|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 81
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Die patriarge by die kinders van die aand
81 Toe die rede beëindig was en die laaste wens deur Adam uitgespreek, deur hom geseënd en bowendien nog deur My aan Henog aangekondig was, buig Henog dadelik voor die vaders en laat Asmahael vanaf sy draer afklim, Henog navolgend, dit ook.
[2] Vervolgens hardloop die twee na die kinders van die aand en verkondig daar met luide stem die aanwesigheid, wat met ongeduld op hulle wag, die aartsvader Adam aan die grens van die gebied van die aand. Toe die kinders dit hoor, versamel hulle hulleself dadelik, neem allerlei vrugte en ander eetware met hulle saam en haas hulleself toe vol eerbied saam met Henog en Asmahael na die aartsvader Adam. Toe `n groot aantal van hulle in die nabyheid van Adam aankom, val hulle op die grond. Hulle durf nie vroeër van die grond af opstaan nie; alvorens Adam deur Kenan hulle herhaalde male laat verstaan dat hulle hulleself nou eindelik uit hulle oordrewe eerbiedige houding voor die vaders sou verhef, en Adam se seën ontvang ter regverdiging van hulle aanwesigheid, om daarna met wyd oop ore die heilige woord van die uitnodiging tot die offer- en brandoffer op die heilige Sabbat van die volgende môre te verneem.
[3] Nou eers verhef hulle hulleself vol angs en vrees en gedra hulleself asof in die verborgene `n menigte wurmpies aan hulle gewete knaag, wat onder die vrye lig van die son gladnie kon wegkom nie.
[4] Adam verbaas homself oor hierdie aanblik; ook Set en die orige kinders op Henog en Asmahael na, kon die raaiselagtige verskynsel nie goed verklaar nie en ten slotte wis hulle nie meer wat hulle daarvan moes dink nie.
[5] Adam staan dadelik op, roep Henog en Asmahael na hom toe en vra natuurlik vernaamlik aan Henog - maar ook Asmahael het in die gegewe geval die vryheid om te antwoord -: "Henog, wat is aan die gang met die kinders? Dit kom my voor asof hulle harte volstrek nie vry is nie, maar bedruk en gebonde deur allerlei waansin!
[6] O, beste Henog en ook jy, opregte Asmahael, sê of vra tenminste julleself af, hoe dit is met hierdie verskynsel!
[7] Ek, van my kant beweer, dat daar slegte saad hier tussen die gerwe skuil; en as dat so is, mag ons nie hierdie plek verlaat voordat die suiwerste koring weer van die kaf en die onkruid geskei is nie, om dan in ons streng vaderlike liefde veilig bewaar te word nie.
[8] Dit kom my ook so vreemd voor, dat die dier hierdie kinders voortdurend sy agterent toekeer en hulle ook nie `n blik waardig keur nie, terwyl dit tog die kinders van die middag met wyd oopgesperde oë verskriklik lewendig aangegaap het!
[9] O Henog! Maak dat ons so gou moontlik helderheid verkry en dat ons daardeur weer in die gewenste ordening beland! Amen."
[10] Henog staan op en sê: "Luister, Adam, en luister alle vaders, hierdie kinders het deur `n te groot vernedering van ons kant af heeltemal moedeloos geword; hierdie vernedering het hulle van hulle liefde vir ons beroof en in die plek daarvan hulle hart gevul met `n onderdanige vrees.
[11] Ons is nou nie meer die voorwerp van hulle liefde en kinderlike hoogagting nie, maar het `n voorwerp van verskrikking en heimlike veragting geword. As die groot vrees vir ons innerlike geesteskrag en ons geestelike mag uit die liefde van die Heer hulle nie daarvan weerhou het nie, waarlik, dan sou hulle in staat gewees het om met ons almal dieselfde te doen wat Kain se eieliefde Abel aandoen het!
[12] O vader Adam, daarin lê die vreemde verskynsel begrawe en goed verborge, waarvan niemand anders as onsself die meeste skuld dra teenoor hulle en teenoor die Heer nie; daarom is dit nou baie verseker oor aan ons om hierdie fout weer goed te maak!
[13] Daarom neem die dier so `n houding aan, om ons daarop te wys dat die skuld in ons midde woon, vandaar dat hy ons aansien en sy agterste die kinders toegekeer hou; daardeur laat hy ons weet dat hulle deur ons verontreinig word.
[14] In julle hart vra julle nou aan my: "Wanneer en hoe verontreinig ons hierdie kinders? En as dit gebeur het, sonder dat ons dit eintlik wil, hoe kan hierdie fout weer goed gemaak word?"
[15] O vaders, die eerste helfte van die vraag, hoe en wanneer word hulle verontreinig, is baie maklik te beantwoord, maar die tweede des te moeiliker!
