|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 62
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Die patriarge het begrip vir Henog se woorde
62 Sien, dit was korrekte woorde, en tog was dit nie heeltemal duidelik vir die vaders nie en daarom vra Adam aan al sy kinders wat om hom heen staan:
[2] "Kinders, het julle almal nou die woorde van Henog goed begryp?"
[3] Set antwoord: "O vader, hoe sou ons dit in sy geheel kan begryp, aangesien die saad eers kort gelede gelê is?! Ons het weliswaar die skaal met die kiem en die steen met die lewe ontvang; maar die ontbinding van die materie, sodat dit lewend kan word, het nog nie daarop gevolg nie. Maar ek het die vaste vertroue, dat die tyd van die Heer dit sekerlik sal doen en ons harte sal omvorm tot `n nuwe paradys! Amen."
[4] En Adam vra verder aan Enos of hy dit begryp het. Hy antwoord: "O vader, eens het ek `n hoop vormlose, klomp klippe gesien lê; hulle het almal dieselfde kleur gehad. Spoedig val daarop `n vrugbare reën uit die hemel en hierdie reën val ook op die hoop klippe; hulle suig begerig elke druppel in hulleself op, omdat die son die klippe vooraf deur en deur verwarm het. Hulle damp, verruk deur `n dergelike afkoeling, selfs so sterk, dat ek vanweë die geweldige dampvorming nie in staat was om dit te sien nie. Gedurende die reën steek `n klein stormpie ook nou op; dit verdryf die dampe bokant die klippe en ek kon hulle weer sien. Maar hoe het hulle nie verander nie!
[5] Die een kleur het tot duisende kleure geword en dit binnegedring, water het hulle volkome deursigtig gemaak en sommige het uiteengeval tot `n wit bry; en daardeur was ek maar al te goed in staat om hulle mees uiteenlopende bestanddele duidelik te sien.
[6] So glo ek ook nou om `n dergelike hoop klippe, wat deur die barmhartigheidstrale van bo baie sterk verwarm skyn te wees, vir my en in my te gewaar en nog is daar weinig onderskeid daartussen; maar ek glo nou ook vas dat as die reën sal kom, deur storms begelei, dan met my klippe dieselfde sal gebeur as met dit wat ek vroeër gesien het. Die deursigtige klippe sal lyk soos volledige begrippe wat uiteengeval het na ontbinding, waaruit `n nuwe lewe uit die aarde van my hart sal ontkiem, net soos daar uit die wit bry dadelik weelderige, jong gras opkom. Amen."
[7] En daarna word Kenan dieselfde gevra; sy antwoord lui: "O vader, onlangs sien ek op `n swoel, hete dag, dat die verder weg geleë berglandskappe hoe langer hoe meer begin te vervaag en dit help nie dat ek my ekstra inspan om te sien nie; kortweg, hulle verdwyn ten slotte heeltemal, en al die lig van die son was nie in staat om die steeds naderende en dergelike verderf teë te gaan nie. En so word deur `n dergelike newelagtige onding ons naaste, steil, hoë bure verslind; die aarde boesem my vrees in en daarom vlug ek my woning binne.
[8] In die nag kom daar `n onweersbui. Bliksemflitse en gedonder wedywer in al hulle mag. Die een storm verdryf die ander. Windstote raas by my woning verby en `n stortreën, waarvan die gloeiende strome op die toppe van die berge uiteenspat, stroom uit die hemel neer om vervolgens donderend en skuimend deur die diep trôe en dale in die see te stort.
[9] O vader, toe word elkeen in die huis gegryp deur `n groot, bedwelmende angs en vrees vir God!
[10] Ek bid. Die onweer trek weg. Teen die môre word dit rustig; toe verlaat ek voor sonsopgang my woonplek en kyk verbaas en dankbaar in die verte. O, dit was `n baie helder môre en my oog ontdek daar dinge in vroeër onvermoede vertes en sien wat in `n vriendelike aandoenlike bestaan tree.
