|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 52
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Henog se Môrelied
52 En spoedig verlaat beide die woning en wend hulle na die klein, ronde heuwel en bestyg dit dadelik; want dit was slegs tien manshoogte bo die plek waar Adam se woonplek gestaan het en was rondom vry van struike en die kruine van die seders het slegs tot aan die voet van hierdie boomlose heuwel gereik, waarheen `n weliswaar smal, maar origens goed begaanbare weg geloop het.
[2] En so kom hulle volgens julle tydsberekening sewe minute voor sonsopkoms op die heuwel aan; daar kniel Adam op die aarde neer, dank My dat hy weer `n nuwe dag mag belewe en vra My seën om in staat te wees om in My Naam al sy kinders doeltreffend in My liefde en uit My barmhartigheid te seën.
[3] (N.B. Waar julle teenswoordig weinig meer ag op slaan en wat die wêreld as `n kinderagtige gedoe beskou, - waardeur ook Ek en My seën homself ver moet hou, omdat dit alles tot vandag toe nie langer meer nodig gevind word nie!)
[4] En sien, toe dit gebeur, bespeur hy My asemtog en seën al sy kinders voordat die son opkom.
[5] Toe Adam sy seën uit My aan al sy kinders gee en daarby ook aan die in die diepte goed gedink het; breek die eerste strale van die môreson deur langs die wye horison en Adam ween van vreugde oor die aanblik daarvan, omdat sy oë My barmhartigheid weer mag sien straal oor die uitgestrekte vlaktes van die aarde. Die grond wat deur die nag koud geword het in die berge, waar dit altyd kouer is as in die dale, - wat ook vandag nog die geval is - begin deur My barmhartige liefde vanuit die son weer op te warm.
[6] Toe Adam sy lof gesing het en sien dat Henog baie verheug was, gaan sy gedagtes na hom uit en hy spoor hom aan om ter geleentheid van die sonsopgang te spreek, soos wat hy reeds vroeër die môre direk na die oggendgebed gedoen het.
[7] En toe Henog hierdie wens hoor, sien, daar begin hy dadelik vanuit die liefde te spreek en sy woorde lui as volg:
[8] "O vader, jy wens `n toespraak van my, waartoe ek nie in staat is nie! Ek sou vir jou die môrestond moet besing net soos Set, wat in dergelike saak `n hoogs begaafde spreker is - en ek is nie te vergelyk met hom in die spreek oor die liefde nie!
[9] Sien, julle sal daarvoor begrip moet hê, dat ek nie daarvoor geskik is soos die hoë Set nie; dog wat in my hart leef sal ek sekerlik gee, in sover die bekwaamheid van my swak tong reik.
[10] O vader, wat stel hierdie dowwe, swak, verganklike môre voor ten opsigte van die ewige môre van die gees uit die oneindige liefde van die ewige, heilige Vader! Die son met haar moeë skynsel, wat is haar lig in vergelyking met die oneindige glorie van die liefde in God? Niks anders as `n swart punt in die strale van die goddelike liefde nie! Ja, dit is die laaste klein deeltjie van `n nietige laaste barmhartigheidsvonkie, wat uitgegaan het van die ewige liefde in God, - en tog verwonder ons onsself oor haar vorstelikheid! Wat sou ons dan doen, indien ons die ewige oerbron van al die lig in die liefde van die Vader in al haar heerlikheid sou kan aanskou?!
[11] Dit is egter ver van my, dat ek die son daaroor sou wil berispe, maar ek sê dat sy `n eerste leerares moet wees en ons sê: "O julle swak mense, waarom kyk julle my, flou skynende ligbringster vir die aarde, so verbaas aan? Het my oppervlak julle oë verblind, hoe gering is dit ten opsigte van dit wat julle in julle bors verberg! Was aan my so baie gegee as aan die geringste onder julle, waarlik, my lig sou met onverswakte krag tot naby die verste pool van die oneindigheid deurgedring het; maar daar, waar my strale nie meer aanwesig is nie, brei julle geestesoog sy strale nog met volle krag uit en ontvang daarvoor wederom nuwe en nog kragtiger uit die ewige môre van die liefde in God!"
