Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Geheim van die Skepping

5 Wie ore het om te hoor, moet luister en wie oë het om te sien, moet kyk, Ek wil aan julle `n groot geheim openbaar, sodat julle kan sien hoe julle liefdevolle, heilige Vader ook van Aangesig tot aangesig aanskou en broederlik geniet kan word. Want die kinders moet tot in ewigheid ingewy wees in die groot Huishouding van hulle Vader!

[2] God was van ewigheid af die hele oneindigheid van die oneindige deurdringende Krag; en was en is en sal die ewige oneindigheid Self wees. In die middel van Sy dieptes was Ek van ewigheid af self die Liefde en die lewe daarin; Ek was blind soos `n embrio in die liggaam van My Moeder! God het Homself behaag in die Liefde en het heeltemal op Sy Liefde in beweeg. Die Liefde het al hoe warmer en warmer in Sy sentrum geword en massas en massas van God het daarheen beweeg en alle magte en kragte het daarop afgestorm.

[3] Daar het `n groot geruis, `n gebruis en `n gewoed ontstaan en die Liefde het angstig en van alle kante so bedreig gevoel, dat die Liefde tot in Haar binnenste begin bewe het! En die Liefde het dit gewaar en die geruis het `n toon geword, maar die toon het in die Liefde `n Woord geword en die Woord het gesê: “Laat daar Lig wees!” En daar ontbrand in die Hart die vlam van die ontsteekte Liefde en daar was Lig in alle ruimtes van die oneindigheid!

[4] En God het in Homself die groot Glansrykheid van Sy Liefde gesien en die Liefde was versterk met die Krag van God. Sodoende het God Hom vir ewig met die Liefde verbind en die Lig het uit die warmte voortgegaan.

[5] Die Liefde sien toe al die Glansrykheid, waarvan daar in God geen einde is nie en God het gesien hoe dit alles uit die Liefde in Haar oorgedra is en die Liefde het in God Haar gedagtes raak gesien en het `n groot welbehae daarin gehad. Toe ontbrand die Liefde van nuuts af en die Kragte van God het om Haar geruis en die gedagtes van die Liefde, was self liefde en was sonder getal.

[6] Toe sien God Sy Glansrykheid en die Liefde het Sy Mag gevoel en toe spreek die Liefde in God: “Laat ons die gedagtes van die Glansrykheid vashou en dit na buite plaas, sodat hulle vry kan word en Ons kan voel en sien soos wat Ons hulle voel en sien en Ons vir hulle gevoel en gesien het, nog voor die lig hulle vorms verlig het!”

[7] En die Woord het oorgegaan in God en Sy was orals die liefde. Toe spreek God vir die eerste keer: “Dit sal!” En daar het `n groot aantal Geeste uit God vry geword, wie se getal geen einde het nie en die Liefde het Haarself oneindige kere sien vermenigvuldig en Haar oneindige skoonheid volmaak gesien.

[8] Maar al die wesens was nog nie lewendig nie en het nog nie gevoel en nog nie gesien nie, want hulle was nog buite die Liefde, in goddelike vasgevangde vorms.

[9] En die Liefde was jammer en Sy roer Haar en die geroer styg op in God en God het Sy gevangenes vir die Liefde gegee en die Liefde het alles deurdring. Toe word die vorms lewendig en was verbaas teenoor mekaar en het warmte by die strome van vlamme van die goddelike Liefde gesoek en het daardeur selfstandige beweeglikheid en bedrywigheid gekry! Maar hulle het hulleself nog nie herken nie.

[10] Toe spreek die Liefde weereens: “Laat Ons dat hulle hulleself kan herken, sodat hulle dan vir My en deur My ook vir U mag herken!”

[11] Toe styg die Woord weer in God op, wat die Woord gehoor het en die Woord het Wet geword en die Wet was die Liefde en het in almal oorgestroom.

[12] Daar word toe drie gevorm en vanuit hulle het sewe voort­gegaan! En die drie, was die Liefde, die Lig en God; die sewe was die sewe Geeste van God en hulle heet en sal vir ewig heet:

[1] Bemin die Liefde.

