|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 138
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Emmanuel se woorde oor sy koms by die mense
138 En Emmanuel antwoord vir Adam, en daarmee ook al sy kinders en sê: "Sien Adam, nou het jy goed gespreek en dit wat jy gesê het, is die lewende waarheid! Dink daaraan dat Ek vanmore by jou gekom het en, netsoos jy en julle almal aan Adam se sy weet, My uitgegee het as `n stomme slaaf uit Lameg se diepte, wat met Abel se hulp ontvlug het; indien in die gees van die waarheid en van alle liefde die saak homself nie anders voorhou nie, sou Ek dan nou nie `n baarlike leuenaar wees nie, net soos die wurm van die aarde, wat `n vader en vors van alle leuens en bedrog is?!
[2] Maar jy was, netsoos jy nou self getrou beken het, blind, doof en sonder gevoelens; daarom gewaar jy ook niks van die dinge wat die ewige goddelike ordening betref nie. Sien, indien Ek as Emmanuel by jou sou gekom het, hoe sou dit dan nou met jou lewe voorgestaan het?!
[3] Daarom het Ek na julle toe gekom in die gedaante waarin julle innerlik self verkeer, sodat julle as koue Asmahaelle, deur My verwarm, Abba Emmanuel kon vind!
[4] Wel was Ek gisteraand by jou en het jy `n groot belofte gemaak. Jy herken My egter slegs soos in `n droom; want jou hart was ingeslote deur sand en droë gesteentes. En die volgende more reeds bly daar in jou van My nouliks iets anders oor as die naakte, koue herinnering. Ek het Henog voorberei om julle tot tolk te dien. Dog jy bewonder slegs sy woorde; maar jou dooie hart begryp dit nie. Weliswaar soek julle almal, maar tog wou iedereen vir die ander `n wyse leidsman wees om hom te kan aantoon wat se groot wysheid daar in elkeen se hart woon.
[5] Toe jy nou smorens dink dat jy alles volledig begryp het, kom Ek soos `n helder ster na jou toe om jou, terwyl Ek voor jou in die stof kruip, daarop te wys dat julle harte ook so diep in die sand begrawe was; maar die skitterende ster trek van die more na die middag, van die middag na die aand en van die aand hierheen, - en in jou hart beskou jy My heimlik nog steeds as `n leuenaar en slegs weinige was by magte om die skitterende straal van die ster heeltemal te aanskou.
[6] `n Tier moes My voor julle oë dra en julleself daardeur aan julle harte ontruk!
[7] Kyk hoe helder die ster verlig het, en julle was nie in staat om die sagte, helder strale op te merk nie!
[8] In die streek van die sewe klippe, waarvan die pieke waterstrome oor die aarde laat neerstroom, leer die sagaardigheid jou die deemoed. Maar jy was nog doof en blind en die verligting van die ster was vergeefs.
[9] In die aand skiet daar helderder strale uit die ster. Dit bliksem en donder geweldig en slegs min dooies staan op en bevry hulleself uit die bedorwe massa. Maar die gistingswarmte van die bedorwe slyk word deur die res betreur, sodat daar `n hewige getwis ontstaan. En die een wysgerige opvatting stry teen die ander om voorrang, waardeur nog vele nie in staat was om die skitterende lig van die ster te sien nie.
[10] Die ster lei julle verder. Sy mag verdryf die tier van julle af en het julle wurm van hoogmoed, die ou slang, laat verstom!
[11] Toe vryf jy jou oë uit; want die lig van die ster was te fel vir jou en die warmte van haar vuur te magtig, vandaar dat jy Methusalag en Lameg, wat die ster opgeneem het, met `n skewe oog aankyk.
[12] Eindelik bereik ons die klipwand van julle harte. Deur die bliksem en die donder van die ster stort dit in en julle kom en sien die groot verlatenheid in julle innerlike lewe. Julle roep die lewe; maar het weinig daarvan terug gevind. Ek het julle groot nood gesien, heengegaan, geroep en julle die lewe in groot hoeveelhede gebring!
[13] Adam! En nog was die ster vreemd vir jou; jy noem My nog steeds Asmahael - ondanks die feit dat jy sulke tekens gesien het!
[14] Kyk nou en let op, dat jy My nou `n ander naam gegee het: Die laaste teken sal die eerste word en die eerste die laaste; en dit sal met jou nakomelinge in die toekoms nie so gaan as met jou nie, wanneer Ek weer sal kom nie!
[15] Waarlik, diegene wat aan donder en bliksem gewoond is, sal uit ergernis die dood vind as Ek dan ten slotte sal kom netsoos Ek nou in die môre gekom het! Begryp dit! - En doen nou almal wat Emmanuel Abba toekom, Amen; maar in julleself, Amen!"
|
|
|
|
|