[12] O vader, kyk, die son het gelyk, as sy ons met haar eerste straal `n dergelike leer gee! Want as ons tot onsself inkeer en daar die groot, eindelose ruimte van ons gedagtes beskou en die nog groter van ons gevoelens en dan eers die allergrootste, die van die liefde tot God, wat beslis oneindig moet wees omdat dit daardeur vir ons eers moontlik word om die oneindige, ewige God te bereik en sodoende lief te hê; hoe kan ons dan die lig van die materie, omdat dit so `n groot plek inneem in ons vleeslike oog, byna aanbid en dit as heerlik en groot beskou, terwyl die ewige, groot, heilige Vader Hom deur ons laat bemin en in die liefde heeltemal oop staan om Hom deur ons te laat omarm?!
[13] Die hart verheug haarself weliswaar deur middel van die oog oor die sagte strale van die môreson en die laer diere bejubel luid die toegeneë moeder van die dag, en die kelke van die blomme open hulleself om die eerste milde strale, geskenk van die helder môre-seën van die mooi son, gretig op te suig, en die verre golfies van die see huppel opgewek soos jong kinders en trek net so die wye liggewaad aan van hulle stralemoeder, - ja, dit is suiwer mooi bedinkte beeldspraak. Maar as ek bedink, dat om al die prag te ondervind, daar tog steeds `n mens by hoort, wie se hart dan eers tot sulke beeldspraak in staat is as hy getrou sy gemoedsrus ontleen het aan God se liefde, dan is daar daarna die troosryke gedagte dat daar `n ware ordening bestaan kragtens welke al hierdie oggend- en ander tonele so goed as niks sou beteken as hulle ongesiens nog ondergaan, nog gevoel en gevolglik na hulle uiterlike nie begryp sou word deur `n mens met `n lewende siel, waarin `n ewige gees van liefde in God woon.
[14] Daar ons dit baie goed weet, hoe kom dit dan dat ons gereeld `n lofsang aanhef as die son ooreenkomstig God se wil omhoog gedryf word om op die bepaalde tyd te verskyn, - en as ons dan ons vrye gees gadeslaan is ons nagenoeg heeltemal nie verbaas, as ons daarin `n lig ontdek wat nooit ondergaan en met `n baie wonderbaarlike vryheid na alle kante straal, met `n steeds gelyke vermoë tot liefde en krag in die eindelose gebiede van barmhartigheid en alle liefde van die ewige, heilige Vader?!
[15] Ja, ons verbaas ons oor `n doudruppel wanneer sy steeds veranderende gekleurde strale en trillende skynsel ons begerige oog streel, - intussen let ons haas nie op die onmeetlike wonderdruppel van die lewe, van die goddelike liefde in ons nie! As `n fris oggendwindjie aangewaai kom, o dan lag ons die bekoorlike bevalligheid lofsingend toe; maar dat in die aangesig van die son van die gees die mees fris lewenslug uit God se ewige môre nie aflaat om ons heen waai om ons tot `n ewige vryer en steeds vryer lewe te lei, o daaroor jubel ons weinig! So span ons onsself ook uit alle mag in om die uitgestrekte golwende seevlakte te sien en verlustig ons geweldig aan die los heen en weer gaan van die skitterende vloed; maar die groot liggolwe van die eindelose see van die goddelike barmhartigheid gaan baie dikwels by ons verby sonder om `n spoor na te laat en ons vreugde daaroor het al vinnig sy grense bereik! Ook wek `n rooi, groen en blou glansende skoenlapper ons verwondering op; maar `n verhewe idee in die bors van `n onsterflike broeder word maklik as `n oppervlakkige knoeiwerk van die bedrieglike laakbare verbeeldingskrag verwerp! En so word die nes van `n voël dikwels bewonder en God tereg daarvoor geprys, terwyl `n onskatbare heerlike werk soms van die vrye, onsterflike gees met groot geringskatting verontagsaam word.
