Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 72

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die wysheid van Sethlahem en die wysheid van Asmahael

72 En toe Sethlahem die woorde gehoor het, val hy voor Henog neer en sê: "O Henog, jou groot wysheid het my vernietig, sodat dit nou vir my voorkom asof ek nooit bestaan het nie; maar ek merk dat ek nou in my ondergang meer begryp as tevore in my wysheid. Neem daarom my dank aan vir so `n geduld met my van jou kant en omdat jy nie kwaad word oor my groot dwaasheid wat my so brutaal laat word het, dat ek dit gewaag het om voor jou deur liefde verligte gelaat te tree en met jou te twis, jy wat `n lewende werktuig in die hand van die almagtige, heilige Vader is!

[2] Sien, my oë het jy weliswaar blind gemaak en ek sien nog nie in wat die korrekte is nie; maar ek neem nou `n ander lig in my waar, wat my `n nuwe pad toon, weliswaar nog flou verlig, maar `n pad wat my in een oomblik verder sal voer as wat die vrugtelose lig van my oë my in baie, ja reeds baie, baie jare ooit gebring het.

[3] O Henog, mag my voet êrens op die nuwe pad `n baie vrugbare plek aantref, laat my dan na jou toe kom, sodat jy my kan toon of ek die korrekte weg bewandel.

[4] O Henog, roep my, wanneer jy my in my blindheid `n vergissing sal sien maak! Amen."

[5] En Henog antwoord hom: "O Sethlahem! Sien, jy het so `n redelike wil en jy is so vol goeie ywer, dat jy daarvoor lof toekom; maar één ding is nog op jou aan te merk en dit is, dat jy dit wat slegs God, ons aller heilige Vader, aan sy kinders kan gee, by my soek, wat eweneens slegs `n swak mens is, en jy sodoende die werktuig in plaas van die Heer prys!

[6] Dink jy dan, dat jy beter van my iets kan afsmeek as van die oneindige liefde en die erbarming van die ewige, heilige Vader?! O Sethlahem, laat jou nooit in verwarring bring deur die verborge dwaasheid van jou hart en wend jou nie eerder tot die mens nie, alvorens jy jou vol liefde en berou in jou diepste oergrond tot God gewend het! En as jy gedurende `n langer tyd nie verhoor word nie, bedink dan in die eerste plek, dat selfs die beste mense, ten opsigte van God, suiwer boos en liefdeloos is en dat God jou tog langsamerhand alles sal gee, voordat selfs die mees rnedelydende mens jou ook maar één blik waardig keur.

[7] Wat ons betref, ons het immers tog al op bevel van God, ons heilige, goeie Vader by jou gekom en sal op grond van Sy liefde in ons, ons oë nimmer van jou afwend nie. Hef daarom jou hart omhoog en bemin die heilige Vader met al jou kragte, dan sal jy lewe; want `n dergelike liefde sal jy in één oomblik meer leer as al die goeie en wyse mense in baie honderde jare. Sien, nou het jy alles wat jy voorlopig nodig het; handel en wandel in die liefde tot God! Amen."

[8] Na hierdie woorde buig Sethlahem voor die vaders en tree dankbaar terug en voel baie vreugde in homself opkom en prys My daarvoor in sy hart.

[9] Hierna wend Henog homself nog tot Adam en sê: "Liewe vader, wees nie kwaad nie, dat ek julle hier langer ophou as wat julle vir my voorsien het; maar sien, die Heer rig Sy gawe van liefde nie volgens ons tydsrekening nie, maar wanneer Hy dit wil gee, dan gee Hy dit en altyd aan Hom, die groot, heilige Gewer, ons volste dank, prysing, lof en eer! Amen."

[10] En Adam antwoord: "O beste Henog, wees onbesorg; ons almal weet tog immers dat wat die Heer doen, altyd welgedaan is! Amen."

[11] En Set stem dadelik hardop daarmee saam en voeg daar ten slotte nog aan toe: "En altyd op presies die korrekte oomblik! Amen."

[12] Nogmaals staan Adam op en sê, terwyl hy homself tot Henog wend: "Henog, nou laat ons dadelik met Asmahael begin, ten eerste, omdat hy aan die beurt is en ten tweede, sodat hy ons daarmee sy opvatting oor die fraai tafereel wat hierdie omgewing bied laat weet en ten slotte vir ons sê hoe hy dit alles ervaar het. Daarna sal ons onsself onmiddellik gereedmaak om verder te reis en ons sal nog `n kort uitnodiging aan die kinders van die aand en die van middernag laat uitgaan, om ons ten slotte op weg na die huis te begewe. Amen."

[13] En Henog versoek Asmahael om met sy deel te begin.

[14] En sien, terstond stap die dier met sy ryer op die rug na vore. Maar die kinders van die middag spreek oor verskillende dinge nogal luid met mekaar; die dier brul dadelik drie maal agtereenvolgens so hard, dat `n geweldige angs hulle almal aangryp en hulle stemme in die diepste stilswye versink.

[15] Nadat die orde herstel was, verstom die dier oombliklik en Asmahael begin met `n welluidende stem die volgende, baie merkwaardige woorde uit te spreek:

[16] "O baie waardige vaders van die vaders van die aarde! Wat moet en wat sou ek, wat die duistere diepte van die dood sedert kort gelede ternouernood ontvlug het, op hierdie so heilige hoogte nou sê, terwyl alles vol wondere, vol barmhartigheid, vol lewe - die kragtigste woord op my bewende tong laat verstar?!