[2] Vrees God wat doodmaak, - sodat julle nie dood­gemaak word nie.

[3] Die Liefde in julle is gewyd; respekteer daarom mekaar, net soos die Liefde in julle vir God respekteer en vreugde in julle het.

[4] Elkeen is Sy eie eiendom en die eiendom van die Liefde van God; daarom moet die een die ander een nie beroof nie.

[5] Niemand mag ooit sy aangesig voor die ander bedek nie sodat die ander een nie weet wie die Liefde is nie, - daarom is julle soos die Liefde wat julle gemaak het.

[6] Julle innerlike moet ook soos julle uiterlike wees, sodat geen valse roeringe in julle ontstaan en julle tot niet sal gaan nie.

[7] Julle uiterlike is die getroue refleksie van julle innerlike spieël, waarin die Liefde van God Haarself aanskou; anders sal die innerlike spieël breek en julle voorkoms sal vreeslik wees.

[13] Met `n donderslag het God in die oneindige ruimtes aan die oortreders `n vreeslike strafoordeel afgekondig. Sodoende was die aanbidding van God in die Allerhoogste vrees beveel en dit was aan hulle opgedra deur die Liefde van die Liefde en hulle was uitgeplaas in die hoogste vryheid en kon doen wat hulle wou. Niks sou hulle hinder in hulle vryheid tot op die tyd, wanneer hulle mekaar in hulle vryheid en in nederigheid herken het nie. Sodat die Wet hulle eie kon word en hulle dan volkome vry sou word.

[14] Maar hulle het hulleself nou in hulle groot mag herken en in hulle alles oor stralende glansrykheid en majesteit en die boonste een van die drie, gelyk aan die Lig van God, het in sy begeerte ontbrand om God volledig oor te neem. Deur hom het `n groot gedeelte van die geeste ontbrand wat uit hom voortgekom het; en deur hulle het God ook in Sy toorn ontsteek nes, die twee laer geeste van die drie en slinger toe die besoedelde bende in die dieptes van die dieptes van Sy toorn.

[15] En die twee en die wat uit hulle voortgekom het en die sewe, wie se getal geregverdig was, was in getrouheid en nederigheid regverdig bevind en was opgeneem in die kringe van die Mag van God. Die Liefde het gesien dat hulle suiwer bevind was en was verheug oor hulle volmaaktheid. Die Liefdeskrag van God in die Liefde het opgestyg en God het beweeg en die skepsels het die beweging van God waargeneem. God het na Sy Liefde beweeg en vir die skepsels is die oë geopen en het hulle vir die eerste keer die ewige Liefde gesien.

[16] Toe raak die tallose skares verbaas en `n groot gejubel en `n groot vreugde het onder hulle ontstaan, want hulle het die Mag van God in die Liefde gesien en het die Liefde in hulleself gesien en ook die Krag waaruit hulle ontstaan het en het mekaar herken en het die Liefde herken en het vir God herken.

[17] God het geroer en die skepsele het God gevrees, en die Liefde het hulle vrees gesien en bevind dat hulle vrees geregverdig was. Die vrees het hulle gehoorsaamheid geword. Die gehoor­saamheid was hulle nederigheid en die nederigheid was hulle Liefde. Die Liefde was hulle Wet en die Wet hulle ewige vryheid. Die vryheid was hulle lewe en die lewe hulle verlossing vir ewig.

[18] Die ewige Liefde het met hulle gepraat en hulle het die Woord verstaan! Hulle tong het losgeraak en die eerste woord wat oor hulle lippe gekom het was Liefde en God het gehou van die toon van hulle spraak; en God was geroer deur die Liefde. Die beweging het vorm aangeneem in die skepsels en die vorm het `n toon geword en die toon was die tweede woord en heet - God.

[19] En nou eers was die skepsels vervolmaak en die Liefde het vir die skepsels gesê: “Die eerste onder julle het verlore gegaan; daarom neem Ek sy plek in en sal onder julle wees vir ewig!”

[20] Toe word hulle tonge weereens los; en hulle knieë het gebuig en hulle het die Liefde aanbid.