[16] O hoe verhewe stem die ruising van die sederbome ons gemoed, wanneer `n driftige wind niks ontsienend onstuimig deur hulle teer takkies raas; maar die heilige ruising van die gees van die ewige liefde word deur die wind bedwelmde oor, wat in die storm klanktekens soek, nie gehoor en sy slaan geen ag op die luide geroep van God se stem in die eie bors nie!
[17] O Vader, omdat ek tog voor U spreek, laat my daarom nog verder spreek vanuit my hart, dit insien, dat dit waaragtig onredelik en buite alle ordening is, dat indien iemand `n groot en `n klein houer het en hy plaas dan in die grote weinig en in die klein houer baie, waarin nie baie plek is nie, en dit val dan na buite, sodat dit vertrap word, terwyl die groot houer, waarin ruimskoots plek was, byna leeg staan! Ons liggaam met sy sintuie is die klein houer, wat ons steeds geweldig oorlaai; op ons gees van die liefde as die eindelose groot houer, let ons byna nie op nie en doen daarom ook maar baie weinig iets daaraan!
[18] Ons bring reëlmatig ons brandoffer en glo dat dit vir die Heer `n genoegdoening is, as ons onsself voor die brandoffer in die stof neerwerp; maar dit is `n suiwer saak om die klein houer te oorlaai, terwyl daarby die groot offervat van die rein liefde, waaraan die Heer slegs `n welgevalle het, in die gees en in die waarheid slegs baie weinig bedink word!
[19] Maar ek is die mening toegedaan dat, indien ons dit doen as sigbare teken van ons geestelike blindheid, ons dan die hoofsaak sekerlik nie uit die oog moet verloor, omdat slegs deur haar die ware, ewige lewe van die gees van liefde uit God bepaal is! Want daaraan herinner ons elke môre en elke opgaande son, omdat ons ten gevolge van die blindheid van ons gees nie weet vanwaar dit kom en wat hulle is nie. Daaraan herinner ons ook die bas wat die boom beklee, sodat niemand kan beweer dat die boom daar ten behoewe van die bas is, maar wel is die bas daar ten behoewe van die boom, sodat die skeppende kragte van die boom uit God beskerm en verborge mag bly vir ons vleeslike nuuskierigheid, - maar vir die gees sou dit moet geld as `n wenk van God, wat dan sou sê:
[20] "Sien, Ek het die lewe vir die vlees verberg, sodat die dood dit nie in die oog sou kry en Ek My eiendom in julle verskuil het, sodat julle dit veilig geborge in julle kan dra tot aan die tyd van die onthulling! Onder die bas bruis `n magtige bedrywigheid en handel en orden die heilige liefde van die ewige God baie wys met liefdevolle erns; daar ruis baie magtige strome van die daadwerklike lewe uit God!"
[21] O vader, so is alles, alles wat ons met ons vleeslike oë sien, niks anders as `n dooie kleed, waarin die lewe ongemerk bruis wat ons moet aantrek en wel in die eerste plek het ons dit in ons; en het ons dit in die rein liefde tot God gevind, eers dan word die wondere om ons heen, wat ons byna aanbid en waarby ons ons deur die uiterlike, dooie bespiegeling daarvan reeds baie dikwels vir niks saam laat sleep, lewend.
[22] Wie sou net daarom `n druppel water kan bewonder, omdat dit uit water bestaan?! Wat moet mens dan doen by die aanskoue van die see of indien daar `n vrugbare reën van bo in tallose druppels op die aarde neerval en dit vrugbaar maak?!
[23] Maar wanneer die gees sy eie beeld in die druppel sal aanskou, o vader, dan eers sal dit vir die houer van die lewe begin te versamel en dan sal hy homself eers eg verwonder, omdat hy volgens die vroeëre sonleer, sowel in homself, asook in sy broeders die grootste wonder sal ontdek, naamlik die ewige, oneindige liefde van God vol van die grootste deemoed! - O vader, sien, so het ek dan aan die einde gekom; neem dit barmhartig op en wys my baie barmhartig aan wat U verdere wil is! Amen."
|
|
|
|
|