Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 43

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Henog verklaar die woorde van Adam en Kenan

43 En sien, toe Kenan klaar was met die vloeiende en sierlike beskrywing van sy visioen, kyk almal hom aan en buig voor hom; want hulle was ten seerste verwonderd en het nie geweet welke betekenis hulle daaraan moes heg nie.

[2] Na `n lang tyd, stilswyend van verbasing, herstel vader Set homself ten slotte en wend hom met weloorwoë woorde tot die aanwesige kinders, terwyl hy dankend sy oë na die hemel ophef en as volg begin te spreek: "O Kenan, o kinders, wat is dit? Wat beteken dit en waartoe sal dit lei?!

[3] Die geheimsinnige woorde van aartsvader Adam het nog nouliks in ons weerklink; ons het nog geen woord daarvan op verstandige wyse in ons liefdeswakke hart ontsyfer nie; ja selfs Henog se laaste donderpreek sweef nog soos `n donker skadu voor al my sintuie: En nou kom selfs jy, liewe Kenan, met `n wêreld van aaklige dinge, waarvan die sin slegs aan God bekend kan wees. Ja, ek sou selfs byna beweer, dat dit vir `n mens nouliks moontlik sou kan wees, om sy lewe te kan behou, as die ewige, heilige Vader hom soveel wysheid sou laat toekom om nog die onbegryplike diep sin van sulke geheimsinnige, verhewe dinge te begryp!

[4] O Kenan, Kenan, waarom moes jy `n dergelike visioen sien en het dit aan ons arme, swak vaders en kinders vertel, en ons daardeur in verwarring gebring; en ons daardeur armer gemaak as wat ons tevore was, omdat ons onsself nog nie bekommer het om dit in sulke woorde prysgegewe weë en raadsbesluite van die ewige gewydheid van JaHWeH, waarvan die sin aan geen engel duidelik kan wees, solank die engel slegs engel is, maar tog nooit gelyk kan en sal wees aan Hom, wat ons aller liewe, heilige Vader is, wat nie te deurgrond is in elkeen van Sy ewige woorde nie?!

[5] O kinders, wat julle uit die mond van die liewe Kenan verneem het, weer dit uit julle hoof en erken liewer in alle wroeging en deemoed van ons liefdeswak harte met my, dat ons met mekaar tot niks in staat is nie! Ook sal geeneen van ons almal ooit begeer om iets dergeliks te begryp nie, maar ons laat sulke onbegryplike sake altyd weer oor aan God, want Hy sal wel weet wat Hy daardeur wil bereik; Hy het beslis dit slegs as `n suiwerste steen des aanstoot gegee om daarmee vir ons, arme swakkelinge, ten eerste te kenne gegee hoe sterk Hy selfs in `n sonstoffie is, en ten tweede dat ons deemoedig in ons self bevestiging sou vind dat ons uit onsself tot niks in staat is nie, maar dat slegs Hy, ons liewe, heilige Vader, altyd alles in almal is!

[6] O kinders, dink na oor die woorde van julle vader Set en behoed julle daardeur teen elke versoeking! Amen."

[7] En toe Set sy weldeurdagte toespraak beëindig het, stap die baie vrome Henog dadelik voor die vaders, buig voor hulle en vra vir toestemming of hy in hulle teenwoordigheid hieromtrent ook enige woorde kon sê en dit des te meer, omdat hy op baie besondere wyse so pas `n innerlike oproep daartoe gekry het.

[8] Set kyk hom aan en sê: "O spreek, spreek maar, blye, vroom seun van die ewige lente! Ook julle donderpreke is slegs `n verkoelende oggend dou teenoor sulke ongehoorde sonbrande uit Kenan se mond. Dit sal ons almal goed doen as jy weet hoe om die een bietjie te temper; daarom spreek jy, soos wat iets na gelang uit jou moet kom, spreek! Amen."

[9] En almal stem met die wens van Set in en Henog begin as volg te praat: "O liewe vaders en alle kinders van God, luister en verstaan die woorde wat uit my mond kom baie goed!

[10] As julle dit wil en kan, hef dan julle blik op na die onmeetlike hoogtes van die hemel van God, ons allergewyde, beste Vader en laat dan weer julle blik daal na die eweso onmeetlike dieptes van dieselfde magtige God, aan Wie se heerskappy nooit `n einde kom nie! Bedink, hoe baie verborgenhede daar wel in die hoogte en in die diepte mag lê, waarvan geen mens ooit maar iets kon droom nie!

