Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 85

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Asmahael se woorde oor die wet

85 Toe Set die woorde gehoor het, sien hy dadelik die bekrompe dwaasheid van sy handeling volkome in, word weer `n vry mens en loof en prys My uitbundig in sy weer lewende hart en verheug homself baie oor die woorde van Asmahael, wat nou op versoek van Henog dadelik begin te spreek en wel oor die stilswye van die kinders van die aand. Wat hy sê, spreek hy uit My deur die gees van Abel in bondige en vloeiende woorde, soos `n spruitjie wat rustig oor klein kieselsteentjies en sandbankies voortruis en verder borrel om homself dan laggend te laat uitstroom in die rivier, wat haar liefling met oop arms opneem om dit dan op haar breë skouers verder na die see van rus te dra.

[2] Dit was die baie beroemd geworde rede van Asmahael en dit lui as volg:

[3] "O vaders van die vaders van die aarde! Wenend beskou my oog die smagtende skare heerlike kinders van die vaders van die aarde; hulle lê so swyend en so dood soos klippe op die bodem van die seë en die ander groot waters.

[4] Gebooie, - o harde en loodsware gebod! O mense, julle harde en liefdelose mense, waarheen sal julle julle broeders lei deur al die nuttelose gebooie,

[5] waarvan elke gebod onontkombaar `n eindelose menigte van heeltemal nuwe gebooie tot homself moet trek en hulle maak tot wat daar van die onskuldige kinders word!

[6] O vra dit julleself af, vaders van die vaders van die aarde, hoeveel gebooie het die ewige, mees barmhartige Heer in Sy wysheid julle almal te houe gegee!

[7] Ek weet dit en moet dit vir julle sê: Geen enkele een nie - as om alleen die ewige vryheid te ken in al die eindelose liefde van die ewige, heilige Vader!

[8] Is ons dan geskape om loodsware laste van al die gebooie te dra?! Is God dan `n swak geworde God, dat Hy die mense gebooie moet gee om hulle met harde teuels in die harnas te hou?!

[9] O vaders, hoe dwaas sou dit wees om so-iets van `n almagtige, ewige, eindelose, heilige God te dink, wie se ligste asemtog al die tallose wêrelde en eindelose skare geeste verlore kan laat gaan!

[10] So `n eindeloos magtige God sou die mense moet bedwing met laste wat nie gedra kan word nie, van dooie gebooie, met keiharde reëls, wat ten slotte selfs Hy, met al Sy krag, nie in staat is om te versag en dit ook nooit sou mag doen nie. Want as Hy een van hierdie geestelike ankers van die lewe sou losmaak, sou Hy dan nie moet vrees, om aan die einde deur Sy skepsele gevange geneem te word om dan Self mee te maak wat dit is om `n slaaf te wees van die skepsele, wat almal ten opsigte van Hom nog geen sonstoffie uitmaak nie!

[11] O vaders van die vaders van die aarde, julle kan julle niks dwaser voorstel nie! Die Vader, die ewige, heilige Vader vol liefde, die magtige, vrye, oneindige God sou wesens skep om hulle daarna op die mees wrede wyse onder die harde druk van die as wêrelde so swaar gebooie te dood?!

[12] O waarlik, dit sou vir my baie makliker te begrype wees dat ek en my wrede draer `n enkel wese vol nag en vol lig in die middel van die aarde sou wees, as dat ons God, ons magtige, ewige, vrye en heilige God ook maar `n wese sou kon laat ontstaan om hom deur gebooie te onderdruk en te dwing om homself vry te beweeg, wat tog `n nog groter onmoontlikheid sou wees as wanneer die mees vrye, heilige Vader en Skepper Homself deur ysterkettings gebind het tot `n slaaf van die slawe in die diepte van Lameg sou maak!

[13] O vaders van die vaders van die aarde, hoe is dit dan moontlik, dat julle, as enigste kinders van die ewige, heilige Vader, wat vol liefde is, van Sy wysste, heerlikste, mees vrye ordening niks af weet nie? Julle preek voor mekaar oor die liefde tot die Vader - en ken van die ewige, heilige grondelement, wat ek nou duidelik insien, niks anders en nie meer nie as dat julle dit met leë uitgebasuinde woorde kan noem!

[14] O luister, die liefde, die magtige, heilige liefde van die ewige Vader is immers niks anders as die ewige, mees vrye ordening in God nie! Volgens hierdie ewige, heilige ordening en hiermee in volkome ooreenstemming, het immers uit Hom al die eindelose skare geeste, die wêrelde en julle, Sy enige kinders, ewe vry as Hyself voortgekom.

[15] Maar om julle te leer, dat julle julleself, soos Hy, volledig vry sal voel, gee Hy as Vader uit die diepste van Sy liefde aan julle kinders - ek sou dit nooit `n gebod wil noem nie - slegs `n baie wyse, welwillende raad, om julle aan niks te verbind en niks aan te raak, wat belemmerend vir julle vryheid sou kon word nie; maar julle, in die volste bewussyn van goddelike vryheid en volheid van krag, wou geen ag slaan op die raad van julle liefhebbende Vader nie en gryp na alles wat julle nog baie onbestendige vryheid en lewe wel moes belemmer. Die daad was in stryd met die ewige ordening van die liefde; nou moes die heilige Vader die eindelose skepping omvorm om julle opnuut in die vryheid van die lewe te stel.

[16] Nou word julle in hierdie so liefderyke posisie as kinders van die heilige Vaders geplaas, julle is vry en vol lewe en barmhartigheid van bo; hoe kan julle dan so verblind wees om die kinders van dieselfde heilige Vader sonder enige rede na die verskillende oorde te verban onder die dwang van `n duister gebod, wat hulle nie tot lewe bring nie, nóg vreugde gee, maar hulle volgens liggaam en gees doodmaak?!

[17] Maak daarom die verroeste bande van die dooie wet los van hulle gemartelde voete en laat hulle die aarde opbou soos dit hulle geval - slegs die duistere dieptes sal hulle moet vermy - dan sal hulle lewe, om God te loof en prys en bemin en julle respekteer as redelike vaders en magtige kinders van die Heer. Luister! Amen. Luister! Amen. Luister! Amen!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205