Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 181

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die besorgdheid van die deemoedige Zuriël

181 En die vyf meisies vly en druk hulleself so hewig teen hulle Geliefde aan, dat Hy op `n natuurlike wyse nie in staat was om verder te gaan nie, tensy Hy met krag enigsins ruimte sou maak of hulle met Homself sou saamgesleep het.

[2] Maar Zuriël dink dat hierdie gedrag van sy dogters moontlik vir Abedam JaHWeH tog `n bietjie onaangenaam sou wees en vra daarom baie eerbiedig gekniel nog aan Abedam:

[3] "My dogters word U miskien al tot `n las; sal ek hulle nie met U welgevalle terugroep nie?! Want U wou immers na Adam se oggendhoogte gaan en hulle hinder U heilige Voete!"

[4] Maar Abedam antwoord hom: "Luister, Zuriël, jy dink op wêreldse wyse oor My! Wie kan `n belemmering vir My Voete wees?! Watter aarde sou My tree teë kan hou?!

[5] Dink jy dan, dat as die gedrag van jou dogters My sou teëstaan, Ek My nie van hulle sou kan losmaak nie?! Jy is nog erg blind in jou werklike (geestes)oog!

[6] Dink jou eers in, elke sandkorreltjie wat aan jou voete kleef, moet Ek met die krag van My liefde sodanig omklem, ja veel intenser nog as die meisies nou My voete, sodat dit as sodanig bestaan, - en nietemin kan jy dit vry met jou saamdra, terwyl jy tog slegs `n skepsel is uit My en daartoe moet Ek jou selfs oneindig maal inniger omklem hou, sodat jy bestaan en leef, dink, voel en helder bewus is van jouself en jy dus deur My ook nie teruggehou word, om jouself vrylik te beweeg nie!

[7] Sien, die aarde is vry in haar beweging, netsoos die maan, die son en ook die tallose sterre, wat almal niks anders is as bloot vir jou nie te verstane, verskillende gevormde wêrelde, netsoos hierdie aarde is, en sonne netsoos hierdie son is, - vele nog onvergelykbaar groter en hier en daar ook baie kleiner en verskillend van lig!

[8] Ek moet hulle almal eindeloos voortdurend in al hulle oneindig uiteenlopende dele vas omklem hou, vanaf die atoom tot by die grootste middelson, wie se omvang, begryp dit goed! - homself tot hierdie aarde met die son, wat tog self baie duisende kere groter is as die aarde, amper in verhouding van `n atoom tot die aarde, - anders sou hulle seker plotseling ophou om te bestaan; en sien, tog kan alles sigself vrylik beweeg!

[9] Kan jy nou jou blindheid begryp?! Hoe kon dit by jou opkom dat jou dogtertjies hinderlik sou kan wees vir My voete?!

[10] O kyk, daar heers by julle nog baie van hierdie soort dwase menings!

[11] Omdat Ek egter aan dit wat die meisies met My doen geen misnoeë, maar alleen maar `n groot welbehae het, kan jy dus tog immers daaruit verstaan dat Ek hulle graag toelaat. Of moet ek liefhebbendes nie om My duld nie?! Wie sou My dan mag benader?

[12] Maar Ek sê aan julle almal: Indien `n vrou My nie sodanig sal aanraak en stewig omhels soos My liewe dogters hier nie, sal sy ewig nooit My aangesig sien nie!

[13] Begryp jy, Zuriël, die sin van hierdie woorde?"

[14] En Zuriël antwoord: "O JaHWeH! Vergeef my arme, blinde dwaas - dit is alles wat ek U hier in staat is om te sê -, wees geduldig en vergewend teenoor my! O, mag ek nou maar voor U oë vergaan; nee, dit kan ek myself nooit vergewe nie!

[15] Hoe meer ek nou nadink, des te duideliker spring die onuitspreeklike dwaasheid van my vraag my in die oog! O JaHWeH, red my, anders verteer die groot skande van my dwaasheid my voor U oë! U heilige wil geskied! Amen."