[17] Die heerlike tafereel van hierdie omgewing, o waarlik, wie nie in staat is om heilige woorde van lewe vanuit homself uit te spreek nie, o hoe moet hy vorme soos hierdie, so wonderbaarlik heerlik en mooi, met die stotterende tong ontledend, beskryf?!

[18] O vaders van die vaders van die aarde, ek het dit nog amper gewaag om my oë heeltemal te open, sodat die moontlikheid my ten deel sou val om die wondere van die heilige hoogte te aanskou; nou sou ek arme, ek blinde, ek dooie dit moet vertolk vir julle wat vol barmhartigheid, vol lewe, vol mag en vol sterkte die dinge met die seldsaamste vorme wel reeds lank vanuit innerlike krag deurskou het?!

[19] Wat stel hierdie grasryke vlaktes, omring deur hemelwaarts oprysende rotswande en rotstoppe voor, wanneer hulle baie groot betekenis verborge moet bly?! Sou nie `n verfoeilike steentjie vir my en vir elkeen wat daarvan die grondslag sou begryp, oneindigmaal hoër in die heilige rangorde staan as al die gebergtes en hoogtes van die aarde en dit met hulle?!

[20] Hoe maklik is dit om te sê: "Mens hoef dit immers maar te sien, dat sedert die môre `n dampende, na die hemel reikende koning van die berge homself baie stoutmoedig verhef as hy die aarde moes beheers!" O seker, die oog van die diere kan dit ook sien! Maar as ek my afvra: "Verstaan jy, Asmahael, so `n magtige bousel?", dan klink dit in die nag van my hart: "Hoe moet die dooies die dooies begryp?! Jou lewe is slegs die skyn en die begogeling van jou sintuie! Die buigsame tong is al wat jou onderskei van die van diere!"

[21] O vaders, toe ek daarvan bewus word, laat dit my dink hoe heeltemal onmoontlik die vorm van die heilige hoogtes vir my te deurvors is!

[22] Ook sien ek daar tussen die môre en middernag `n berg, nog heerliker stralend as die son aan die hemel self, omdat sy haar strale slegs in één kleur aan ons gee en hierdie berg in magtige strome, die son beskamend, die lig van alle sterre en blomme uitbuit, maar as ek my afvra: "Hoe en vanwaar en waarom?", o, dan roep die gras en al die klippe, in duidelik te begrypte tekens, my in die oor: "O dwaas, waarom dink jy tog so moeisaam na oor die wondere van die lig?! Is die lig wat stroom uit God dan te aanskou?!

[23] O jy dwaas, sien, om slegs lig te gee, skep die almag van die Skepper eens die son en nimmer om dit te aanskou; en as jy die vaardigheid om ryplik na te dink ontvang het, dink dan nie na oor die denke nie, want dit kom ooreen met die dwaasheid om die son te wil sien.

[24] Gedagtes is ligte van die siel, wat die onvaste warboel van die liggaamlike lewe verlig, maar dit is nie so, dat jy hulle enkel en alleen daartoe sou moet benut en gebruik nie! Hoe sou jy dit buite jou ontstane wonder begryp, solank jy jouself, as die mees nabye wonder, moet ontwyk?!"

[25] O sien, waardige vaders van die vaders van die aarde, o wanneer mens dan deur nood, gedwonge so-iets van die stomme natuur te wete kom, dan is dit slegte rus op die hoogtes van die lig!

[26] Ek was nie hierheen ontbied om my lig te laat skyn nie, nee, slegs om verlig te word, was ek deur die skitterende Abel hier na julle toe gebring! Laat my daarom nou julle woorde vol lig en vol lewe hoor; dit is nog lank geen tyd vir my om te spreek nie! O, wie sou daar ook nog woorde kan vind wat meer gewyd sou klink as die wat vol krag en vol lewe van bo van die tong van Henog vloei, waarvan één woord belangriker is as die swaar las van die aarde van pool tot pool! Want waar die gesproke woord homself nie maar net as `n welluidende klank ryklik laat hoor nie, maar ook met goeie gevolg en seënend die lewe oorvloediglik uit die dodelike verborge dieptes in die mense vrymaak, - o luister na my, arme: `n Dergelike woord is tog belangriker en groter as alles wat die oog moontlik mag te sien kry en te waardeer volgens die materiële betekenis daarvan!

[27] En daarom, waardige vaders van die vaders van die aarde, laat my arme, as dooie nou swyg; want dit is nie gepas om as dooie te spreek vir diegene wie se bors `n lewe uit God in die suiwerste lig herberg nie, van waar uit elke woord met geseënde tong die lewe uitstrooi, soos die son haar trillende lig.

[28] Derhalwe laat my, o vaders van die vaders van die aarde, my nietige, slegs galmende woord beëindig; want die tyd is vir iets beter gemaak as vir `n niksseggende gekeuwel!

[29] Al is die omgewing ook so mooi soos die weerkaatsing van die lewe, - mooier is dit egter om na die lewe te strewe! O waarlik, soos ek dit ondergaan, is `n druppel lewe, in die nouste ruimte opgesluit, vir diegene wat dit getrou gevind het, mooier as wanneer hy met sy skerpste blik na buite in die eindelose ruimte vol sonne en dood sou tuur!

[30] O Henog, my mees wyse leraar deur die barmhartigheid en die liefde van bo, neem my nuttelose gepraat nie kwalik nie en hou die dooie sy blindheid ten goede! Luister, die dooie en blinde is ek! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205