[21] Kyk wat die Liefde alles gedoen het en God in Sy Liefde en die Liefde in God! - En die Liefde was jammer vir die wat verlore was; maar God het begin bewe in Sy toorn en daar was in al die ruimtes van die oneindigheid van God `n groot donderslag gehoor en die donderslag het deurgedring tot die binnenste van die ewige Liefde en die Liefde alleen het die donderslag van God verstaan en die donderslag het Woord geword en gesê: “Alle mag sal U onderdanig wees. Doen volgens U eie welgevalligheid en sê "Dit sal!" en dit sal gebeur!”

[22] En sien, die Liefde was tot in Haar binnenste ontroer en die eerste traan het uit die oog van die ewige Liefde gevloei en hierdie traan het uit die Hart van God gevloei en het geheet en heet en sal vir ewig heet, Barmhartigheid.

[23] Hierdie traan het `n groot meer geword en die waters het uitgebrei tot in alle ruimtes van die oneindigheid en het ook die dieptes van die diep Toorn van God bereik en het die vuur van die Toorn van God versag.

[24] En kyk, die Gees van God het in Sy Krag saggies oor die waters van Barmhartigheid gewaai en die waters was verdeel en God het uit Sy Liefde gepraat en Sy Liefde was die Woord en die Woord het gedaal na die dieptes van die dieptes en het gesweef oor die waters en die waters was geskei soos doudruppels en was verdeel in groot en klein, volgens die getal van die wat verlore was, wat nie `n einde in alle ruimtes van die oneindigheid het nie.

[25] Die laaste druppel wat oorgebly het, was die sentrum van die waters en was die heel binnenste van die Barmhartigheid en dit was nie verdeel nie, maar het gebly waar dit oorgebly het en was bestem as die middelpunt van die toneel vir die grootste daad van die ewige Liefde.

[26] Sien hierdie laaste druppel was geskep as die aarde wat jy en jou broeders bewoon! En die ander druppels was geskep as sonne, aardes (planete) en mane van verskillende soorte, watter getal daar geen einde het nie. So het die sigbare hemele met die sterre, die sonne, die mane en die sigbare aarde met die mere en vastelande ontstaan!

[27] Kyk en lig jou oë na bo en jy sal die wonders van die ewige Liefde begryp! Jy sal te alle tye die glans van die son sien, die lig van die maan en die glinstering en flikkering van die sterre in hulle veelvoudige posisies, wat julle die sterrebeelde noem. Jy sien ook die mees verskillende formasies in die drie ryke van die natuurlike aarde. Maar tot nou toe, het niemand nog behoorlik begryp wat en waarvandaan die glans van die son kom nie; hoe dit aan haar toebedeel word en die lig van die maan, die glinstering van die sterre en hulle geflikker; ook nie hulle veelvoudige konfigurasies en al die voorkomste op aarde nie.

[28] My kinders moet in alles ingewy word. Van al die mooi dinge wat hulle heilige, liefdevolste Vader het, om aan Sy kinders weg te gee, naamlik die wat Hom herken en bo alles liefhet en ook mekaar liefhet uit liefde vir hulle Vader.

[29] Terwyl al die sonne met hulle aardes (planete) deur die Mag van die barmhartige Liefde, van die ewige en oneindige God ontstaan het, het hulle nog nie `n glans gehad nie. Geen lig, geen glinstering en geen geflikker nie. Dit was nog nag op die sonne, aardes (planete) en mane wat in wording was; maar in die sentrum van die sonne het die ewige Liefde `n klein Vonk, van Sy Barmhartigheid geplaas en hierdie Vonk het vinniger as `n weerligstraal die donker massas verhelder. Dit het lig gegee aan die aardes (planete) met `n groot glans, soos wat hulle vandag nog lig en sal lig solank as die Vonk van Barmhartigheid nie van hulle weggeneem sal word nie.