[16] O vader Adam! Sien, dit skuil daarin dat jy deur jou vroeëre baie bang en daardeur te streng geregtigheid, wat meer uit vrees as uit liefde vir en tot die Heer voortgekom het, so `n onderskeid tussen die kinders gemaak het. Jy het die een verwys na die môre, waar hulle oorgelukkig is, en jy het die ander veroordeel tot die middag, sodat hulle hulleself steeds die mindere sou voel ten opsigte van die liewelinge van die môre. Jy het hierdie kinders tot die aand veroordeel, omdat hulle vir jou voorgekom het as synde traag van gees, omdat hulle hulleself soggens dikwels deur slaap laat oorval het, en ten slotte het jy die laastes baie hard veroordeel tot die middernag, omdat hulle dit in menige gebruik nie met jou eens was nie.
[17] O sien, liewe vader Adam, indien jy toentertyd reeds deur die liefde van die ewige, heilige Vader verlewendig was, soos nou, dan het jou oordele sekerlik baie anders uitgeval! Maar die naakte geregtigheid, ook al is dit met al die strale van die wysheid omgewe, is drukkend en hard, wanneer op die agtergrond - ook al is dit enigsins verborge - nie `n weldoenende sagte liefdestraal alle sewemaal tien water omhoog spuitende klippepiek van die vrugtelose wysheid omgewe.
[18] Sien, juis soos die uit die hoogte swaar neervallende water die gras nie laat herlewe nie, maar dit slegs vernietig en doodmaak, en onder sy hewige neerslag niks anders as harde, skoongespoelde klippe te vinde is nie; so is dit ook met die naakte geregtigheid, wat val uit die onmeetlike hoogte van die wysheid. Dit dood en vernietig die innerlike lewe. En as die lewe eenmaal lyk soos `n dooie, deur die harde gekletter van die water uitgewasde klip, dan sal dit baie moeilik word om op so `n klip tot een of ander lewende plantjie te laat groei!
[19] Want die swaar, aanhoudende druk van die geregtigheids- en wysheidswater het die vroeëre sagte en ryk aardryk tot harde klippe gemaak en vervolgens die doodgemaakte klip uitgehol. Wat sal daar nou van die klip tereg kom?
[20] Waarlik, as hy nie vooraf deur `n oorvloed aan liefdesvuur weer tot los aarde omgevorm word nie, sal elke op hom uitgesaaide saadjie verdor en ten slotte heeltemal afsterwe!
[21] Dit is egter nie goed om te wandel oor klippe en om oor klippe te spring nie, dit is gevaarlik. Hy wat op `n klip val, val hard en slaan te pletter; maar hy op wie `n klip val word daardeur verbrysel. Vandaar dat die tweede helfte van die vraag moeilik te beantwoord is.
[22] Ekself is van mening: As hierdie klipkinders en -broeders en -susters langs die weg van die liefde, wat sterker is as alles, nie weker en losser te maak is nie, dan sal `n nog groter hoeveelheid water van selfs die wysste geregtigheid baie weinig meer kan uitrig.
[23] Laat ons daarom van ons ewige heilige, mees liefdevolle Vader Self leer hoe Hy al Sy lewende wesens lei: Die voëls in die lug, groot en klein, is nie gekluister aan die môre nie, nóg aan die aand nóg aan die middag en middernag nie. Die diere in die woude swerwe daarin na alle rigtings; selfs die visse in die water en die kruipende gediertes het geen mure opgetrek om hulle bewegings te belemmer en om tussenin te woon nie.
[24] Die Heer het ons selfs geen gebod gegee om die kinders van Kain te vervloek nie; waarom doen ons dit dan, ons kinders, broeders en susters aan hulle en verban hulle na omgewings waar hulle onvry is en klippe word?!
[25] O vader, maak die nuttelose bande van die geregtigheid en strengheid los en verbind hulle met die almagtige band van die heilige liefde, dan sal die wysheid van die liefde hulle tot `n vrye wegwyser word; en hulle almal sal hulleself dan baie spoedig, deur hierdie nuwe strale verlig, as kinders van een en dieselfde heilige Vader herken en sal hulleself selfs juigend teen jou vaderhart aanvly en jou met groot liefde deurgloeide arms omhels en jou `n liewe vader noem!
[26] O vaders! In een doudruppeltjie liefde skuil meer krag en heilige mag as in `n hele wêreld vol van die wysste geregtigheid, indien dit nie op die liefde stoel nie! Laat daarom die magtige winde van liefde waai, sodat hierdie starre ysklompe sal ontdooi om weer bevrugtende doudruppels te word en laat selfs die klippe deur die magtige vuur van die liefde uiteen val, sodat ons saad nie tevergeefs in haar vore gelê sal word nie! Amen."
|
|
|
|
|