Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 47

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Oor die grootsheid en die diepte van God se Woord

47 Toe hulle weer heeltemal hulleself geword het, staan Adam op en sê vir die klein groepie aanwesiges: "Kinders, julle het nou met julle eie oë gesien en met eie ore gehoor? Ja, julle het die Heer van die ewigheid gesien, die God van die oneindigheid, ja, ons mees liefdevolle, heilige Vader het julle gesien en Sy onuitspreeklike soet stem gehoor! Ja, Hy is soos Hy was toe ek Hom gesien het, en dit was nog voordat Hy gesien was deur `n sterflike oog, wat nou omhul is deur die drievoudige nag van die dood. En Sy stem is dieselfde onveranderde stem vol mag en krag. Deur haar oneindige soet klank verlaat sonne en wêrelde gehoorsaam hulle non-bestaan en in onbegrensde eerbied en word hulle dit, wat en waar hulle is, ja deur die klank word selfs die magtigste en grootste gees wat hy nou is: `n Onmagtige wurm in die stof van die aarde, hier voor julle oë; want ekself het as `n ellendige, slegte, ondankbare skepsel op sy plek gekom deur en vanuit myself.

[2] O kinders, sien tog hoe buitengewoon goed ons God, ja ons mees liefdevolle, heilige Vader is! Sien, hierdie groot gees, wie se plek ek, arm en baie swak stoflike mens nou inneem, was geroep om `n broeder van die ewige liefde van die gewydheid van die Vader te wees; maar die met eieliefde vervulde ongehoorsaamheid het hierdie groot, magtige gees hierheen, in hierdie naamlose laagheid gedryf. Omdat dit nou nie meer moontlik is, dat ons in ons gesamentlike nietigheid ooit die Godheid met waardigheid, ook al was dit maar `n sonstoffie meer nader sou kon kom nie, wil Hy, ten einde ons nader na Hom toe te trek, soos julle almal nou goed verneem het, Self in ons nietigheid afdaal om daardeur aan hierdie nietigheid meer te gee as wat ooit vir die grootste moontlike grootheid van gees verstaanbaar sou wees. Dit wil sê as ek dit goed begryp het - Hy wil vir ons wurms in die stof nie slegs `n God, `n heilige Vader wees, soos wat Hy in die ewigheid was nie, maar Hy wil selfs `n sterk Broeder vir ons word, ten einde ons, waardeloses, daardeur met Hom in die ewige lewe te verenig!

[3] O kinders, wie kan so `n oneindige Liefde begryp?! Waar is die hart, wat in sy hoogste staat van ontbranding ook maar die oneindig kleinste deel sou verdra van `n dergelike Liefde, wat in staat is om die groot God, die heilige Vader na ons toe te trek, erbarming te hê met ons nietigheid en ten slotte vanuit `n dergelike Liefde Homself met ons nietigheid te beklee om alles, alles, alles vir ons te word?!

[4] O kinders, my gevoelens verlam my tong; spreek jy daarom verder Henog, jy geseënde spreker van God, en laat ons die wonderlike krag van jou tong hoor! Maar luister: Begin oor die groot Liefde van die heilige Vader te spreek daar waar ek opgehou het! Amen."

[5] En toe Henog die versoek gehoor het, praat hy homself moed in, staan op, dank My in alle deemoedige selfontkenning van sy suiwerste hart, buig ten slotte voor almal en gaan na Adam, buig voor hom en sê:

[6] "O vader van my vadere! Sien, hier is my vaders en julle kinders aanwesig; hoe sou ek by so `n besondere aanblik dit ook maar kan waag om te spreek voor diegene wat God uit julle vóór my in die lewe geroep het en wat die natuur as vadere bo my geplaas het?! Daartoe sou hulle my dit tog ook eers in liefdevolle toestemming moet toestaan, sodat ek dan voor die aangesig van alle vadere en die hoë moeder Eva in alle innerlike rus die woord van die groot barmhartigheid van God goed sou kan uitspreek."

[7] Toe die vaders hierdie deemoedige beskeidenheid verneem het, staan hulle op, buig voor Adam en prys My hardop en dank My, dat Ek Henog so `n baie beskeie, deemoedige hart gegee had. En `n groot vreugde straal van al hulle gesigte en oor die heerlike Henog. En in die besonder Adam self loof sy insig en deemoed en versoek hom nou met die blye instemming van alle welgemoed oor die groot liefde van God, die ewige, heilige Vader om met sy toespraak te begin.

[8] En toe Henog dit hoor, sien, toe begin hy na `n innerlike, stille aanroep van My barmhartigheid en erbarming eers die volgende te sê en spreek:

[9] "O geliefde vaders! Wat moet, wat kan die trae tong van die swak, begrensde, klein mens op hierdie so heilige plek uitbring en sidderend stamel, waar kort tevore die ewige Liefde en Wysheid van die heilige Vader sulke vir ewige inhoudsvolle woorde tot ons harte gespreek het!

