|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 86
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Die gedagtes van die patriarge oor Asmahael se woorde
86 Nadat Asmahael sy toespraak voltooi het, tree `n taamlike lang stilte in onder die vaders; selfs Henog het homself in `n lang bespiegeling oor die liefde verloor en dink by homself na of daar dan tog êrens `n moontlikheid sou kon wees, om homself van die liefde te vergis het.
[2] "Want", sê hy by homself, "Asmahael het maar al te veel gelyk in alles wat hy gespreek het! Maar die aangrypende liefde, die magtige liefde, wat die hart met soet, onoorwinlike geweld tot die ewige, heilige Vader omhoog trek, sodat diegene wat volledig daardeur gegryp is nie meer daaromheen kan gaan nie, en nie in staat is om homself van haar te ontdoen nie, - sou - nee, nee, dit is vir my nie moontlik om dit te voel en te dink nie! -, sou hierdie almagtige liefde dan nie die een of ander ewige wet in die Heer Self wees nie, waaruit, waarna en waardeur Hy alles skep, orden en voortdurend onderhou nie?!
[3] En tog sê Asmahael op so `n verhelderende wyse, dat juis die liefde die hoogste vryheid is, sowel in God, as in al Sy kinders!
[4] Dit is origens in elke geval gewis en seker dat elke lewe deur `n daarmee ooreenkomstige graad van vryheid bepaal is en dat hierdie vryheid steeds gelyke tred hou met die liefde; waar die hoogste liefde dus heers, is ook die volle lewe en daardeur ook die volste vryheid!
[5] Maar hoe staan dit vervolgens met die vasstelling van die ordening kragtens welke elke wese die aan hom gegewe vorm moet behou en homself nie na vrye willekeur kan verander nie? Die Skepper, ons heilige God en Vader, het dit aldus ingestel - dit is en sal vir ewig waar wees! - Maar moet dit, wat by die skepsele en die kinders die onveranderlike vorm bepaal, by die Heer nie deur Homself `n vasgestelde wet wees, wat Hy tot op die laatste oneindige klein puntjie in ag moet neem nie, indien die skepsele sodanig deur Sy oneindige liefde sal bly soos Hy hulle uit Sy ewige ordening vasgestel het?
[6] Dit is `n wet! Wie kan dit nou weer ontken en beweer, dat dit geen wet sou wees nie, maar die tot niks verpligtende, mees ongebonde vryheid?!
[7] O Asmahael, Asmahael! Wie kan jou woorde deurgrond en lewe?!
[8] O vaders, arme vaders, julle het my as leraar gekies! Solank ek kon liefhê, kon ek spreek deur die onbegryplike barmhartigheid van die Heer; maar die woorde van Asmahael toon my nou al te duidelik dat ek my woorde, wat die ewige liefde my ingeblaas het, vir my en vir die vaders, nog nooit ook maar in die geringste mate begryp het nie. Die vrye, soet liefde het nou `n dubbele ding geword; dit is die hoogste vryheid, maar tegelykertyd ook die mees onveranderlike, vaste wet van die wette, waardeur alles in die lewe bepaal is. In vryheid kan ek liefhê en lewe, - onder die wet moet ek liefhê en lewe of die ewige dood sterwe! Maar hoe is vryheid, die volle, ongebonde vryheid en andersyds die mees onveranderlike wet onder een noemer te bring?!
[9 Wie kan my nou met sekerheid sê, of my liefde vryheid is of wet? Omdat ek liefhet en leef, is dit die vryheid; maar omdat die liefde my na haarself toe trek en my onuitspreeklik goed geval, is dit `n ewig rigtende wet, waardeur ek, wat deur die onweerstaanbare aantrekking tot God in my hart moet liefhê, dood, ja vir ewig dood is en dit noodsaaklikerwys ook moet wees!
[10] O heilige Vader, sien, die woorde van Asmahael het my neergeslaan en ek kan myself nie meer help nie; as U my en die vaders nie help en ons nie weer oprig nie, is ons almal vir ewig verlore!
[11] Nou eers sien ek in, dat die mens tot heeltemal niks in staat is nie. As U, o heilige Vader hom nie voortdurend lei, hou hy op om te bestaan en is asof hy daar nooit gewees het nie, vol ewige vernietiging! O Vader, liewe, heilige Vader, red ons van hierdie ondergang waarin die onmoontlik te begrypte woorde van Asmahael ons almal gestort het! Amen."
[12] Toe sy groot verbasing oor die woorde van Asmahael ietwat afneem, staan Set op en vra aan vader Adam: " Luister, geliefde vader, die inleiding van Henog het my op menige dwaalweg helder belig! Onderweg het ek in die gees ingeslaap. Jy het my uit my onnatuurlike droom gewek en wat my baie goed bekom het was dat jy my geseën het; maar wat kan daar en wat moet daarvan vir ons tereg kom?
[13] Asmahael het woorde uitgespreek waarvan die sin onmoontlik ooit deur `n natuurlike mens van vlees en bloed begryp kan word! Het hy dit egter nie heeltemal begryp nie, dan lyk hy soos `n klip, wat in homself vol is met dood en duisternis.
[14] Aan Henog durf ek dit nouliks te vra! As dit met jou nie so gaan as dit met my gaan nie en jy lig sien in hierdie woorde, deel my dit dan getrou mee, sodat hemel en aarde nie ten gronde gaan vanweë my groot onbegrip, nog voordat ons ons geboortestreek sal betree het! Amen."