[30] En kyk; toe het die aardes (planete) en mane ook `n glans gekry en is toebedeel aan die sonne in regverdige hoeveelhede en die Liefde het Haar Asem oor hulle geblaas deur die Krag en Mag van God. Die lig op die sonne het begin bewe. Die mere van die aardes (planete) het in vloede gegolf en gekolk en die lug en winde het oor die aarde gesuis en gewaai soos die Gees van God oor die waters van die Barmhartigheid! En die mane het magtig bo die aarde uitgestyg, wat vir hulle gegee was soos die vrug vir `n boom en het begin om die aardes (planete) in wye bane te omwentel as voortdurende begeleiers van hulle ontstaan; en waar daar baie was, is hulle in vaste kringe verenig as teken van die Liefde vir die kinders, wat aanhoudend die Aangesig van hulle Vader moet aanskou. Soos die mane vir die aardes (planete). Sodat hulle, as gevolg van hulle los samestelling, nie uit hulle bane geruk en vernietig word nie.

[31] Die mane wat nie vas is nie, maar baie los is, en soos die skuim van die see is, wanneer dit meer vas en gekonsolideer raak, is kaal en sonder water. Die lug van die aarde is soos die water van die see en die lug soos die eter tussen sonne en aardes (planete) en hulle (die mane) is bestem om die wêreldlinge op te neem en om die geeste van die materie te dra. Ook hulle bestendigheid te toets en om hulle ryp te maak vir die ontvangs van die Barmhartigheid.

[32] En die vasteland van die aarde is die gedeelte van die toorn van God, wat deur die Barmhartigheid gekalmeer is en omsluit die afgedwaalde geeste met vaste bande. Tot en met die bepaalde tyd van hulle nie bewustelike ontbinding. Waar hulle dan in `n sagter, maar nog steeds vir hulle, voldoende vaste materie, enkel gebind geplaas sal word. Waaruit hulle dan weer deur die ewige Liefde opgewek sal kan voortgaan. Die mere en waters is vol van hulle, sodat hulle nederig kan word en die lug is vol van hulle, sodat hulle gesuiwer kan word. Die ewige Liefde is in al die vorms; maar die Toorn van God is net gedemp op aarde, maar nog nie opgehef nie.

[33] Slaan veral ag op die volgende: In die middel van die son rus die Vonk van Barmhartigheid en gee deur die toornvuur van God die lig vir die wêreld. Maar in die sentrum van die aarde is daar `n Vonk van die Toorn van die Grimmigheid van God soos `n vuurdraak en hou die besoedelde bendes gevange soos klippe, wat eers deur die waters van die Barmhartigheid sag moet word, sou een weer vir `n tweede toets van vryheid en `n Ewige Lewe ontbind moet word en begryp nou die geheim van jou wese en verstom jou oor die groot Liefde van die ewige Mag. Hoe dikwels Sy jou van nuuts af weer gebore laat word, om vir jou wat verlore was, vir die Ewige Lewe, vir die vryheid, vir die Wet, vir die Liefde en die Lig en vir die aanskouing van Haar Aangesig, weer te wen. Sien, dit alles wil Ek vir jou en daardeur ook vir baie ander bekend maak en gee om te herken, sodat julle uiteindelik sal kan insien, hoe buitengewoon goed die Liefde moet wees, terwyl Sy onverpoos so baie dinge, sulke groot dinge en sulke wonderbaarlike dinge vir julle ongehoorsames doen en duld!

[34] So is dan die beweging van die aardes (planete) gegee rondom hulle sonne, om hulle nader te trek, deur middel van die Asem van die Barmhartigheid, sodat die Liefde `n teken vir die kinders moet wees en hulle hulle bedrywighede kan orden, volgens die beweging van die aardes om die sonne, en die mane, om die aardes (planete). Die swakkes moet net soos die mane, die sterkes ook net soos die aarde, en die wedergeborenes moet ook soos die son wees en die swakkes moet die Krag van die Liefde aan hulle, wat hulle nooit sal laat val, wanneer hulle soos die mane, hulleself onophoudelik na die Aangesig van die Liefde toe rig om sodoende hulleself na alle kante, in kleiner sirkels te laat omwentel, maar tog deur die Krag daarvan, ook in die groter sirkels saamgetrek word en die sterkes moet soos die aarde wees, deur selfstandig te kan draai en om altyd gereed te wees, om die Lig en Warmte, uit die Barmhartigheid van die Liefde te ontvang, en daardeur lig en Warmte te gee, van die Lewe, deur die Krag wat in Haar is, sodat Sy vrug van alle soorte kan voortbring uit die werke van haar Liefde, sodat die swakkes versadig kan word en die ingeborenes verkwik mag word en die nuut geborenes verlustig sal word, sodat die wedergeborenes, uit die waters van die barmhartige Liefde, in wie die Barmhartigheid volmaak is. Sodat die son se lig orals kan skyn en hulle warmte die swakkes lewendig kan maak en die sterkes bevrug, as voeding vir die swakkes, sodat daar `n gemeenskap kan heers onder die kinders van een en dieselfde Vader.