[10] O vaders, wat beteken ons hoogste woord teenoor Sy kleinste, wat vir die ewige mag van die heilige liefde toereikend is om met `n onmeetlike aantal groot en klein dinge die oneindige, ewige ruimte van Sy wil te vul, terwyl ons hoogste woord nie eens in staat is om die kleinste sonstoffie uit sy bestemde orde weg te blaas nie!

[11] O vaders, sien, as ons goed daaroor nadink, moet ons dan ook nie die gevoel kry as staande op gloeiende kole en ek, die spreker, op die brandende strale van die middagson op haar hoogtepunt, terwyl haar strale bo ons hoofde die harde erts vloeibaar maak nie?!

[12] Bedink, dit was God, wat daar staan as `n magtige, ewige Gees en Self belangrike woorde tot ons gespreek het, en ons het dit nie begryp nie en sal dit in die ewigheid nie volledig begryp nie; want daar is niks wat deur homself bestaan nie, hoe sou dit dan moontlik wees om die ewige, oneindige wese van God te besef en die ewige gees van één woord uit God se mond te begryp, omdat ons almal immers baie goed weet, hoe baie woorde die ewige Liefde en Wysheid nodig het om ons en die onmeetlike heelal rondom ons, wat vir ons ewe volkome en onbegryplik is, tevoorskyn te roep!

[13] O vaders, sien, as mens dit bedink en oor God se oneindige groot glorie sou wil spreek, waar sou mens dan moet begin en waar eindig?!

[14] Sou ons onsself dan tot die sonstoffie moet wend, wat glinsterend, heeltemal onbelangrik in die strale van die son deur die lug van ons klein woning sweef, sonder om te weet waarmee ons dan eerste sou moet begin?! Of wie weet wat die laaste is, sodat hy dan `n gepaste, regverdige lof tot die Heer, die allergewyde Vader, die oneindige, ewige kan aanhef?!

[15] O vaders, as ons in ons woning reeds die onmoontlikheid insien, vir God die eerste die beste sonstoffie elegant en welgevallig te begroet en Hom te bedank vir die kennis oor die laaste, - waar moet ons dan begin, as ons uit ons woning sou stap en daar op die wye aarde die eindelose hoeveelheid stof sou sien?!

[16] En tog moet ons toegee dat wat vir ons oneindig voorkom, vir God soveel as niks beteken nie, ofskoon die volledige ontsluiting van ook maar één dergelike sonstoffie vir ons `n ewigheid in beslag sou neem, as ons dit met die oneindige volkomenheid van God sou wil deursien.

[17] O vaders, sien dus, so `n baie klein stoffie soos ons dit nou ken, is reeds te groot vir ons; hoe groot moet die oneindige veelheid in haar ordening van die eerste tot die laaste dan wel wees! Waar bestaan buite God `n wese wat die ewige wysheid van die heilige Vader daaruit sou kan begryp?!

[18] En omdat dit so is, wat sê ons dan oor die aarde self en oor al die tallose sterre en alles wat hulleself op die aarde bevind en wat daar wel alles in die groot sterre aanwesig is?! En wat sou ons oor onsself kan sê, nou en in ons staat as allereerste wesens?! En tog is dit alles slegs `n eenvoudige woord uit die Mond van God!

[19] O vaders, bedink nou eens goed: Hoeveel woorde het dieselfde ewige, oneindige, heilige Vader, deur Wie se almagtige "Laat dit wees!" die oneindigheid met oneindighede gevul het, nou voor ons almal se oë, ore en harte gespreek het!

[20] O luister, die ewigheid sal dit in die ewigheid nie omvat nie en die oneindigheid is te klein om dit te kan opneem wat ons, moeg van verrukking, so pas uit die allergewyde mond verneem het! Ons mense kan ons dit nie indink nie; maar as dit alles volgens so `n volkome heilige, allerhoogste besluit in vervulling sal gaan, dan sal hemel en aarde self eindeloos moet wees. Die stof word tot aarde en die oneindigheid self sal eindeloos uitgebrei moet word, voordat ons slegs één sonstoffie sal begryp van wat ons heilige Vader van plan is om te doen, naamlik om vir ons tot `n heilige Broeder te word!

[21] O vaders, sien welke grootheid en diepte daar in God heers; en ek, arme wurmpie in die stof, sou dit na sulke woorde waag om dit vir julle te verklaar, omdat dit tot ons groot troos tog vir `n nuwe hemel gesê word, en nie vir hierdie beperkte aarde nie?! Ons kan niks anders doen as om Hom lief te hê nie, wat altyd gewyd, gewyd, gewyd is en dit vir ewig sal wees. Alles wat ons graag sal wil leer ken, bestaan daaruit dat ons in staat mag wees om Hom, ons heilige Vader, meer en meer lief te hê. En laat ons grootste wysheid daaruit bestaan, dat ons in staat sal wees om Hom, wat so geheel en al die ewige liefde Self is, bo alles lief te hê; en dat ons en alles vir ewig deur Hom bemin word! Amen. Amen. Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205