Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die versoening van die Heer

10 Kyk, luister, begryp en verstaan goed wat die ewige Liefde gesê en gedoen het, nadat die suiwer en heilige Vader sy toespraak met groot erns voltooi het, deur Barmhartigheid bo Geregtigheid te verkondig, en te dreig met die oordeel vir die, wat die Wette, van die oorgroot Barmhartigheid sou oortree en die dood vir die oortreding te gee. Toe was die ewige Liefde ontroer tot in die binnenste van Haar barmhartige Hart en het vir die tweede keer trane van medelye en trane van mees innerlike vreugde en salige tevredenheid geween, oor die groot, Barmhartigheid van die mees suiwer en enig heilige Vader. Die Liefde sê aan Adam en Eva met diepe ontroering van Haar hele wese:

[2] “Jy, Adam, jy het nou die vreeslikste oordeel van God voor jou oë sien verbytrek en Eva het dit ook gesien en deur jou gevoel; maar nou wil Ek ook vir haar, die oë en ore oopmaak sodat sy – en ook almal wat uit haar sal voortkom, wat soos die getal van die Sterre aan die uitspansel en soos die getal van die gras op aarde en soos die getal van die sand by die seë, wat oneindig is. In toekomende tye moet hulle, met hulle eie oë sien en met hulle ore luister, wat God in Sy Grimmigheid gedoen het en wat die ewige Liefde met Haar onbeperkte Barmhartigheid daarna gedoen het.

[3] Die Wet het Ek in jou hart ingegrawe, soos jy dit ook in die hart van Eva moet ingrawe; en as teken dat julle en almal wat na julle sal kom, gewaarsku is teen die oordeel van God, as gevolg van julle oortreding. Sal Ek tot aan die end van die tye, hier en daar berge laat ontbrand, en Ek sal vir julle die weerlig agterlaat, wat julle moet herinner aan die eertydse verwoesting; en die gedurige daaropvolgende donderslag, wat voortdurend aan julle die Naam van die groot en sterk God sal verkondig, sou julle Hom ooit vergeet.

[4] En die Trane van Medelye en groot Vreugde van Barmhartigheid uit die heilige Vader, het Ek as ewige Teken, in die wye ruimte geplaas, vir `n nuwe skepping van die uitspansel en sal aan julle Lig gee, gedurende elke nag op aarde en sal julle verkwik gedurende die skemering van die lewe en sal aan julle die nuwe dag verkondig.

[5] En kyk nou na die hemele. Hulle gee lig in veelvoudige orde en in veelvoudige prag, - die met `n rooierige lig as teken van My Medelye en die met `n wit lig as teken van vreugde oor die groot Barmhartigheid van die ewig heilige en goeie Vader en daardie wit flikkerende, breë band wat oor die sterre van Medelye en Vreugde loop; wat bestaan uit Sterre van die voortyd, wat ontstaan het deur die Trane van die Liefde, wat toe al medelye gehad het met die gevalle geeste; die baan is deur die middel van die hemele se wye ruimtes saamgetrek en sal vir julle dien as teken van die ewig heilige Verbond, tussen die ewige Liefde, wat vir julle en alles wat daar is, in bestaan geroep het, alles volgens Haar heilige rigtende Godheid.

[6] Adam en ook jy, Eva, kom kyk nou in My linkeroog in, wat bokant My Hart, wat teenoor julle regterkantste Oog is, en wat Sagmoedigheid en Barmhartigheid uitstraal, - kyk, daar hang nog een traan aan die Ooglid, en daardie traan is groter as al die ander, wat reeds uit hierdie Oë vir julle gevloei het!

[7] Daar waar dit lyk asof die groot baan aan die wye uitspansel verdeel is, kyk dikwels daarheen en wees altyd dankbaar en diep ontroerd wanneer julle daarheen kyk; want daardie plek moet vir julle en ook die hele skepping as ewig blywende Teken dien van julle getrouheidsbreuk met My en My toenmalige breuk met die gewydheid van God uit Barmhartigheid teenoor julle en die baan moet vir julle by die plek, waar dit lyk asof dit weer aanmekaar geknoop is, herinner aan die groot bemiddeling van die ewige Liefde, wat Ek van ewigheid af is, aan die bemiddeling tussen die onaantasbare gewydheid van God en julle, wat troueloos oortree het voor die Aangesig van Sy onbegrensde gewydheid.

