor ek na buite gekom het, julle loflied gehoor.
[4] Gaan daarom die woning binne; want ook vir julle wag `n groot, onvoorstelbare seën!"
[5] En Jura vra aan Set: "Broer Set, hoe moet ons dit verstaan? Het miskien juis in hierdie nag vol verskrikkinge die verhewe, bo alles Magtige Emmanuel na julle toe gekom? Want sien, dit is wat ons almal gedink het, toe die mees onverklaarbare - `n mens kan wel sê - wêreldomvattende vuurstorm plotseling `n einde bereik!
[6] Ons almal bid en roep tot Emmanuel om verlossing. En toe het dit gekom en wel so wonderlik plotseling was ook ons eerste reaksie om, Emmanuel daarvoor te dank.
[7] Sê ons daarom of dit nie so is en was nie!" - En Set antwoord hulle: "Hoe en of dit so is, broers, sal julle spoedig in die woning verneem! Maar ek is haastig, omdat ek vir `n goeie oggendmaal moet sorg, daarom kan en mag ek my nie langer met julle inlaat nie."
[8] En die drie was tevrede met die antwoord en tree toe, vervul van die grootste eerbied, die woning binne, waar hulle hulleself dadelik voor Adam en al die ander vooroor neerwerp.
[9] Adam beduie hulle om onmiddellik op te staan en sê aan hulle: "My geliefde kinders, ek is uitermate verheug om julle wel behoue by my te sien!
[10] Ek het my in hierdie nag grootliks bekommer oor julle almal; wat veroorsaak is deur die verskriklike strydende elemente. Maar nog veel groter was my vertroue in die Heer, die mees geliefde Vader van ons almal, Wie altyd gewyd, gewyd, gewyd is en vervul is met die grootste mag en krag, hulp en redding; want ons was almal aan niks minder as aan die grootste beproewing prysgegee nie en moes `n ware vuurproef deurstaan. My ou woning word toe `n huis vir die mees wilde diere. Slange, hiënas, tiere, leeus, wolwe, bere en nog allerlei ander gediertes het hierdie woning gevul en felle vlamme het gloeiend uit die vloer omhoog gebreek. En tog mog ons vertroue nie gewankel het nie en ons almal ondervind toe ook spoedig die heerlike uitwerking van Emmanuel se beskermende seën!
[11] Maar gaan na die nog onbekende Man toe, Wie ook Abedam heet; Hy sal julle oor alles `n goeie verklaring gee! Amen."
[12] En die drietal buig voor Adam en gaan toe na die Man toe, wat vir hulle nog onbekend was.
[13] Jura, as oudste, voer die woord en spreek Hom as volg aan: "Wees van harte vele male gegroet, Abedam! Aartsvader Adam het ons na Jou verwys omdat Jy ons `n nadere opheldering sou gee oor hierdie - alle lof en dank aan die Heer Emmanuel - afgelope ongehoorde stormnag. Want sien, ons drie is seuns van Adam en loop reeds meer as agthonderd jaar op die aardbodem rond. Ons was aanwesig by die vlug uit die paradys en het na die tyd baie treurige en verskriklike dinge deurgemaak, - maar iets dergeliks soos hierdie nag het ons nog nie meegemaak nie! Sulke verskrikkinge het nog nooit oor die aarde gekom nie, tenminste nie solank as wat ons haar betree het nie, waarlik nie!