[11] En daarom het ek ook nou die vaste geloof, dat na hierdie stormagtige nag vir my hart, `n tegelyk rustige en bo alles helder môre in en deur die liefde tot God, ons aller liefdevolle, heilige Vader, sal opgaan. Amen."
[12] Nou geld die vraag vir Mahalaleël, of en hoe hy die woorde van Henog wel begryp het.
[13] En hy antwoord op sy kort manier: "O vader, onlangs op `n môre neem ek my voor om so lank ek kan, na die son te kyk; ten einde daarin miskien net soos in die vol maan, iets te ontdek. Maar ek ondervind vinnig die straf vir my dwaasheid, want baie gou was my oë nie meer in staat om die groot, brandende hewigheid van die lig nog langer te verdra nie; sien, toe wend ek my oë af van die son en bemerk met groot angs, dat ek nie meer in staat was om nog iets te sien nie; ja ek raak selfs die kontak met myself kwyt en wel sodanig dat ek die aarde en myself slegs kon voel, maar nie meer kon sien nie.
[14] En ek verkeer die hele dag in die toestand en merk die aand nouliks, hoe die nag homself allengs oor die aarde begin versprei.
[15] My kinders gelei my in my woning in; daar bid ek tot die goeie, heilige Vader, dat Hy my die lig van my oë, wat ek deur my groot dwaasheid verloor het, barmhartiglik weer terug sou gee. Daarna slaap ek in, en die nag skenk ryklik dou oor my ooglede en verkoelde lug waai oor my verhitte oë en verkoel die sonbrand in my gesigsvermoë. Die nag verstryk - aan die goeie, heilige Vader dank en eer! - voor my staan weer `n rustige, helder, rein en fris môre. My gesigsvermoë was versterk, egter nie meer tot `n nuwe dwaasheid nie, maar tot die aanskouing van die vlaktes van die aarde vol blomme en tot die waarneming van die tallose vorms en die helder figure van vry ontwikkelende lewe nadat dit eers ontbind was.
[16] En daarom het ek ook die vaste geloof: Al is my geestesoog ten gevolge van die te groot barmhartiheidslig uit die heilige hoogtes van God nou ook verblind, dan sal `n stille nag van rus vir my hart en die verkoelende dou van die liefde, ondersteun deur `n kragtige, lieflik waaiende wind uit die hoogte van die goeie, heilige Vader, ook weldra op die groot môre van die Gees oor die landerye van my hart `n wonderbare lewe uit die ontbinding van my koue gedagtes en gevoelens laat ontstaan. Amen."
[17] En toe kom die beurt ook van Jared en hy gee die volgende antwoord: "O vaders! Wat moet ek nou as `n antwoord gee? Henog het weliswaar in die eerste plek uit my voortgekom, soos die son uit die aarde agter die berge skyn voort te kom; maar baie gou styg sy hoog uit bo die vlaktes van die aarde en bestraal dan indrukwekkend die eindelose ruimte en dan baai die gehele aarde haarself skitterend in die oorweldigende strale van haar lig; en dit wek al die lewe op tot `n vrolike aktiwiteit en tot `n talryke, wonderbaarlike ontplooiing uit die afsterwe van die nag!
[18] Daarom leef ek dan ook in die vaste oortuiging: Henog word net soos die son tot `n onmeetlike hoogte bo my uit verhewe en nou word my hele wese deur sy groot lig verblind. Maar die heilige lig hoef slegs net soos die lig van die son te werk en dit sal tot `n seën word vir my nag; want net soos die lig die lewe bewerkstellig en die lewende kiem uit die ontbinding te voorskyn trek, hom vorm en hom dan op wonderlike wyse lei, sal ek seker, nie minder as `n plant synde, in die stille rus van my deemoed deur die Heer bedink word. O vader, daarvan is ek seker! Die Heer gee aan elkeen dit wat vir Hom welgevallig is! Amen."
|
|
|
|
|