[8] En sien, vandaar kom hierdie traan en dit is die plek van haar ontstaan!

[9] En hierdie traan sal eendag vir julle en julle nageslag ontvou as `n mooie Môrester, wat al die volkere van die aarde sal verlig, en wat julle, gedurende die tye van die tye in julle voetspore van berou sal volg, en die aarde van vooraf skoon sal was van die stinkende drek van oortreding en sal julle trane en bittere klagte van rou en verdriet reinig van die vuil van die slang.

[10] En kyk nou nog eenmaal hierheen: Hierdie traan wil Ek laat val op `n wit blom van hierdie struik, tussen die twee reeds bevrugte blomme van Eva, en daaruit sal `n suiwer vrou eendag opbloei, wat die kop van die slang sal vermorsel. Maar die slang sal haar weliswaar ook in haar hakskeen byt, maar die gif sal geen skade aan haar doen nie; en uit haar sal voortgaan wat nou voor julle is, `n mooi Môrester vir alle volkere van die aarde wat `n suiwer bedoeling het, en sal `n ewige oordeel wees vir alle weerspannige kinders van die slang!

[11] En die Geeste uit die Skoot van die gewydheid van die Vader, sal beliggaam na die aarde toe neerdaal en sal aan julle kinders, die groot tyd, asook die manier van Sy aankoms aankondig, wat nou voor die deur is en wat julle nou nog hoor en sien en voortaan nie meer sal hoor en sal sien totdat die beloofde aankoms volgens die belofte van die heilige Vader deur My as die ewige Liefde in Hom vervul is.

[12] En nou het julle alles gehoor wat julle nodig het om te weet sodat julle My seën kan ontvang!

[13] En wees dus geseënd deur die Hand van Mag en die Hand van Krag van die ewige Liefde van die heilige Vader en die Krag van die Gees, wat heilig is uit beide van Ons en bevrug en vermeerder julleself en vul die aarde met die lewendige vrug van hierdie seën!

[14] En altyd, wanneer julle mekaar nader op grond van hierdie seën, bied julle harte vir My aan! Wanneer julle dit nie doen nie, sal die slang, wat nog lewe en ook vir ewig sal lewe in die Grimmigheid van God, die vrug in julle laat besoedel en jy, Eva, en almal van jou geslag, sal dan in plaas van `n vrug van seën, `n vrug van vernietiging in die wêreld bring en hulle sal dan die kinders van seën en van die Lig in groot hoeveelhede vernietig en aan hulle dolheid en woede sal geen einde wees nie en op die manier sal julle die oortreding aan almal as nalatenskap oordra en julle skuld sal sigbaar word tot by die groot tye van die tye en ook daarna.

[15] En hierdie aanbieding van julle harte, vir ontvangs van My Seën van Barmhartigheid, is vir julle gegee as `n heilige taak wat julle altyd aan My verskuldig sal wees, elke keer wanneer julle mekaar terwille van My Seën nader. Hierdie nuwe en maklike Gebod, wat julle so pas uit My Mond ontvang het, is die eerste gemeente wat Ek voor julle ter herdenking aan My stig en sal julle in dankbaarheid herinner aan die dade van die barmhartige Liefde en julle teruglei in die heilige vrees vir God!

[16] `n Gees sonder oortreding, met `n vlammende Swaard in die Hand wil, Ek aan julle van bo stuur, sodat Hy vir julle kan lei en die hele aarde, vanaf die een hoek daarvan tot die ander, kan wys, en Hy sal die dwalinge van die wêreld verlig en sal julle ook tugtig wanneer julle afwyk van My weë.

[17] Dit alles sê die ewige Liefde aan julle in die Naam van die heilige Vader. Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205