Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die uittog van Kain na die See

24 En sien, toe begin Kain te ween en vertrek daarvandaan met sy vrou en vier kinders, twee van die manlike en twee van die vroulike geslag, en bereik na veertig dae die kus. Hy skrik vir die aanblik van die groot water, omdat hy stellig geglo het dat hy die einde van die wêreld bereik het. En hy dink: As Hanoch my nou vervolg, waarheen sal ek dan vlug?

[2] Voor my lê die einde van die wêreld en links en regs sy hoë berge wat ek nie mag betree nie en die barmhartige oog en oor van die Heer is vir my gesluit. Ook sien ek hier suiwer vreemde, ongeseënde vrugte; wie sou dit durf eet? En ons voorraad wat ons saamgeneem het is nou ook opgebruik! - Wat sal ek nou doen?

[3] Ek wil daarom nog eens probeer om `n luide geroep tot die Heer te rig; Hy sal my verhoor, of Hy sal ons laat ondergaan en so sal ons ten slotte tog vergaan volgens Sy wil, wat ons in al die tyd in ons groot verblindheid sekerlik nie herken het nie.

[4] En sien, toe begin Kain na `n tydsverloop van sewe-en-sewentig jaar weer tot My te bid, drie dae lank, dag en nag sonder ophou en hy roep aan één stuk deur: "Heer, U regverdige, U liefderike, sien vol barmhartigheid neer op U groot skuldenaar en doen met my volgens U heilige Wil!" En hierdie woorde herhaal hy baie duisende kere.

[5] En Ek het medelye gekry met hom, omdat hy so sterk en eindeloos ellendig geroep het. Sien, toe stuur Ek Abel in `n vlam gehulle na hom toe en Abel spreek tot hom met die woorde wat uit My kom en sê: "Kain, staan van die grond af op, kyk my in my gesig en sê my of jy my nog herken!"

[6] Toe staan Kain op en bekyk vol vrees die vlam en herken hom nie, nóg aan die stem nóg aan die gedaante, en toe vra hy, bewend van baie groot angs: "Wie is jy dan, vreemde wese in die vlam?"

[7] En Abel antwoord hom: "Ek, jou broer Abel, staan voor jou in die vlam van die goddelike liefde! Wat wil jy dat daar nou met julle gebeur?" - "O broer", sê Kain, " dit is dus jy, - sien, ek het geen wil meer nie! My seun Hanoch het van my alles afgeneem, ook my wil; nou het ek geen wil meer nie, en sien, in die bestaan wat ons nou lei, is ons almal sonder wil! Daarom kan ek niks anders sê nie as: Vir my en ons almal geskied volgens die heilige Wil van die Heer!"

[8] Toe sê Abel: "Luister dan nou! Dit is die wil van die Heer, my Vader en julle God, dat julle sonder vrees of skroom van alle vrugte sal eet, wat julle maar hier kan vind; want die slang het julle hiernatoe verdrywe en het met al haar gif agtergebly by julle kinders in die stad Hanoch en sal julle nie meer lastig val nie. Want sodra die mens sy wil weggegee het, is daar vir die bose gebroedsel niks meer om te doen nie; maar wie sy wil ondergeskik gemaak het aan die slang, is haar gevangene en die einde van sy invloed het naby gekom.

[9] Wie egter ontsnap het uit haar kragtig geworde strikke en op die manier die laaste druppels van sy wil gered het en dit voor die aangesig van JaHWeH op die aarde neergelê het, die sal vanuit Hom `n nuwe wil gegee word, sodat hy in die vervolg as werktuig van die Heer sal kan handel. En so is dit ook vir julle die wil van die Heer, dat jy in die vervolg volgens Sy wil sal handel; en as die nakomelinge van Hanoch jou of jou familie enige tyd mag vind, dan sal hulle julle en julle familie nie herken nie, omdat die liefde van die Heer julle vir ewig heeltemal swart sal brand.

[10] En die naam "Kain" sal van julle weggeneem word en `n ander naam sal aan julle gegee word en wat lui "Atheope", dit wil sê "die willose volgens die wil van God". As sodanig moet julle met julle familie `n baie groot stewige mandjie vleg van riet en biesies, sewe manshoogte lank, drie manshoogte breed en één manshoogte hoog, en dit moet julle dan met hars en allerlei pik digmaak. En as julle dit dan vlytig gedoen het, moet julle dit by die groot water plaas en veertig dae lank vrugte versamel; en as julle dit gedoen het, plaas dan die vrugte in die mandjie en gaan ten slotte met almal aan boord!

[11] En dan sal die Heer vanuit die groot water `n groot vloed laat opkom; dit sal die mandjie met julle daarin ophef en sal julle wegdra na `n ver land in die middel van die groot water en daar sal julle volkome veilig wees vir alle agtervolging van Hanoch.

[12] En in die groot water sal in die nabyheid wyd en syd verspreid klein stukkies land lê en as daar te veel van julle op één stuk land beland, soek dan die nabygeleë op en so voorts, en bevolk volgens die wil van die Heer langsamerhand alle klein stukkies land in die groot waters.

[3] En as julle die Heer nie sal vergeet nie, dan sal Hy julle eendag `n groot vasteland gee om te bewoon, daar sal julle bly tot aan die einde van die wêreld, nadat dit eers vooraf gereinig sal word deur die spoedig neerstortende watervloede. Dit sal die nakomelinge van Hanoch verstik en dood en ook baie kinders van God, wat hulleself deur die skone dogters van Hanoch sal laat vang.

[14] Die vloedstrome sal julle willoses ewenwel nie bereik nie, omdat die wil van die Heer julle op die water van Sy groot erbarming geplaas het. - En as julle die een of ander nodig sou hê, dan weet julle immers sonder meer waar die groot Gewer is, wat julle nie sal verlaat as julle Hom nie in julle hart sal verlaat nie.

[15] En jy Kain, kom nou nader aan my!" En sien, toe loop Kain na sy in vlamme gehulde broer Abel en Abel omarm hom en so word hy so swart soos `n kool en sy hare word gekroes. En dit gebeur ook nog by vyf ander.

[16] En toe sê Abel: "Nou, broer Atheope, is julle bevry van alle skuld, want dit het agtergebly by Hanoch en handel dan voortaan volgens die wil van die Heer! Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205