Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 95

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Adam word tereggewys

95 Toe Henog die vraag en die woorde van Adam gehoor het, staan hy onmiddellik op en hy sê uit My die volgende woorde vir Adam:

[2] "In die Naam van die groot God, wat met ons is op almal se weë, sigbaar en onsigbaar - sigbaar vir almal wat Hom waaragtig liefhet, en onsigbaar vir die wyses en vir almal wat meer na die wysheid as na die ware liefde streef, - dus in die Naam van ons groot, almagtige God en boweal van ons mees liefdevolle Vader sê ek jou, geliefde en baie geagte vader, dat jy op `n ontstellende wyse van die weg van die Skepper afgewyk het!

[3] Sien, ek wil, kan en moet jou nou sê dat jy jou in jou aartsvaderlike wysheid geweldig vergis het, omdat jy die Heer in jou hart beskuldig het as sou Hy `n ligsinnige spel met ons bedryf het en sou Hy ons maar net geskape het om net vir Hom as plesierige speelgoed te dien!

[4] O vader, as jy ook maar sou kan vermoed hoe groot, ja hoe oneindig groot jou vergissing is, sou jy nie uit boosheid nie, maar uit berou die Heer wil bid om jou vir ewig te vernietig; want jy sou jouself as gevolg van `n soortgelyke growwe aantyging moet verdoem en moet wens dat al die berge hulle op jou sal stort om jou te verberg voor die aangesig van Hom wat jou en ons almal nog nooit so ontsettend naby was en Wie se liefde nog nooit so onuitspreeklik werksaam was as juis nou nie, noudat jy dink dat Hy Hom die verste van jou verwyderd bevind en jy daarom teen Hom optrek asof jy Sy meester sou wees.

[5] Meen jy dan, vader, dat die Heer, net soos ons, onstandvastig en wispelturig is soos `n aan `n spinnerak hangende verdorde blaar, en dat Hy met Sy werke sou doen wat die klein kinders gereeld met hulle speelgoed doen as dit hulle beurt geword het?! O vader, wat se gedagte oor God het jy in jou hart laat opstyg?!

[6] Sien, as die Heer so sou gewees het, soos dit waarvan jy Hom beskuldig, sou Hy dan nie al lankal ons almal, vanweë jou, op `n ellendige manier omgebring het nie?! Maar omdat Hy gladnie so is soos jy baie valslik in jou hart oor Hom getuig het nie, maar daarenteen vol van die mees eindelose liefde, lankmoedigheid, sagmoedigheid, ja selfs vanuit Sy algehele allermees heilige goddelike wese buitengewoon deemoedig en juis daardeur vol medelye en barmhartigheid is ten opsigte van ons, is ons almal nog in die lewe en sal op hierdie aarde selfs nog `n langer tyd voortlewe en sal na Sy liefde en erbarming die lewe vir ewig verkry en behou! Want Hy het ons vanuit Homself gemaak tot lewende houers, waarin Hy deur Sy voortdurende liefdevolle sorg `n volkome op Homself lykende, vir ewig onsterflike, vry wese geestelik vervolmaak en sal hulle tot rypwording bring.

[7] Sien, liewe vader, jy het dit fyn in jou wysheid beraam om van my die verbode vrug te pluk; maar glo my, die mees verfynde wysheid is ten opsigte van die beskeie liefde `n growwe valstrik, wat weliswaar ook uit die fyn drade van die liefde inmekaar gedraai is, maar die drade is nie meer vry nie en daardeur nie so innig met mekaar verbonde nie en ook nie meer so soepel en in staat om homself ook in die kleinste ruimte te beweeg nie.

[8] Die valstrik van die wysheid deug slegs daarvoor om swaar, ruwe kluite sonder enige orde vir `n korter tyd aanmekaar te heg; maar die teer drade van die liefde omspin die mees innerlike tere lewe en neem sodoende baie maklik die sagte trillings van die aanskouende siel waar!

[9] Daar sit Hy op die grimmige dier; Hy het met my en met Kenan en Set gespreek! Of aan al dit wat gesê is, iets van belang kleef, sal nie ek nie, maar Hy daar op die dier jou getrou verkondig; bowendien sal Hy die rede aangee waarom my tong vir jou deur God heeltemal gebonde geword het.

[10] Kom tot rus, wees geduldig en berustend in jou hart, dan sal jy terstond een van God se grootste wonders aanskou! Amen. Luister! Amen."

[11] Toe Adam die onverwagte antwoord uit Henog se mond gehoor het, roep hy luid en sê:

[12] "My God, my God, waarom het U my geskape en nou so geheel en al verlaat?

[13] Toendertyd, toe ek, deur U verwerp, gedurende ewighede geval het, het U gekom, Ewige Liefde, tot my, arme, en het my begelei, het uit U woord vir my die aarde gebou en plaas my, soos ek nou nog gedeeltelik is, daarop; maar nou roep ek in my hart tot U of U my sou wil vernietig of red, - maar U wil my stem nie hoor en laat my versmag van honger en dors en verbied selfs my kinders om dit, waarna ek so baie verlang, vir my aan te reik!

[14] O my God, my God! Waarom het U so hard geword teenoor my?

[15] Luister, kinders, ek sê vir julle: Doen wat julle goeddink en Asmahael mag tot die kinders spreek soos hy goeddink; hy sal my honger en dors nie verlig wat ewenwel nie deur my kinders gestil was nie! Want van nou af aan sal die maag van my gees my hele lewe lank honger en dors ly; en ek wil geen krummel en geen sluk meer uit vreemde hande sluk nie, maar dit wat vir my my eie innerlike grond sal aandra, wil ek verteer, maar niemand sal ek daarvan saam laat deel nie! My nuuskierigheid sal in die moeras van my skuld aan God verstik en trane van berou sal die verdorde lewe, wat deur die vuur van my blinde naywer gelaat is, deurdrenk! En as ek nie meer langer daar sal wees nie, mag God in die nag van die wêreld my kleed aantrek om my te red en my van die gifdruipende wond te genees, wat die slang uit my eie hart met haar skerp tande in my vlees gemaak het en wat tot die dood lei van alle mense wat hierdie aarde betree!

[16] Kinders, onthou dit; want voortaan sal julle van my weinig meer kry om te onthou! Laat die wil van die Heer vir ewig met my wees en met julle, Amen; ook sê ek vir julle: Luister daarna! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205