[35] Ek wil jou duideliker laat insien hoekom en waarom Ek alles so uitgewerk het. Die maan het vlekke op baie plekke waar dit donker is. Die aarde het koue maar vaste pole en het hoë berge en laagliggende valleie en fonteine, spruite, riviere, strome, mere, klein en groot seë; ook het die son vlekke, groot sowel as kleintjies. Dit alles is werke van die Liefde en die Barmhartigheid, of die ooreen­stemmende Warmte en die Lig, wat alles die ewige Liefde en die Mag van God deur Haarself is. Daaruit kan jy aflei hoe die swakkes met die maan ooreenstem en daaruit sal sy wese vir jou ontsluit word. Beskou die sterkes in alles wat hulle doen, en voor jou oë sal ook die aarde se wese onthul word. Van een pool tot die ander pool moet die starre rus van die gees, in die Liefde, vir die Liefde, daar wees. Sodat alles wat om die gees is, in `n vaste orde kan beweeg en daardeur vir die gemeenskaplike doel, van ewige bestaan werksaam kan wees. Daarom hang alles af van die rus, waarsonder niks bereik kan word, as iemand nie soos die pole van die aarde, sy binneste deurdring, soos die lyn tussen die pole, die sentrum van die aarde deurdring nie en julle liefde moet koud wees, soos die ys van die pole, sodat julle geskik kan word, om al die Warmte van die Liefde van God te kan opneem. Want sien, dit wat warm is, is nie geskik om warmte op te neem nie; maar wat koud is in sy rus, is geskik om die warmte ten volle op te neem en te laat uitstroom na alle dele van die lewe. Wie die Warmte, wat die Liefde van God is, opneem en vashou en Haar nie verder laat uitstroom nie, is suinig en sal homself oplos en homself vernietig soos ys by die vuur. Maar wie Haar ontvang soos die pole en Haar onmiddellik weer aan almal gee wat om hom is, naby of ver; by hom is die Liefde van God op die regte plek en voldoen hy geheel en al aan die Wil van die groot en heilige Gewer.

[36] Daardie Liefde sal baie vrug voortbring en sal verhef word na die Lig van Barmhartigheid en sal met volle aangesig die onmeet­bare dieptes van God aanskou nes die pole, wat in die oneindige ruimtes van die skepping, van die Liefde van God opkyk en met wye oë die sagte strale opsuig, van al die onmeetbare ruimtes, waarin ontelbare Wesens van die Barm­hartigheid kring, elkeen volgens sy eie geaardheid en daardeur in verwondering en vreugde, in hulle liefde tot die Liefde en vir die Liefde ontsteek en nes `n son self liggewend word, soos die Lig van die pole van die aarde.

[37] Daarom, wie bestendig in die middel van die Liefde bly, en erken wie en wat die Barmhartigheid is, sy lendene sal gloei van Liefde uit God, soos die ewenaar om die aarde en sy oë sal straal, soos die pole en sy arms sal beweeglik wees soos die riviere, spruite en fonteine en sy dade sal stroom, na die mere van Barmhartigheid, van God, wat gesout is, met die Barmhartigheid en met die erkentenisse van die ewige Liefde, en die Ewige Lewe.

[38] Daar het julle nou die sleutel om oop te sluit en om die aarde wat julle dra, te deurdring.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205