Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 53

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Adam se verwondering oor die wysheid van Henog

53 En nadat Adam hoogs verras sulke woorde uit Henog se mond gehoor het, vryf hy homself oor sy voorhoof, slaan sewemaal op sy bors en sê ten slotte:

[2] "O liefde, wat is jy, dat ek nie vir jou kan kwaad wees nie?! O Henog, luister, jy is `n geweldige redenaar; want jy het my duidelik my skuld getoon en jy raak kragtig die kante van my aan, wat vanaf Abel tot nou toe vir elkeen `n onaantasbare heiligdom gebly het. Maar wie kan kwaad word vir jou, omdat jy woorde spreek wat nie op jou bodem gegroei het nie, maar wat die suiwerste woorde is van die ewige liefde?!

[3] Want soos wat jy spreek, kan geen mens spreek, tensy dit hom van bo gegee is nie; en ook sou niemand die krag gehad het om vir my iets te sê, indien daar nie so `n groot gees aan hom gegee was deur die ewige mag van die liefde van die heilige Vader nie.

[4] Jy spreek egter sonder skroom vanuit die mag van jou groot liefde tot God en jy deel uit die groot houer en sodoende het jy geen verantwoordelikheid nie; want deur jou liefde word alle skuld verantwoord en sodoende ook myne. En ek kan jou niks anders sê as dat jy sekerlik `n man na God se hart is; want as jy spreek, dan bewe my hart soos die van `n kind in die duister stormnag en as jy bid, dan ween my hele liggaam.

[5] O Henog, jou woorde lyk altyd soos `n opgaande son, wat mens in die begin baie bly in die gelaat kan sien; maar as hy homself steeds hoër verhef, dan moet elke waarnemer ook sy gesig bedek, want die duister oog van die mens kan nooit so `n stralekrag verdra en daarby sy gesigsvermoë bly behou nie.

[6] O Henog, jy het my nou sodanig baie gesê, dat ek dit in die lewe op aarde wel nouliks heeltemal sal begryp en jy maak my bly en bedroef, - bly, omdat jou engelegees nog nooit so helder as nou uit jou gestraal het nie, - bedroef egter, omdat jou lig, sterker as die van die son, vir my besonder duidelik my onnoembare groot onvolmaaktheid voor God en Sy ewige heilige ordening getoon het!

[7] Maar as ek weer daaraan dink, dat jy, beste Henog, ons gister op die onverwagte koms van die ewige Liefde gewys het, dan word ek weer vrolik as ek jou slegs aankyk en bedink dat jy `n liefling van die groot, heilige Vader is, waardeur jy dit ook lewenslank uit my geword het en dit sal ook so bly, solank ek nog op hierdie aarde sal wandel, en tot aan die einde van alle tye sal jou naam net soos myne bly voortbestaan.

[8] Henog, laat ons nou weer na die woning terugkeer, waar Set sekerlik al `n ontbyt vir ons berei het; na die ontbyt sal ons hier en daar die kinders besoek wat aan die werk is en hulle verbly met ons aanwesigheid; hierby moet ook aanwesig wees Eva, Set en sy eerste seun Enos en verder nog Enos se eerste seun Kenan, die siener, en verder ook nog Kenan se eerste seun Mahalaleël en ook die se eerste seun, jou vader Jared, en jy gaan aan my regtersy; - en so sal ons die môre nuttig bestee. In die middel van die dag sal ons `n versterking tot ons neem waarby ons vooraf en na afloop hardop `n lofrede aan die Heer sal uitspreek; die namiddag sal ons al mediterend weer in my woning deurbring en die groot besoek van gister goed oordink.

[9] Laat jou mond nooit gesluit wees nie; want almal het behoefte aan jou woorde. Dink in die besonder daaraan om môre met jou geseënde tong vir jou vaders en broeders die vrye Sabbat te wy; en soos jy netnou sonder terughoudendheid gespreek het, doen dit ook vandag, môre en voortaan altyd!

[10] En kyk nou, daar kom Set ons reeds tegemoet geloop, laat ons dus gaan! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205