[15] Adam kyk Set heeltemal uit die veld geslaan aan en weet nie wat hy, om sy eer te red, as vader vir sy seun daaroor sou moet sê nie. Eers na ietwat besinning kom hy daartoe om hom te beduie om geduldig te wag tot `n meer geleë tydstip; want nou moes hy aan iets anders dink.
[16] Maar Enos trek Jared aan sy mou en sê aan hom in sy oor, sonder dat hulle opgestaan het: "Luister, Jared, jy is die wyse onderwyser van jou seun en jy het hom duidelik ingeprent om God in sy hart lief te hê en ook dat die liefde tot God gelyk staan met die liefde van mens tot mens en inniger is as die liefde van die man tot sy vrou en tot sy kinders. Kyk, hy sien nou die groot verleentheid waarin ons ons almal bevind; waarom laat hy ons dan nou in die steek?
[17] Dit kom vir my voor, alsof Asmahael hom alle moed ontneem het! Gaan na hom toe en sê vir hom dat hy ons nou nie in die steek mag laat nie; nou is dit immers van die grootste belang om ons, sy vaders, deur sy geseënde mond uit die grootste van alle verleenthede te red. Gaan en maak hom dit duidelik, as jy wil! Amen."
[18] Maar Jared krap homself agter sy oor en merk eindelik op: "Sien, vader Enos, as `n straal van die son my steek, dan verlaat ek die plek en vlug na die verkoelende skadu! Indien die fel straal nou `n gat in die grond sou brand, waarlik, ek sou my weinig daaroor bekommer; want ek het immers `n goeie skaduplek gevind! Ek moet tog wel buite al my sinne wees, indien ek my skaduplek sou verlaat voordat die son ondergegaan het!
[19] Laat ons daarom dat hulle dit ook uitmaak en laat hulle oor die gehele uitspansel `n tent span, as hulle die son te hittig vind; laat tog die onderwyser met sy leerling klaarkom, as hy `n goeie leermeester is! En sal die leerling bo sy leermeester uitsteek?
[20] Wanneer die skolier egter oor dinge spreek wat nie begryp word deur die hart van die leraar nie, dan is dit immers ongehoord dat mens hom tot leerling aanneem wat die leermeester en al die vaders aan innerlike wysheid so sterk oortref dat hulle daarop nie eens een woordjie weet om te antwoord nie! Vandaar dat ek getroos op my skaduplek bly en my vergenoeg met die ligstrale wat deur die ritselende blare flits, en laat diegene wat wel baie die besondere begeerte het om volslae blind te word, maar met sy gesig in die son staar!
[21] Sien, vader Enos, daarom wil ek nie wat jy wil nie; want my oë is vir my dierbaarder as al die begrip oor sake wat die mens eintlik tog nooit heeltemal kan begryp nie en ek sê daarom onverrigtiger sake uit alle name, Amen."
[22] Ook tussen Kenan en Mahalaleel ontstaan `n gedempte gesprek met die volgende inhoud:-
[23] Mahalaleel: "Wat dink jy, Kenan, sal ons vandag nog tuiskom? Die kinders van die aand lê almal stom soos klippe op die goeie aarde en met ons gaan dit na Asmahael se werklik buitengewone woorde ook geen haar beter nie; ook het ek die idee dat selfs die goeie Henog homself in `n nou juis nie so geringe verleentheid sou kan bevind!"
[24] Kenan: "As jy iets weet, sê dit dan; en weet jy niks, wees dan soos ek, wat ook niks weet nie! Soveel is verseker, dat Asmahael meer weet as ek en jy! Maar watter sin het dit om vir die dowes te preek en iets vir die blindes te laat sien?! Jy ken my droom; dit was seker geen eenvoudige nie! Ek het hom so gewetensvol en getrou vertel as wat ek hom gedroom het. Set en al die ander weet om my ten slotte net so veel te sê as ekself, naamlik niks! Toe dink ek: vroeër het ek niks geweet nie, nou weet ek ook niks en ek sal voortaan ook niks weet nie. En sien, daarmee is ek tevrede!"
[25] Mahalaleel: "As jy, as goeie redenaar, dit van jouself sê, terwyl jou taal tog heeltemal soos die van Asmahael lyk, wat sal ek, wat, soos jyself die beste weet, `n harde tong het, dan wel moet sê?! Maar by die algemene stilswye begin my onverskilligheid my nou `n bietjie te verlaat; want as daar nie spoedig `n oplossing van bo kom nie, vader, ek sê julle, dan sal ons hier in die aand seker die aand belewe en waarskynlik ook middernag, welke op sy minste in geestelike opsig heeltemal nie so ver van ons verwyder skyn te wees nie!"
[26] Kenan: "Laat ons die saak met rus! Indien dit hier werklik tot `n oornagting kom, sal daar - deur die aarde nie wurmstekig en die vaste grond nie tot water word nie. Die Heer weet die beste waarom Hy vir ons besige tonge `n klein rusdag ingelas het! Ek sê altyd maar: Dit is beter om te handel as om steeds te praat en te leer. Ek luister weliswaar baie graag na mooi toesprake en lesse, - maar eerlikwaar: Op hierdie reis gebeur daar te veel van die goeie; mens kan dit nie meer verwerk nie en Asmahael se woord is soos `n klip in my maag, luister, dit sal nog ietwat rus nodig hê om te verteer! Laat ons dit daarom laat soos dit is en swyg! Amen."
|
|
|
|
|