Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die ware kerk op aarde

So het JaHWeH tot en in my gespreek vir ieder en elk; en dit is waar, getrou en gewis:

4 My Barmhartigheid is `n kosbare skat; wie dit verkry, sal tydelik en ewiglik geen tekort aan enigiets hê nie, daarom moet elkeen hom bemoei, om dit onmiddellik sy eie te maak. Ek gee dit aan elkeen wat Hom graag wil hê.

[2] As julle vergifnis van julle sondes wil hê, dan sal dit vir julle vergewe word. As julle ware boete sal doen deur Jesus, wie My lewendige Woord is en die Liefde in My; die poorte van die hemele staan oop en wanneer julle wil inkom, kan julle inkom en daar die Aangesig van julle heilige Vader aanskou; Die EK IS, die ewige God JaHWeH.

[3] Dit kan julle doen deur middel van die lewendige Woord, wat Jesus die Gesalfde is, of die ewige Liefde en Wysheid in My, waaruit alles vloei wat goed en waar is. Die Liefde is vir julle gegee van die begin af; want Sy is die eintlike lewe in julle, soos die Mag in My skeppingswerke, wat inderdaad ook uit My Liefde voortgegaan het, maar tog nie die Liefde self is nie, omdat in Haar geen vryheid is nie, maar net die werking van die Liefde, wat so te sê sonder lewe is, - daarom ook alles wat ontstaan het uit die Mag, wat so te sê dooie materie is, wat net `n skynbare lewe het, maar in werklikheid is dit die dood.

[4] Daarom, wanneer iemand sy liefde vir die materiële wêreld gee, word sy liefde in werklikheid deur die dood platgedruk en die gevolg is dan die lot van die materie of die dood.

[5] Maar wie sy liefde na My toe rig en heeltemal aan My oorgee, dié verbind sy liefde weer met die Liefde of met die Lewe van alle lewe; hy word dan volkome lewendig.

[6] Die Liefde is so te sê blind en donker en daardeur juis vry en onafhanklik, maar ook juis daardeur in groot gevaar om Haarself te verloor en ten gronde te gaan.

[7] Daarom gee Ek aan almal my gerigte liefde, volgens die graad en grootte daarvan. Onmiddellik ook die gepaste aandeel van Lig en dit is `n geskenk en heet Barmhartigheid; daarmee vloei Ek by elke mens in volgens die graad van sy liefde:

[8] Wanneer iemand die liefde het, omdat hy My Wet in hom lewendig gemaak het, wat die hoogste Liefde is, oor hom sal strome van Lig uitgestort word en sy oog sal die aarde deurdring en sal die dieptes van die hemele aanskou.

[9] Sê dit vir die kinders en sê dit vir almal, watter geloof hulle ook al aan behoort - of Rooms, of Protestante, of Joodse, of Turke, of Brahmaan, of duistere heidene, - kortom vir almal sal dit gesê word: Op aarde is daar net een ware kerk en dit is die Liefde vir My in My Seun, wat egter die Heilige Gees in julle is, en word aan julle geopenbaar deur My lewendige Woord en hierdie Woord is die Seun en die Seun is My Liefde. Hy is in My en Ek deurdring Hom volledig en Ons is een en sodoende is Ek in julle en julle siele, waarvan die hart My woonplek is, en dit is die enigste ware kerk op aarde. In haar is die Ewige Lewe en sy is die alleen Saligmaker.

[10] Ek is Heer oor alles wat daar is! Ek is God, die ewige en magtige en as sulks is Ek ook julle Vader, die heilige en liefdevolste en dit alles is Ek in die Woord; die Woord egter is in die Seun en die Seun is die Liefde en die Liefde is in die Wet en die Wet is vir julle gegee. Wanneer julle die wet doen en daarvolgens optree, dan het julle haar in julle opgeneem; dan word sy lewendig in julle en verhef julle en maak julle vry en julle is dan nie meer onder die Wet nie maar bo haar in die Barmhartigheid en Lig, wat alles My Wysheid is.

[11] En dit is die saligheid of die ryk van God in julle; of die alleen saligmakende kerk op aarde en in geen ander is die Ewige Lewe, as net alleenlik in haar nie.

[12] Of meen julle dan dat Ek in mure, of in seremonies, of in die gebed, of in verering woon? O nee, daar misgis julle julleself geweldig, want daar is Ek nie, - maar net waar die Liefde is, daar is Ek ook; want Ek is die Liefde of die lewe Self. Ek gee vir julle Liefde en lewe en verbind My net deur Liefde en die lewe, maar nooit met die materie of die dood nie.

[13] Want daarom het Ek die dood oorwin en God aan My onderdanig gemaak, sodat Ek alle Mag het oor alles wat daar is en My Liefde heers vir ewig en maak alles lewendig wat aan Haar onderdanig is.

[14] En hoe dink julle dan dat Ek vir julle in die dood wag, terwyl Ek tog die lewe self is? Gaan daarom eers in die ware kerk waar daar lewe is, en dan in die dooie, dat sy deur julle lewendig kan word!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205