[16] Maar Abedam strek Sy hand na Zuriël uit en sê aan hom: "Zuriël, Ek sê vir jou: Wees rustig in jou hart; want jou verwarring kom voort uit jou blinde liefde vir My! Daarom gee Ek jou nou `n lig waardeur jy voortaan nie meer so blind sal wees as tot nou toe nie, maar met beide oë siende sal liefhê. Maar Ek sê jou ook: Wie My nie in sy blindheid sal begin liefhê en nie netsoos jy besorg sal wees oor alles betreffende My nie, die sal moeilik ooit `n hoër lig vanuit My liefde kry!

[17] Omdat jy nou volledig siende geword het, sal jy nou ook, sonder dat dit jou skade berokken, sien, hoe weinig of in die geheel nie hierdie meisies wat My voete omklem, in staat is om My voortgang te belemmer nie.

[18] Kyk maar eers `n bietjie om jou heen, waar ons onsself tans bevind, en jy sal jou vroeëre leë besorgdheid nog beter insien!

[19] Hoe kom dit hier vir jou voor? Of bevind Ons Onsself nog op die plek waar Ek na julle toe gekom het? Of mis jy ook maar een van julle?"

[20] Hier het Zuriël van verbasing verstom, want hy kom nou eers tot die ontdekking dat hulle hulleself almal reeds op die oggendhoogte van Adam en dus ook by Adam self bevind wat ongeveer `n halfuur van hulle vroeëre staanplek verwyderd was.

[21] En Abedam vra dadelik aan Zuriël: "Luister Zuriël, waarom sê jy niks? Is dit nie goed dat ons onsself nou al op die plek bevind waar ons andersins nog lank en moeisaam heen moes loop nie?"

[22] En Zuriël, nouliks in beheer van homself, antwoord: "O JaHWeH, of dit goed is so?! - Wat U doen is immers altyd en ewig welgedaan; maar alleen - nee - ek weet dit nie - dit sal tog geen droom wees nie, is ons dan werklik hier?

[23] Ja - maar alleen - hoe het dat dan tog gebeur? Met so `n onbegryplike snelheid, - ek het tog geen beweging opgemerk nie; - ek het gekniel en kniel nog steeds!

[24] O JaHWeH, hoe wonderbaarlik is tog U mag en hoe gewyd U oneindige gesag! Ja, wie moet U nie bo alles liefhê as hy U stilswyend herken het nie, want U is immers tog Self die Allerhoogste Liefde!

[25] Dit sou seker weer al te dwaas wees as ek U, o JaHWeH opnuut sou vra, hoe so iets moontlik is! Nee, nee, - ek vra dit nie! - Wat sou dan vir U onmoontlik wees?!

[26] O JaHWeH, sien, dit is die reinste skande, ek spreek alles deurmekaar soos `n dromende ou vrou!

[27] Wees geduldig met my en laat my eers bedaar en tot myself kom; want dit is vir my wat onrein is, te veel, te verstaan van U!

[28] Ek dank U, heilige, ja meer as heilige Vader vir so oneindig baie barmhartigheid en erbarming; ek is immers die allergeringste deel daarvan nie werd nie!

[29] Alleen U, heilige Vader, het ons alle waardigheid verleen; daarom is ons in ons harte ewig ten diepste geroer. Amen."

[30] En Abedam antwoord hom: "Zuriël, jy verbaas jou daaroor dat jy jou nou plotseling met alle ander hier bevind, - maar tog sê Ek vir jou, dat elke asemtog, elke hartslag in jou, ja alles aan jou `n groter wonder is as dit wat gebeur en wat Ek alleen daarom bewerkstellig, sodat jy duideliker sou insien, hoe volslae onnodig jou besorgdheid oor die vryheid van My voete was!

[31] Jy is regverdig en lewend omdat jy `n buitengewoon opregte hart het; bly daarom dan ook `n vrye bewoner van jou huis! Amen."

[32] Nou kom ook Adam daarby en prys Abedam omdat Hy Homself selfs teenoor die vroulike geslag so minsaam, barmhartig en vol medelye toon.

[33] En Abedam antwoord hom: "Adam, het Eva dan nie uit My hand voortgekom nie?! Waarom sou die vrou in My liefde terugstaan?!

[34] Maar Ek sê vir jou, dat as Ek eendag `n nuwe hemel sal bou, Ek dit in `n vrou sal begin bou en nooit in `n man nie!

[35] Maar daaroor moet niemand My verder vra nie; daar sal vooraf nog groot dinge gebeur! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205