|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 125
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Adam laat die kinders van die middernag soek
125 Adam oorweeg hierdie magtige woorde baie goed in sy hart, en dat was vervul van berou en innigheid toe hy My bedank. Daarna roep hy dadelik alle ander aanwesiges na hom toe, uitgesonderd Set en Henog en natuurlik Asmahael, en sê aan hulle:
[2] "Luister, al my kinders, wat deur God aan my gegee is na liggaam en siel, maar elkeen met `n vrye gees uit God! Ons het hier gekom met die vurige verlange om `n nuwe, vry lewe te bring aan hierdie kinders wat deur die hoë, diep, huiweringwekkende deurkliefde en sigself wyd uitstrekkende "Verdorde aardhand" wreed van ons geskei was, sodat ons daarlangs nie na hulle nie, maar hulle ook nie na ons toe kon kom nie. Wanneer ons dan af en toe deur die rotssplete na benede gekyk het, in die diepe vlakte in, dan ontdek ons dikwels dat dit wemel van kinders en nog eens kinders; en as dit windstil was, kon Kenan se luide stem hulle selfs bekend maak met my wil, sodat die oudstes, die lange omweg onbevrees, met hulle offergawe, bestaande uit vrugte wat nog voor die Sabbat kon aankom en dan voor my woning opdaag, in die hoop dat hulle slegs `n oomblik vir my te siene kon kry.
[3] Maar nou het ek self en nog Iemand anders op `n wonderbaarlike wyse na hulle toe gekom en sien, ook is daar nie die geringste spoor van hulle aanwesigheid êrens te ontdek nie!
[4] Vanuit God is dit daarom nou my wil dat julle almal van hier af onmiddellik in alle rigtings gaan en hulle `n uur lank gaan soek. En as jy iemand gevind het, bring hom dan dadelik hier, sodat hy inligting kan gee oor die res! En as julle niemand gevind het nie, keer dan vervolgens dadelik na die, tot soek bestemde uur hierheen terug, sodat ons almal dan `n hoër aanwysing van die Ene kan ontvang wat daar te doen mag wees en wat verder onderneem moet word!
[5] En nou, haas julle en doen wat julle gegee is! JaHWeH se seën en my seën sy met julle almal! Amen."
[6] En dadelik snel die wat ontbied is, ylings in alle rigtings in en vind orals `n menigte leë woonhutte met allerlei agtergelate gereedskap, ook `n menigte loslopende huisdiere en allerlei reeds geoeste en versamelde vrugte, - maar daarmee geen enkele menslike oog nie, laat staan `n mens! En toe die soekers na ruim `n halfuur se gesoek niemand kon vind nie, begin hulle na alle rigtings luidkeels te roep om hierdie of daardie, wie se naam hulle geken het, by sy naam te roep. Maar alles was vergeefse moeite; want hulle hoor niks anders as die verre teen die rotswande weerkaatsende eggo van hulle eie geroep nie, en wat vinnig opklim en wegsterf benede in die diepe, duistere klowe van die gebergte.
[7] Etlike van hulle bestyg selfs `n nabygeleë heuwel om van daar af moontlik êrens `n vlugteling te ontdek wat talm. Maar ook dit was geheel en al vergeefse moeite; want dit geluk hulle vlytig verspiedende oog ook nie om `n glimps van `n talmende vlugtende broeder op te vang en ook hulle ore kon by die grootste inspanning niks anders hoor as net die eentonige, gedempte geraas van die bergstrome wat deur die diepe dale neerstort nie.
[8] En so verloop die korte uur van hulle soeke en onverrigter sake keer die kinders treurig huiswaarts, oftewel daarheen waar Adam met smart op hulle gewag het.
[9] Toe hulle die rusplek nader, ondersoek Adam die naby komendes sorgvuldig om moontlik in hulle midde `n gevondene te ontdek; maar aan die steeds digterby komendes kon ook steeds beter herken word dat hulle die enigstes was wat teruggekeer het.[10] Toe word Adam treurig en begin hardop te ween en te kla.
|
|
|
|
|