Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 117

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Adam se vraag aan Asmahael

117 Na hierdie woorde staan Adam op en roep Asmahael na hom toe. Toe Asmahael Homself terstond by Adam voeg, vra hy aan hom:

[2] "O U, wie se naam my tong nie durf uitspreek nie, o Asmahael, U sal tog nie kwaad wees vir my, swak mens, as ek nou met `n vraag by U sou kom waarvan die beantwoording `n hele berg laste van my hart sou afwentel nie?"

[3] En Asmahael antwoord: "Adam, as jy Asmahael ken, waarom wil jy dit dan van Hom vra wat jou bedruk maak? Weet jy dan nie dat Diegene wat die middelpunt van die aarde gemaak het en die groot gewelf van die oneindige hemel gespan het, netsoos `n spinnekop haar net, ook die Skepper van jou hart is en altyd baie goed weet wat daarin plaasvind nie?!

[4] Vra tog nie daarom as jy My ken nie; ken jy my ewenwel nog nie, hoe kan jy dan dink dat Ek in staat sou wees om die klip van jou hart af te wentel of selfs `n berg, en waarom nie die hele aarde self nie?

[5] Lê dit wat in jou hart dwars sit, met liefde en geloof getrou aan die Asmahael binne-in jou voor, en die Asmahael wat nou voor jou staan, sal jou deur die innerlike Asmahael die mees getroue, lewende antwoord gee wat jou waaragtig tot die lewe sal bring, terwyl elke van buite komende antwoord jou sou kan doodmaak, in plaas van om jou te laat lewe. Want wat daar ook van buiteaf, dan ook, by die mens binnekom, is vir hom van nature en in sy wese van dodelike aard; die lewe kom altyd van binne-af, netsoos ook God Self ewig en oneindig vanuit Sy eie middelpunt van liefde werk!

[6] Doen daarom wat Ek jou aangeraai het en jy sal dit verkry waarna jou hart dors! Amen."

[7] En Adam doen netsoos dit vir hom aangeraai was. En spoedig lig sy gesig in opperste vreugde op, want nou word elke twyfel omtrent Asmahael weggeneem; en dus sing hy lof ter ere van God en prys Hom in Sy hart, sodat daarna alles om hom heen met `n boaardse glans omgewe word!

[8] Dit merk alle kinders wat om hom heen was op, en hulle kom naderby en vra aan die aartsvader wat daar nou weer gebeur het, omdat alles om hom heen so glans.

[9] Maar Adam wys na Asmahael en sê: "O kinders, vra dit nie aan my nie; daar staan die groot Leraar en die onnaspeurlike Heer in alle dinge! Soek dit nie buite jou nie, maar in jou; want dit leer Diegene wat vir ewig die ewige Lewe Self is!

[10] Werklikheid, waarheid en lewe is maar net binne-in die mens, ook alleen daar moet dit gesoek word en is dit ook te vinde; alles daarenteen wat van buiteaf in die mens binnegaan, is slegs skyn, maar geen werklikheid nie, en is van nature dodelik.

[11] Indien iemand van buiteaf `n leer ontvang en hy wil lewensnut daarvan hê, moet hy dan nie sy wil vooraf laat doodmaak en dan met `n stomme wil afwag wat se vrug uit die saad van die leer sal opgroei nie?!

[12] Maar hy wie homself wend tot die lewende lewe in sigself en daardeur tot Hom wat gewyd, gewyd, gewyd is, ewig opreg en getrou vol liefde, erbarming en barmhartigheid is, die sal dit ontvang netsoos wat ek dit nou ontvang het, en oor een of ander saak waarvan die onsekerheid hom vroeër sy hart met sware klippe belas het, sal hy aan geen twyfel meer onderhewig wees nie. Vra daarom nie, maar doen netsoos wat ek dit gedoen het, dan sal julle alles waaraan julle behoefte het, lewend in julleself vind! Amen."

[13] En na hierdie woorde wend hulle hulleself almal na Asmahael, kyk Hom aan, maar sê geen woord nie, maar elkeen dink daarby nog aan Sy vraag vol twyfel omtrent Asmahael, met uitsondering van Henog, Abedam, Methusalag en sy seun Lameg. Want die eerste twee het maar al te goed geweet wat Adam se woorde beteken het, omdat hulle dit uit My geweet het; die twee jongstes het eintlik nog heeltemal niks geweet nie, maar by hulle volg die een verwondering na die ander. Dit sou nou heeltemal volgens hulle wens gewees het om nog meer sulke dergelike taferele te sien; ja, hulle vrolike verwondering was so groot, dat hulle daardeur byna geheel vergeet het om nog verder navraag te doen oor My, wat voorlopig ook baie goed vir hulle was.

[14] Maar Set, Enos, Kenan, Mahalaleel en Jared verdiep hulle nog steeds meer en meer in die vraagstuk aangaande Asmahael; en sien, geen verlewendige antwoord kom by hulle op nie en omdat hulle daaruit die onvrugbaarheid van hulle inspanning gewaar, wend hulle hulle weer die een na die ander tot Adam en vra:

[15] "Vader! Sien, by my gebeur daar niks as ek jou raad opvolg nie! Lê dit by die raad of by ons?

[16] Is die raad onvolledig of het ons die verkeerd opgeneem?

[17] Want vroeër was daar tog tenminste `n skemering, nou is dit egter stikdonker nag! Wat staan ons nou te doen? Antwoord ons, goeie vader! Amen."

[18] Adam gee hulle met liefdevolle erns te verstane: "Het ek julle dan nie gesê hoe julle dit moet doen nie?! Waar was julle gees toe ek gepraat het?

[19] Daar voor julle staan Asmahael! Is die blote dink op sigself al toereikend?! Wat is die gedagte sonder die volledige liefde, sonder die volledige vertroue en sonder `n volledige geloof? Niks anders as `n leë vertoon nie, waarin netsoveel lewe skuil as in `n gefantaseerde honderd jaar oue sneeuvlok op `n gloeiende klip in jou drome!

[20] Doen daarom dit wat julle doen volledig, indien julle wil hê dat dit vrugte afwerp! Maar netsoos gesê, daar staan Asmahael; begryp dit tog, kinders; Asmahael is in julle midde! Amen."

[21] En die vyf wend hulleself onmiddellik tot Asmahael. Maar Hy sê: "Sou Ek julle iets anders leer as Adam, wat dit van My ontvang het?! Dit is ver van My, maar handel daarvolgens, dan sal julle ook daar aankom waar Adam aangekom het; want elkeen van julle is tot die lewe geroep.

[22] Maar wanneer julle nie die regte ding doen nie, dan is al die vrae na lewe vergeefs; want die lewende antwoord nie die dode nie, maar alleen diegene wat lewe in hulle hart het! Amen. Begryp dit, Amen!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205