Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 103

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Asmahael se uitnodiging om verder te reis

103 Nadat Asmahael hierdie woorde van die lewe tot Jared en Henog uitgespreek het, verwyder Hy Homself weer en gaan na Adam en sê aan hom:

[2] "Adam, as jy meen dat niks meer hier nodig is nie, dan is ons klaar; laat die kinders huistoe gaan, - ons kan ons egter verder in die rigting van middernag begewe! Amen."

[3] Adam skrik daarvan - want die aanroep "Adam" klink net soos destyds, toe Adam na die sonde, Homself voor My probeer verberg het - en hy kon nie tot homself kom en durf ook niks anders as na `n kleine pouse met `n paar woorde te antwoord: "Heer, U heilige wil geskied!"

[4] "Adam", sê Asmahael verder, "waarom aarsel jy? Waarom is jy bang vir Hom Wie jy bo alles moet liefhê? Het jy iets verloor? Sou dit dan nie weer terug gevind word nie?!

[5] Of glo jy dalk nog dat jy iets verloor het? Wat moet jy dan nog verloor wat jy tog nie alreeds baie lang gelede reeds verloor het nie?!

[6] Kyk, Ek sê vir jou: Indien iemand alles verloor het, het hy afgereken met alles wat hy ontvang het en hy kan nou niks meer verloor nie; maar wie niks meer het wat hy sou kon verloor nie en tog nog leef volgens die verlies, die leef immers blykbaar sodat hy weer kan gaan vergaar, omdat hy alles wat hy voorheen besit het, kwytgeraak het.

[7] Bowendien sê Ek vir jou: In die verre toekoms sal jou nakomelinge, wat die ewige lewe wil verwerf, nie alleen al die wêreldse nie, maar ook hulle lewe moet verloor!

[8] Jy leef reeds meer as negehonderd jaar; maar jou nakomelinge sal nouliks toegestaan word om `n twintigste deel van jou leeftyd in `n liggaam te lewe. Bedink, wat die latere mense, almal vanweë jou sal moet verloor, sodat hulle vir die ewige lewe gered mag word, en hulle sal nie verskrik mag word in hulle naam as hulle deur deur My hoor uitspreek nie! Jy het baie erg geskrik, terwyl jy nou tog voortdurend versamel en niks meer het om te verloor nie, maar alleen te wen, en jy het al oneindig veel gewen; want die grootste wins staan nou voor jou!

[9] Herken Hom, dan sal jy vir ewig sonder vrees wees, hier en eendag vir ewig in die vrede van die ewige liefde! Amen."

[10] Nou herstel Adam Homself, begryp die sin van hierdie woorde en sê: "Luister, my nou bo alles geliefde Asmahael, U sien my hart en ken my vrees! My skrik is immers `n skrik uit liefde! U liefde het my swak gemaak, sodat ek U nie daarop wou en kon antwoord nie; U weet tog sondermeer hoe dit gebeur het dat die oorgelukkige geen mag meer oor Sy woorde het nie!

[11] O Asmahael, daarom geskied vir altyd maar net U wil! Indien U wil, dan kan en sal ons immers graag vertrek en aldus sal dit geskied!"

[12] Hierop sê Asmahael: "Laat My dus onbekend bly en sorg dat iedereen wat My nie ken nie, Homself dadelik gereedmaak om verder te reis! Maar laat Ek julle tydens die reis heeltemal alleen volg, daarvoor kom jy dan met Eva en vooraan Henog met Jared; so sal die stoet deur het digte bos trek tot by die laer liggende gebiede van middernag! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205