[14] Ek wil niks sê oor al die vurige tonele nie, niks oor die rondom ons nog totaal in vlamme staande en in rook gehulde berge nie, niks oor die voortdurende gebeef van die aarde nie, niks oor die tallose bliksems nie, niks oor die brandende en rokende woude nie, vurige winde en meer van soortgelyke dinge nie; want die donder bly van jaar tot jaar dieselfde en so is dit ook gesteld met ander verskynsels wat in die stryd tussen die elemente ons onder oë kom en nie minder vreesaanjaend nie, ook die ander sintuie raak. Maar luister, Goeie Man, wanneer die see, die eindelose groot see ongehoord woedend buite sy oewers tree, skuimend en bruisend hoër en skrikwekkend steeds hoër styg en tydens die vreeslike styging, die een berg na die ander begin verslind en ten slotte selfs ons, die bewoners van middernag, deur die tallose diere, vlugtend vir die golwe, dwing om ylings ons wonings te verlaat, ja ten slotte die golwe selfs sover opgestoot het, dat dit ons wonings verslind, die diere van die woud ons najaag en boonop nog nooit waargenome vreeslike groot monsters, wat waarskynlik netsoos baie ander diere in die water lewe, en gruwelik met mekaar veg en van hot na haar rol, ons `n huiweringwekkende aanblik bied, - Sien, dit is iets, wat ons miskien wel nooit sal vergeet nie!
15 Waarby daar dan as teenstelling, wel baie nadruklik, die aandag op gevestig word, dat hierdie afgryslike skouspel, toe dit sigself ongetwyfeld op die hoogtepunt bevind het, meteens, sodanig verstil het asof dit nooit daar was nie en ook die see plotseling so sterk terugwyk, dat sy nie net weldra binne haar vorige grense terugkeer nie, maar so geheel en al verdwyn, dat daarvan nou nêrens meer `n spoor te ontdek is nie, behalwe `n onafsienbare na alle kante toe, uitstrekkende slykbodem, wat voorheen die see tot bedding gedien het.
[16] Indien Jy dit nou Wil en kan, gee ons dan `n verklaring vir al hierdie ongehoorde dinge!"
[17] En Abedam antwoord hulle: My liewe vriende, by soortgelyke voorvalle gaan dit met diegene wie se gees slaap, weliswaar sleg, - maar met diegene wat wakker van gees is, gaan dit baie beter!
[18] Vertel My eers, watter waaragtig bewuste, met die liefde van die ewige, heilige Vader Verenigde Gees sal of kan nog deur angs bevange word, as selfs die hele aarde onder Sy voete verbrysel sou word en `n gloeiende see al die verpoeierde puin van die aarde sou verslind?!
[19] Sal die magtige Vader, Wie se Wil miljarde en talloos baie miljarde van nog onvergelykbaar groter hemelliggame en geeste dra en dit ten volle versorg, nie ook in staat wees, om `n Hom bo alles liefhebbende en daardeur ook deur Hom bo alles beminde kind by `n ontploffende atoom, wat jy "aarde" en "wêreld" noem, die mees sekere beskerming te bied nie?!
[20] Sien, dit sal jy My tog immers moet toegee! Daar bly dus alleen die vraag oor, waardeur julle vertwyfelde angs en vrees veroorsaak word! Of waarom vrees kinders die nag?
[21] Sien, die oorsaak daarvan lê in die swakheid van die liefde tot die heilige Vader! Netsoos dit met die liefde gesteld is, is dit ook die geval met die vertroue; swak vertroue is die vader van alle angs!
[22] Aan alles wat julle vertel het, lê dit nie; maar dit lê geheel daaraan, hoe dit met julle harte gesteld is.
[23] Ook al sou Ek julle alles duidelik maak, dan sou op die meeste, julle ore bevredig word; maar tot insig in julle harte sou julle dit nooit bring nie. En daarom sal dit beter wees dat julle intens inkeer in julle eie harte, julle daar wend tot die liefde wat julle tot God voel en Ek sê julle, julle sal so in `n minuut meer ervaar as wat andersins duisende jare van onderrig julle sou kan gee!
[24] Maar bly hier en neem met ons deel aan die oggendmaal, wat Set en sy mense juis nou binnebring!
[25] Wees rustig in julle begeerte om te wil weet, maar beweeg des te meer in julle hart na omhoog, dan verander julle stormnag spoedig in die helderste, rustige Sabbat. Begryp dit goed! Amen."
|
|
|
|
|