Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 83

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Henog se woorde oor Set se vergissing

83 Set het Henog se woorde oor die stilswye van die kinders van die aand en die verontskuldigende woorde van Adam baie goed begryp en sê ten slotte:

[2] "O vader, o Henog, nou is alles vir my duidelik; julle beide, jy, geliefde vader, en jy, geliefde seun, sal my my deur angs ontstane vergissing wel wil vergewe; maar sal die Heer dit ook doen, teen wie se allergewyde woord ek my in die eintlike sin van die woord geskaar het? Hoe kan ek vergewing daarvoor kry?

[3] Dit het reeds lig geword in my siel en ek bespeur al duidelik dat daar `n nuwe, ware lewe in my hart ontstaan; nou sien ek egter maar al te duidelik weer nag en dood in my binneste!

[4] Waarlik, die kinders van die aand en van die middernag sal begin om te praat asof hulle uit die middel van die son voortgekom het; maar ek sal stommer wees as `n klip in die diepste van die see, omdat ek my tong gebruik het om teen te spreek, daar waar ek haar tot ewige dank moes benut het! Nie eens die lewende woord van bo sal Henog nog tot my spreek nie, maar dit moet Asmahael doen! O grote God, hoe geweldig groot moet my sonde wel voor U wees, dat selfs U as Heer van al die lewe, vanweë my hardnekkigheid vir Henog gebied het om niks teen my te sê nie, maar slegs Asmahael moet my oor al my vergissinge onderrig!

[5] O wee my, as die Heer my nie meer sou wil aansien in Sy erbarming nie! Wie sal my dan red uit die nag van die dood?

[6] O Heer, laat U Asmahael in elke geval woorde vol jeugdige krag uit die volheid van die lewe tot ons rig en by uitstek tot my, omdat ons vol dofheid is en dooie opvattinge het; maar laat daarom die baie geseënde tong van Henog nie voor ons verstom en veral in die besonder nie vir my nie, sodat niemand iets deur my sou kon verloor nie.

[7] O Heer, God en Vader, wees barmhartig met my, arme dwaas vol blindheid, en wees my barmhartig! Amen."

[8] Hierna staan Henog op My bevel dadelik op en spreek uit My die volgende kragtigste taal vir Set en ook vir al die ander:

[9] "O liewe vader Set, sien, waar is die mens, wat as hy deur `n dwaling gegryp is, homself midde in die dwaling sou kan help?! As hy spreek, dan spreek hy asof in `n droom; as hy handel, dan handel hy soos `n blinde; as hy loop, dan loop hy asof hy geen gevoel in sy voete het nie; as hy sou wil staan, dan val hy om soos iemand wat duiselig is; wil hy weer opstaan, dan sien hy geen kans om sy voete reg te plaas nie; en wil hy sien en hoor, dan sien en hoor hy die skadu in plaas van die saak self en die hol geluid in plaas van die lewende woord.

[10] Sien, so was dit en so is dit nog met jou! Jy het die skadu van die lewe en van die ware liefde slegs in die middag in jouself waargeneem; daarmee tevrede, wil jy wel die ewige liefde tegemoet tree omdat jy heimlik by jouself dink dat elke woord van jou nou reeds van bo sou moet kom. Die Heer laat dit slegs daarom toe dat jy sou val sodat jy nou goed sal begryp dat dit moeiliker is om die allerhoogste goed van JaHWeH se ewige liefde te bemagtig, as om in driemaal sewe dae die hele oes in te bring!

[11] Sien, jy het jou vergis toe jy my met die woord van die Heer verwyt het! Waarom het jy jou dan vergis? Omdat jy meen dat die dringende versoek van jou hart reeds heeltemal suiwer van bo afkomstig sou wees en jou onbetwisbaar die reg gee om die Wysheid van God Self geregverdiglik af te wys, omdat die wysheid in die lewe van jou hart, waaroor `n skadu geval het, nie duidelik was nie en dit daarom verontreg en dodelik voorgekom het.

[12] Nou maak jy weer `n fout, omdat jy ten eerste Adam en my meer vergewingsgesindheid toevertrou as die ewige liefde van JaHWeH Self, wie se mees eie kinders ons tog almal sonder uitsondering is of ons nou goed is of vol ongehoorsaamheid sit, en ten tweede skyn jy te meen dat alles slegs hoofsaaklik van my woorde afhang, sonder om te bedink dat ook dit wat deur `n klip gespreek word, dieselfde heilige, lewende woord van die Heer is.

