|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 82
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Set verwyt Henog sy woorde van Wysheid
82 Toe Adam dit by monde van Henog gehoor het, huiwer hy in sy hart; want die toespeling op Kain se uit swart eieliefde begane broedermoord ruk by hom `n ou wond oop, sodat hy daarna nie meer in staat was om ook maar `n woord oor sy trillende lippe te kry nie, en dus swyg hy bewend.
[2] Dadelik stap Set op Henog af en sê: "Henog, dit moes jy nou nie gedoen het nie, om die ou vader Adam so `n vreeslike angs aan te jaag en hom treurig te maak deur die enigsins onbesonne toespeling op Kain se misdaad; jy kon dit sekerlik op `n heeltemal ander, onopvallender manier vir hom duidelik gemaak het! Kyk, dit is die eerste keer dat ek my gedwonge voel om jou iets te verwyt; lê `n volgende keer by sulke geleenthede jou woorde op die weegskaal van die redelikheid, sodat dit die vader mag vertroos, maar nie bedroef nie! Jyself is dit, wat ons altyd liefde en sagmoedigheid leer; maar volg eers self presies op wat jy ons leer, - eers dan sal jou leer die volle seën, krag en mag oor ons harte wen! Amen."
[3] Henog dank My egter in stilte in sy hart vir die woord, wat hy tot Adam gespreek het en was hoogs verbaas oor die teregwysing. Hy spreek nie teë nie, maar wend homself dadelik weer tot My en vra My om hom uit te lê wat uit Set se kort woorde te maak is.
[4] "O heilige, liefdevolle Vader, U wat alle duisternis van die wêreld in die helderste lig deursien", so begin Henog in sy hart tot My te bid en te vra, "U weet, dat ek U heilige woord sonder toevoeging en sonder weglating getrou aan Adam verkondig het! Hoe kan dit dan, dat die so waardige vader Set dit so anders opgevat het?
[5] Ek kon tog onmoontlik anders spreek as dit wat U oneindige liefde my ingegee het!
[6] Ook het Set nou net getuig, hoe U, o JaHWeH, Adam van sy matheid bevry het en elke vesel van sy lewe versterk het!
[7] O, heilige Vader, U wat vol van liefde en erbarming is, toon my onvoorwaardelike gehoorsaamheid ten opsigte van U heilige Wil, die oorsaak daarvan aan en hoe die saak by Set weer volledig goedgemaak sal kan word! Ek, U arme, swak Henog, beloof U in my U bo alles liefhebbende hart plegtig, dat selfs nie een haar op my hoof homself sal beweeg sonder U heilige Wil nie! Amen."
[8] Onmiddellik sien Henog `n vlammende skrif in sy hart en daar staan geskrywe: "O Henog, waarom is jy daaroor besorg?! Die hart begryp nog nie alles, wanneer die gehele hart nie volledig gevul is met die ewige liefde nie; maar wanneer dit gebeur, dan sal ook Set die klippe en al die gras, plante, struike en bome baie duidelik waarneembare woorde met mekaar hoor wissel.
[9] Maar swyg voorlopig en laat jou leerling die woord vir jou voer! Amen."
[10] Omdat Set egter na hierdie vermanende woorde sien dat Henog geen aanstaltes maak om te praat nie, begin hy onmiddellik homself af te vra wat die rede sou kan wees dat almal nou as`t ware stom was; maar ook sy eie hart bly stom. En daarom was Set gedwing om homself weer tot Henog te wend en hom te vra waarom hy niks teen sy vroeëre protes ingebring het nie.
[11] Vol hoogagting en liefde sê Henog: "O waardige vader Set! Het `n kind wel die reg om homself teen die vermaning van `n vader te verset?! Jy het my weliswaar die woord van God verwyt, dat ek dit moes uitspreek; maar as jy namens die Heer met my spreek, kan en mag ek vrylik tot jou spreek en jou vra en antwoord! As jy egter as vader op die toon van `n leraar met my spreek, sien, dan is dit my kinderlike plig om jou onvoorwaardelik te gehoorsaam, te swyg en my in my eie hart onmiddellik met die liefde van JaHWeH te verenig. Kyk vol verwagting, maar sonder vrees na die spreker wat deur die dier gedra word; want dit is nou die wil van die Heer, dat hy voorlopig teenoor julle my plek sal inneem! Vra hom, en hy sal jou die mees passende antwoord gee in die Naam van Hom wat hom daartoe geroep het! Amen."
[12] Die terughoudendheid van Henog laat die opregte Set heeltemal verstom staan. Maar in die plek daarvan maak dit Adam se tong weer los en hy sê vir Set: "Maar geliefde seun! Jy, wat my tot troos deur JaHWeH in plek van Abel gegee was, sê my eers, wat kan jou hart tog so verblind het?
[13] Jy was in staat om God se heilige woord van die Heer teenoor die spreker te kritiseer - en tog het jy nouliks tien oomblikke vroeër jou daarvan oortuig hoe wonderbaarlik dit my versterk het!
[14] Die woord uit die mond van Henog, wat van die Heer uitgaan en die kinders betref, het by my `n nuwe wonder veroorsaak, wat belangriker is as Kain en Abel!
[15] Dit is waar, Henog se woorde oor die eieliefde van Kain en die ooreenkomstige verstening van hierdie kinders, deur my skuld, het my ernstig gekwes; maar dat dit my sodanig gekwes het, was nou juis so noodsaaklik, want anders sou immers die ou nog steeds brandende wond onmoontlik ooit geheel en genees kon word, soos dit nou die geval is! Want waar die Heer verwond, daar genees Hy op wonderbaarlike wyse; maar waar mense mekaar skade berokken, - waarlik, as die Heer geen erbarming met hulle het, soos nou met my, dan sal hulle in ewigheid die wedersydse toegebringde skade nie weer kan goedmaak nie!
[16] Ek het in die paradys teenoor my troue vrou gesondig en die eersgeborene het vir my tot `n groot wond geword, - en tot nou toe was ek nie by magte om die wond te genees nie! Reeds driehonderd jaar gelede het ek die kinders streng afgesonder en ek sien nou eers in dat ek daardeur gif in my ou wond gestrooi het.
[17] Die Heer neem nou die gif by my weg en genees my ou wond deur Henog se wonderbaarlike woorde. Waarom het jy jou dan aan die liefde vergryp, nog voordat jy die wonderlike betekenis in jou hart herken en deursien het?
[18] O Set, o Set, sien toe dat die Heer dit nie weer uit jou hart wegneem wat Hy jou reeds op so `n heerlike wyse gegee het nie! Laat elkeen `n volgende keer eers na my stem luister en dit wat ek ter ondersteuning tot my roep, laat hom kom en my help! Slegs by geleenthede soos hierdie, waarby die Heer so duidelik met ons optrek, is dit gladnie nodig dat ons mekaar ongevraag help nie, omdat die allerbeste mensehulp tog tot niks uitval by die ware, onuitspreeklike hulp van die Heer, deur Sy almagtige woord, wat nie is soos `n menslike woord nie, maar dit altyd `n volbringde daad is vir alle ewighede van die ewighede.
[19] En dus, liewe Set, beken jou vergissing voor die Heer; val neer en bid die Heer om barmhartigheid en erbarming, sodat Hy jou weer sal aansien! Amen."
|
|
|
|
|