Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 105

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Jared vra na die wese van Asmahael

105 Die stoet trek nou die woud in en alles was stil; slegs Jared kon nie swyg nie en vra aan Henog: "Luister, my seun, het ons `n gebod om onderweg te swyg?"

[2] Waarop Henog antwoord: "Ek kan my geen andere herinner as slegs die raad dat `n mens altyd in stilte moet loop nie; ek vat dit net dat dit gaan as jy loop op die lewensweg, maar nie die gaan met die voete nie!"

[3] En Jared antwoord: "As dit so is, dan het ons tong, net soos ons voete, geen kettings onderweg wat ons hinder nie en kan ons tog na hartelus praat; en maak aan my, jou vader, nou bekend met wat daar met Asmahael aan die gang is! Is hy `n beliggaamde engel, met alle mag toegerus, of is hy - halt, nie verder nie! - kort en goed, sê my hoe jy daaroor dink! Amen."

[4] Henog antwoord kort: "Liewe vader, ek sê vir jou: Hy is - halt, nie verder nie! - en nou is Hy voorlopig `n mens netsoos ons, maar vervul van goddelike krag en mag - halt, ook hier nie verder! - Amen; begryp dit! Amen."

[5] En weer begin Jared: "My liewe seun Henog, dit sou goed wees as ek dit kan begryp! Maar dit is nou juis waarom ek dit van jou vra, omdat ek het nie begryp nie en tog bo alles graag sou wil weet wat daar werklik met Asmahael gaande is! Want sien, ek was na jou vorige woorde heeltemal gerusgestel gewees en was met alles tevrede; maar nadat Asmahael na ons toe gekom het en aan die einde van Sy woorde in `n sekere sin laat deurskemer dat, wanneer iemand hom in Sy eie woning opgeneem het, of indien hy in iemand se woning intrek, hierdie persoon rede het om homself hoogs gelukkig te voel - want waar hy intrek, daar het die ewige lewe ook ingetrek -!?

[6] Sien, so in hierdie trant het hy Hom in die besonder - netsoos ek gemerk het - tot my gerig! Sê my nou egter, beste Henog, of besef by jouself, dat jy tog wel nie heeltemal wys moet wees om `n dergelike woord nie dadelik op `n wese van hoër orde te betrek nie?!

[7] Welke mens sou so-iets ook maar vergelykenderwyse van homself, ja korrek van homself, verklaar, so asof hy God in eie persoon sou wees?

[8] Maar Asmahael betrek dit, sonder dat hy dit op God betrek, maar net direk op homself! Kan `n mens ook so-iets doen, sonder vrese dat die aarde uit toorn en die grootste veragting en om haarself te wreek, die misdadiger vir ewig in haar grote vuurbuik sou verslind?!

[9] Sien, jy is beslis die meeste verlig van ons almal; maar durf jy iets dergelik van jouself beweer?

[10] Sekerlik, jy sou eerder jou mond met modder volstop, as wat jy met jou tong `n dergelike vergryp sou wou bedryf!

[11] Wie is dus diegene wat van homself kan sê: "Ek is die lewe!", of: "Waar Ek intrek, daar het die lewe, ja, die ewige lewe Sy intrek geneem in `n mens!"?

[12] Henog, ek sê vir jou, wie dit van homself verklaar en die aarde word nie boos vir hom nie en die magtige tier Onder hom is soos `n lam, die is en moet immers vrywel God self wees in Sy bewuste krag en mag, netsoos ek in my vreesagtigheid slegs `n mens is; anders sou die hele aarde self niks anders as `n saamgestelde leuen wees, indien sy in staat was om `n mens te dra wat homself op so `n manier voor God sou uitgee, en tog niks anders sou wees as `n swak mens soos ons nie, - nogtans getuig Asmahael se lewendmakende woord reeds meer as voldoende van die teendeel.

[13] Nou, as jy kan en wil, weerlê dan my verklaring; maar ek glo dat jy so-iets wel baie goed uit jou kop sal laat! Maar omdat ek dit uit jy eie mond wil hoor, sou ek nou graag in kort jou mening verneem en spreek dus! Amen."

[14] En Henog antwoord: "Liewe vader, wanneer dit so is as jy glo en dat dit ook nie anders kan wees blykens jou uitleg nie, wat op goeie gronde staan, dan is immers elke woord van my daarna volkome oorbodig! Of moet ek uit Asmahael dit maak wat Hy nie is nie, of maak dat Hy diegene sou wees wat Hy tog alreeds is? Sien, so-iets sou geen enkele nut hê nie!

[15] Ek meen egter, waarom sou iemand wat God geestelik en waaragtig in Sy hart liefhê, Homself daaroor bekommer of Asmahael God is of dat God met Hom is?!

[16] Maar laat iedereen Homself daaroor bekommer dat God met hom self is, deur die ware, reine liefde tot Hom!

[17] Maar as jy God bemin, - wees dan daarvan verseker dat Asmahael nie vir jou boos word nie! En het jy Asmahael lief, netsoos jy God liefhet, dan sal God jou in Sy liefde nie daaroor vergeet nie; wees ook daarvan volkome verseker, - dit begryp jy tog? Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205