[11] Kenan was slegs so gelukkig, vir sover dit nou aan my bekend is, om `n klein sonstoffie, ietwat ontleed, in sy gees te aanskou en ons aartsvader Adam het ons eweneens slegs `n weinig fyngevryfde sonstoffie getoon - waarby julle my sogenaamde donderpreek buite beskouing moet laat - en dit verwonder ons reeds in so `n hoë en onbegryplike mate! Maar hoe is dit dan moontlik dat ons in staat is om wêrelde en sonne by ons swak oë verby te sien trek en tog nog in die lewe te bly?! Wie het ooit die wonder in `n grashalm gesien, wat homself beskeie onder ons voetstap buig?! Welke grootheid en verhewenheid van God lê daarin opgesluit en tog trap ons met ons onwaardige voete daarop en bly in die lewe!

[12] Gaan dit dan met ons in die gees nie byna net so soos die kinders, wat ook baie bedroef na `n harde stuk brood kyk wat hulle aangebied word, op `n tydstip waarop hulle nog sagte melkspyse verwag?! Moet mens hulle daarom nooit brood gee nie, omdat mens hulle aan sagte kos gewoond gemaak het?! Hoe sou hulle dan daardeur die krag van `n man verkry?!

[13] Sien, net so gaan dit nou ook met ons! Terwyl ons nog kinders met melktande was, het die heilige Vader ons melk te drinke gegee en sagte kos wat goed vir ons kragte aangepas was; maar nou moet ons in die gees manne word! Sien, dan deug die slap kos nie meer nie, maar die Vader gee ons nou brood, sodat ons die kragtigste manne in Sy barmhartigheid sal word, sodat ons dan nie net na die dinge kyk nie, maar Sy groot liefde en wysheid ook goed sal begryp en ken en uit hierdie twee Sy allergewyde Wil wat daarin lê!

[14] As aartsvader Adam ons nou die weg vertel het, wat sy eens verdwaalde gees deurloop het, in en waardeur ook ons gees verdwaal en verward geword het, dan steek daar tog waaragtig nie so baie onbegryplikheid daarin nie! Want die gees moes tog immers vroeër daar gewees het as die liggaam, net soos wat God noodsaaklikerwys vroeër daar moes gewees het as die een of ander skepsel wat uit Hom voortgekom het, omdat Hy die oergrond van alle dinge is! Want vir wat sou die liggaam anders, die half vergane gebou uit leem wel geskape moes gewees het, indien die reeds lank bestaande gees nie al noodsaaklikerwys aanwesig was nie, waarvoor hierdie woning tog eintlik deur God, ons heilige Vader, ter beproewing van sy vryheid, gestig was!

[15] `n Hen het tog nog nooit `n leë eier gelê nie; ons weet ook maar al te goed dat die inhoud van die eier vroeër daar moes gewees het as die wit, harde, goedgeslote dop! Of kan iemand wat enige wysheid besit, aanneem dat die gees eers in die liggaam ontstaan en homself daar vorm en ontwikkel? Ja, wie daartoe in staat sou wees, moet tog immers nog duisend maal onverstandiger en baie onwyser wees as iemand wat `n woning wou bou vir iemand wat nog nie daar is nie, omdat hy in die dwase veronderstelling verkeer, dat as die woning maar eenmaal daar staan, dit wel in en uit homself `n bewoner sal verwek!

[16] Waarom kom die verwekking dan vóór die ontstaan, waarom die man vóór die vrou? Hoe gebeur dit dan dat ons die wind van ver hoor ruis, terwyl ons struike nog rustig daarby staan? Maar as die wind by ons struike aangekom het, dan beweeg al die takkies. Wel nou, moet die wind dan nie reeds vroeër daar gewees het om na ons toe te kom en ons struike tot `n lewendige beweging aan te por nie? Die struike het die wind beslis nie verwek nie, maar die wind het daar vry oorheen gewaai en bring hulle toe eers tot lewendigheid.

[17] Sou iemand met rede kan beweer dat die een of ander vrug ter wille van die boom geskape was, of sou die boom daarom vroeër daar gewees het, sodat hy eers `n vrug kon voortbring?! Waarom sê julle dan dat God allerlei sade in die aarde gelê het, waaruit daarna allerlei soorte gras, plante, struike en kruie voortgekom het wat die saadvrugte voortbring, waarin die lewende sade weer opnuut gebore aanwesig is!

[18] As God egter ons, Sy kinders, in al Sy tallose wonder­baarlike werke die ewige ordening getoon het waarin die lewe of die krag altyd ver daarvandaan vooraf moet gaan, wat juis daardeur en ten slotte daarvoor ontstaan, hoe kon ons onsself dan so grootliks verwonder dat Adam in staat was om aan ons `n hoër insig in die lang geskiedenis van sy gees te gee en ons daardeur te toon dat en hoe ons ook daarin vervleg is en was, en al ons nakomelinge tot aan die einde van alle tye meer of minder sal wees. Hy het ons benewens nog getoon, hoe gewyd en groot en tog so; liefdevol, vol medelye en barmhartigheid God, ons aller Vader, is, en hoe oneindig lankmoedig en toegewend.

