Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die ontwikkeling van Kain se geslag

25 En sien, toe verdwyn Abel, en Atheope eet vir die eerste keer in sy lewe heeltemal opgewek en bly van die vrugte en doen presies soos aan hom beveel was.

[2] En so bevolk sy laatste nakomelinge almal dan die eilande in die water tot op die dag van vandag en na die groot verdelging van die slang gebroedsel deur die vloedstrome uit die hemel, ook die groot wêrelddele wat julle huidiglik "Afrika", "Amerika" en "Australië" noem. En sy stam is nie gedood deur die vloedstrome nie en is tot op hede vandag nog dieselfde, om te getuig van die toenmalige en hedendaagse gruweldade van my en Hanoch se kinders.

[3] En sien, so leef hierdie Atheope nog, natuurlik en geestelik, tot op die oomblik as `n nimmereindigende waarnemer van julle doen en late, verborge op `n klein eilandjie, wat geen sterfling ooit sal vind in die middel van die groot water nie!

[4] En sien, hy eet en drink allerlei soorte vrugte en verwek in die volgende duisend jaar nog sewehonderd kinders. Toe word hy egter deur My hernu en eet en drink nie meer nie, omdat hy vir die ewigheid versadig was deur My liefde, dit is die beste kos wat daar is. Want wie daarmee versadig word, sal die dood vir ewig nie sien, smaak en ondergaan nie en hy sal dan nooit honger of dors ly nie. En sy sterwe sal `n lewende uittrede wees uit die lewe na die lewe in die lewe van die lewens van die lewendes, deur die Lewende wat Ekself is.

[5] En aldus versadig leef Atheope nog tot op hierdie uur liggaamlik as die eerste menseseun in die wydse aanblik van die aarde en kan die doen en late van alle mense sien en is gevolglik `n ou getuie van al My dade tot op julle geslag.

[6] Hy ken vir Noag, Abraham, Moses, al die profete en Melgisédek, die hoëpriester.

[7] En hy was getuie van My geboorte en My nuwe skepping deur die grootste van al My werk, naamlik deur die werk van die verlossing. En so sal hy ook bewaar bly tot by die volledige neerdaling van My heilige stad, wat nog nie `n aanvang geneem het nie. Aldaar sal hy ook heeltemal opgeneem word as `n troue poortwagter; want behalwe Myself, ken niemand die slang so deur en deur as hy, wat die meeste van haar ondervind het nie.

[8] En sien, dit is die geskiedenis van Kain, wat nou aan julle gegee is om ryplik oor julleself na te dink, sodat julle daardeur vroeër en makliker die fynste wortels van die bose in julleself mag vind en herken om dit tot in hulle diepste grondslae te vernietig, om sodoende in My liefde die reeds so lank verlore paradys weer te vind en eindelik ware, getroue burgers van My nuwe, groot, heilige stad te word, omdat Ek vir julle almal die allertrouste, allergewyde en allerbeste Vader is van alle ewighede van die ewighede. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205