[13] Vra daarom nie om my tong nie, maar om die lewende woord; slaan geen ag op die werktuig nie, maar op die barmhartigheid wat van die Heer kom, deur watter werktuig dan ook, hetsy deur Henog of deur Asmahael; dan sal jy volkome geregverdig lewe in die ewige liefde van JaHWeH, wat altyd die beste weet en sien welke werktuig vir hierdie of daardie die meeste deug. Indien dit egter die Heer welgevallig is om ook deur Asmahael te spreek, sê my, sal die woorde van die Heer dan in `n mindere mate woorde van die Heer wees?!

[14] O vader Set, sien, dit is die wil van die Heer, dat elkeen voortdurend in sy eie hart na die ewige lewe van sy siel en sy gees sal strewe; maar daarby moet tog niemand homself laat verlei en van mening wees dat mens in `n paar uur ook reeds alles bereik het nie!

[15] Maar het iemand homself al iets van die Heer eie gemaak, laat hy daarmee dan maak soos kinders dit doen, as hy `n verborge skat vind en dit selfs vir die oë van sy ouers verberg het uit angs dat dit weer van hom afgeneem sou kan word!

[16] Laat niemand `n te groot begeerte hê om `n werktuig van die Heer te word nie, maar laat elkeen volhard in alle heilige stilte en groot deemoed en verborge liefde! Want daar skuil geen dankbaarheid in nie en dit is baie seker geen verdienste as iemand deur die Heer geroep word om as `n werktuig te dien nie - want die Heer is in staat om ook sonder werktuie Sy groot werk te verrig - maar alles berus daarop, dat ons nie `n Heer soek om Hom ons onbeduidende belange op te dring om daarmee aan te toon dat ons ook wat sou wees of sou kan doen nie, maar dat ons almal een en dieselfde heilige Vader soek, sodat Hy ons vol barmhartigheid as kinders van die ewige lewe sal opneem deur die genadige en liefdevolle opwekking van ons slapende gees en deur die verligting van ons siel wat deur die wêreld verduister is.

[17] Maar wie die Heer geroep het om vir sy broeders van Sy oneindige liefde te getuig, laat hy getuig, maar steeds in die allergrootste deemoed van sy eie hart, daarby steeds gedagtig dat `n mens slegs `n volkome nuttelose dienaar is, wat maar al te maklik deur die Heer ontbeer kan word!

[18] Wee diegene wat daardeur sou gaan glo dat hy meer is as sy broeders of dat die Heer hom nodig het, `n boosdoener sal sy eie oordeel nie misloop nie!

[19] As ons egter dien, dien ons dan mekaar in alle liefde as broeders en kinders van een en dieselfde Vader, en laat ons allerhoogste wysheid daaruit bestaan om die heilige Vader bo alles lief te hê. Laat niemand die ander `n leer opdring nie, as`t ware dat hy daartoe soos`n hond geroep is om te blaf en `n haan om te kraai! Wanneer iemand egter deur die Heer geroep is, laat hy daaraan gehoor gee, - maar wel in die allergrootste liefde en deemoed; want eers daardeur sal hy getuig dat sy leer waaragtig uit God is, as die ewige oerbron van alle liefde en al die lewe.

[20] Laat diegene wat preek minder wees as al sy broeders, dan sal hy getuig dat hy `n waaragtig dienaar van die liefde is!

[21] Diegene wat uit die mond van `n broeder die woord van die Heer verneem, laat hom die Heer vir die onuitspreeklike barmhartigheid dank; maar dat die prediker by homself bedink dat hy die mins waardige is en laat hy elkeen van sy broeders beter beskou as hyself, dan sal hy sy hart behoed teen hoogmoed, wat die vader van die dood is, dan sal hy vir die Heer `n rustige huis wees en slegs dit is vir Hom welgevallig!

[22] O vader Set, sien, dit is dit wat die Vader van ons wil en eis! Laat ons in alle liefde en deemoed daarna strewe om Hom welgevallig te wees, dan sal ons lewe en ons nooit deur die skadu van die lewe laat mislei nie! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205