[19] En as ons dit ervaar, waarom sal ons dan vrees, terwyl ons baie goed weet hoe oneindig goed Hy is, wat dit vir ons laat ervaar! Ja, ons sal en moet God vrees - maar nie omdat Hy ons brood gee nie, maar ons moet vrees, om Hom nie lief te hê nie; want diegene wat één oomblik sy liefde tot God versuim, is dood solank hy buite God se liefde is. Daarom moet ons vernaamste handeling wees om God voortdurend lief te hê, omdat Hy ons volgens die getuienis van aartsvader Adam reeds lank daarvoor so innig liefgehad het, dat ons nou, dit wat ons as Sy kinders is, slegs deur Sy oneindige liefde geword het; en daarom moet al ons handelinge daarop gerig wees om voortdurend ons liefde tot God te versterk!

[20] Kyk na die tallose skepsele om ons heen! Hulle bestaan en het weliswaar ook uit hierdie almagtige liefde ontstaan; maar hulle kan en mag hierdie liefde nie met wederliefde beantwoord nie, omdat hulle nie ryp is vir, en in staat is tot liefde nie, - soos wat ons ons jongeres die wedersydse liefde weerhou, solank as wat hulle nog nie ryp is daarvoor nie.

[21] Maar ons almal het ryp geword vir die liefde; daarom moet ook ons vernaamste handeling wees, om nie na te laat om diegene lief te hê wat ons volkome ryp gemaak het om lief te hê nie!

[22] Wanneer `n eggenoot dan vir sy vrou sê dat sy hom moet liefhê in al haar doen en late, omdat hy haar van ganser harte bemin, mag dit dan ook deur `n deugsame seun vir `n onryp meisie gesê word? Julle sê: "By die gewydheid van God, nee, nie totdat die boom geseënd is nie! Weë diegene wat homself daaraan sou vergryp; want eers moet daar die rypheid wees, dan die seën en eers daarna die liefde!"

[23] O vaders, volgens die wil van God het julle volledig gelyk, as julle dit so stel; maar gaan eers by julleself te rade en beantwoord vir julleself die vraag of dit nie nog `n growwer faling sou wees, wanneer die ryp en geseëndes net soos die kinders sou maak en sou vlug, soos wanneer die onryp kinders mekaar sou beslaap nie!

[24] Deur Kenan het God ons ons volledige rypheid aangetoon om Hom uit vrye wil lief te hê, waarom verbaas ons onsself dan daaroor, asof ons onryp kinders was, terwyl ons onsself tog baie meer sou moet verbaas dat ons almal tesame in die liefde lou en onbestendig is soos golwende water, waardeur die barmhartigheid in ons versplinter word soos die son op die onrustige oppervlak van die water?!

[25] Ek sê vir julle: Kenan se droom sê niks anders vir ons as dat ons God, ons heilige Vader uit al ons kragte steeds meer moet liefhê en vol liefde elke liefdelose oomblik sou moet berou, dat ons doodgemaak het solank ons sonder liefde was; want lewe en "liefde" is een en dieselfde. Wie lewe het, die leef in die vreugde van sy welbewuste bestaan en is tewens `n vriend van sy lewe; maar as iemand geen vreugde meer sou belewe aan sy eie lewe nie, sou hy immers ook uit die lewe tree sodra hy die lus tot lewe sou verloor en dan sou hy homself doodmaak, sodat hy dan `n selfmoordenaar sou word, net soos wat Kain `n broedermoordenaar geword het. En hy sou gevolglik tweevoudig sterwe, ten eerste buite God se liefde en verder buite sy eie liefde.

[26] Sien, ons lewe of ons liefde is in God, en God is slegs ons liefde en ons lewe; maar indien ons swak en lou word in ons liefde tot God, word ons lewe ook steeds swakker, selfs sodat ons in hierdie toestand waarin die lewe swyg, die dinge in en om ons ten slotte sou aanskou asof ons blind en doof sou gewees het. En ons sou van alles wat daar in en om ons aangaan, niks begryp nie en wanneer die heilige Vader ons dan, wat lui en ook traag geword het in die liefde, met Sy barmhartigheid kom wek, meen ons dat dit nie gepas is om in liefde te ontwaak nie. O liewe vaders, dit moet ver van ons wees; want ons God is `n baie ernstige God en uitermate gewyd as ons liefdevolle Vader en Hy beleef geen vreugde aan plaerye en versoekinge nie; want waarom sou Hy ons versoek wat reeds lank vantevore al ons hare getel het nog voordat dit op ons hoof gegroei het?! Sou Hy nie weet wat ons sal doen nie? – O, daaraan het Hy geen behoefte nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205