|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 112
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Lameg en Methusalag praat saam oor die vreemdeling
112 Toe Adam hierdie woorde verneem het en alle andere vaders saam met hom, was hulle haas almal deur `n huiwering oorval en wel so erg, dat niemand `n woord durf sê nie en daarom tree daar dan ook `n langdurig stilswye onder hulle in.
[2] Die twee wat pas aangekom het, begryp niks van dit wat Asmahael tot die vaders gesê het nie en hulle dink by hulleself:
[3] Die vaders is beslis ontstemd en wel ten eerste vanweë ons ongeleë verskyning en ten tweede vanweë die woorde van hulle onbekende begeleier, waaruit hulle so ongeveer kon uitmaak dat hy hierdie ten gunste van hulle tot die vaders geoordeel het.
[4] En dadelik vra Lameg baie sag aan Methusalag: "Vader, wat moet ons nou doen? Sal ons weer heimlik hiervandaan weggaan en die vaders, wat heimlik in stilte boos skyn te wees, verlaat, of sal ons bly en geduldig die verwyte verdra?
[5] En wie is tog die jong mens wat ons so vol liefde tegemoet gekom het en ons daarna so moedig hierheen na die vaders begelei het?!
[6] Sy woord moet van groot betekenis wees, omdat die vaders hom met so `n uiterste groot opmerksaamheid aangehoor het en nou nie durf antwoord nie, altans so kom dit vir my voor!
[7] O vader, dink daaroor na en deel dit met my, as jy wil! Amen."
[8] Maar Methusalag antwoord sy seun kortaf, deur te sê: "Beste seun, dink eers daaroor na of ons deur watter nuwe wending dan ook aan hierdie saak te gee, dit beter kan en wil maak!
[9] Bly ons, omdat niemand ons wegstuur nie, dan sal die vaders bly wat hulle is, naamlik ons vaders - en ons beide bly hulle kinders! Verlaat ons hulle egter sonder dat hulle dit vir ons beveel het, dan word daardeur nie opgehef dat hulle ons vaders is nie en ons sal hulle daardeur nóg ons gehoorsaamheid nóg ons liefderyke agting betoon, omdat hulle dan of om een of om ander rede boos vir ons kan word omdat hulle ons vaders is, wie ons tog meer liefhet as verag.
[10] Ek gaan steeds van dieselfde standpunt uit as my vader Henog en dit lui as volg: "Bemin diegene wat kwaad word vir jou, dan sal jy hom spoedig as vriend hê!"
[11] Sien, ons sal netso maak en die vaders sal sekerlik nie ontevrede met ons wees nie; daarvan kan jy verseker wees!
[12] Maar, wat die jonge, uiters vriendelike mens betref, is dit ook vir my `n raaisel vanwaar hy kom, wie hy is, hoe hy in die geselskap van die vaders opgeneem is en wat hy eintlik te midde van hulle maak!
[13] Dat hy wyser is as ek en jy, het hy nou reeds deur Sy woorde getoon; en dat `n baie vreemde krag in Sy woord moet skuil, word aan ons getoon deur die skynbaar of werklik met stomheid geslane vaders immers voldoende. En voorlopig hoef ons ook niks meer te weet nie; en daarom kan ons rustig wees en geduldig afwag en sien en luister na wat gaan kom! Amen."
[14] Dadelik daarna stap Asmahael na hulle twee toe en sê: "Luister, waar Ek is, is dit goed en daar hoef niemand vir homself sorge te maak of bang te wees nie; bly daarom, omdat Ek bly! Want wie daar bly waar Ek verblyf, die is goed geborge en het `n blywende plek gevind by Diegene voor wie iedereen wat Sy hart op die regte plek het, geregverdig is!
[15] Wat julle nou nog nie insien nie, dit sal julle in die lewe begryp, wanneer julle My sal herken!
[16] Maar verheug julle, dat julle nie ver van My weg is nie; luister maar en begryp dit! Amen."
|
|
|
|
|