|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 146
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Abedam se ontmoeting met die vreemdeling
146 En begelei deur seëninge verlaat Abedam terstond die heilige plek en begeef homself na sy mense, heeltemal belaai met die heerlikste skatte uit die hemel. En hy gaan, vervul met verhewe gedagtes en van liefde tot die Heer terug langs dieselfde weg waaroor hulle almal, komend van die aand, vroeër op so `n buitengewoon wonderbaarlike wyse gegaan het en sien, presies op die plek waar hulle almal gerus het en hy homself as enige metgesel aan Asmahael se sy bevind het, kom `n flinke jongman op hom af en vra vir hom:
[2] "Waar gaan jy so laat in die dag heen? Sien, die son raak reeds die bergrand aan en die maan is met sy skynsel nog ver weg; die weg is ongelyk en die pad is vol klippe. Luister Abedam, Ek het gehoor dat daar by die kinders van die middernag, voor die oë van alle vaders, groot dinge homself sou voorgedoen het! Ek wil nou daarheen om ook iets daarvan te sien en wel in die besonder die versterkte vaders; wil jy nie omdraai en My daarheen begelei nie?"
[3] En Abedam besin homself vinnig en vra die vreemdeling: "Ja, wat jy wens, daaraan sal ek met alle plesier voldoen; maar as jy dalk `n naam het, wil jy dit nie vir my laat weet nie, sodat ek jou dan aan die vaders kan bekendstel?"
[4] En die vreemdeling vra hom dieselfde en sê aan hom: "As jy My jou naam noem, sal Ek ook Myne noem en sal Ek jou nog iets baie anders sê; maar gee My eers jou naam!"
[5] Abedam kyk vreemd op en sê aan die vreemdeling: "Hoe kan jy my nou vir my naam vra?! Jy het dit so ewe hiervoor self genoem toe jy my opgehou het en my versoek het om jou weer daarheen te begelei, waar sulke ongehoorde groot dinge gebeur het! Sien, hoe moet ek dit begryp?!"
[6] En die vreemdeling antwoord hom: "Sien, Abedam, jy kom juis van die plek, van die heilige plek, waar sulke groot dinge gebeur het en ook jy was verseker gewek! Hoe kan jy as gewekte, hierdie maklike vraag dan nie begryp nie?"
[7] Abedam was heeltemal oorbluf en het nie geweet wat hy die vreemdeling hierop moes antwoord nie.
[8] En die vreemdeling vra hom weer, hoe sy naam lui. En Abedam, geheel buiten homself van verwondering dat die vreemdeling hom tog steeds by sy naam noem en nou heeltyd daarop staan om Abedam se naam te verneem, antwoord die vreemdeling eindelik:
[9] "Luister dan, net soos wat jy my noem, so heet ek ook en ek het geen ander naam as juis die wat jy my gegee het en wat Adam en Emmanuel my gegee het!"
[10] En die vreemdeling sê, terwyl Hy hom skerp aankyk: "Sien, Abedam, nou is Ek tevrede, omdat jy My gesê het wat jou naam is! Want kyk, Ek het jou weliswaar dadelik by die begin die naam gegee; maar as `n deur My gegewe naam, was dit immers nie jou naam nie, maar Myne in jou, of jy nou ook so heet of nie. Nou is die naam joune en van Myne, en bygevolg het jy jou en My naam tegelyk ervaar en kan jy My nou rustig begelei waarheen Ek wens!"
[11] Dit verwonder Abedam nie min dat die vreemdeling nou juis ook sy naam het nie en hy begin onmiddellik die terugweg saam met die vreemdeling.
[12] Onderweg vra Abedam aan die ander Abedam: "Sê my, as jy wil, vanuit welke streek het jy nou hierheen gekom en van wie het jy gehoor wat homself in die gebied van die middernag voorgedoen het?"
[13] Die vreemdeling antwoord: "Wat jou eerste vraag betref kom Ek reëlreg van die more vandaan; maar wat jou tweede vraag betref, daaroor wil ek jou `n baie kort verhaal vertel:
[14] Sien, `n vader in die môregebied - wel die rykste aan kinders en aan liefde tot hulle - het lank toegesien hoe sy kinders hulleself met allerlei nuttige en meer nog met skadelike dinge besig hou. Daarom het hierdie wyse vader homself so opgestel dat die kinders hom nie kon opmerk nie. Maar na `n nie al te lange tyd verspeel het, begin die kinders hulleself onbehoorlik te gedra, sodat daar nouliks een oorgebly het wat sy hart rein gehou het uit liefde tot sy onopgemerkte vader. Voortdurend vermaan hy, weliswaar met sorg, al die ouer broers en hulle luister egter wel graag na sy woord; maar nie een wou graag van harte daarvolgens handel nie.
[15] Toe besluit die vader om homself onherkenbaar te vermom en so sy kinders te benader en te maak asof hy as vreemdeling uit die diepte gekom het.
[16] Die kinders het hom wel opgeneem, maar nie met liefde nie, maar slegs deur bemiddeling van een as vreemdeling; want omdat hulle harte in dwaasheid verander het en wêrelds geword het, het ook hulle oë blind geword en hulle ore doof, sodat hulle die vader nie daardeur kon herken nie.
[17] Maar toe die vader homself geleidelik aan steeds meer te kenne gee deur dade en woorde, was die kinders angstig en bang, en weinig kon sy aanwesigheid verdra.
[18] Omdat die vader sien hoe onryp sy kinders nog was, verwarm hy hulle almal met sy liefde, sodat hulle hulleself tot hom wend en hom loof en prys. En die vader versterk hulle almal en seën hulle en verlaat hulle na `n kort proeftydperk.
[19] Hierdie vader kom op sy terugweg en vertel dit vir My, vandaar dat Ek nou hier is om na te gaan hoe dit met die kinders gaan en wat hulle in die afwesigheid van hulle vader doen.
[20] Bring My daarom na die heilige plek! Amen."
|
|
|
|
|