Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 160

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

God se hulp en die sorge van die mens

160 En sien, terstond doof alle vlamme en alle diere wyk terug. En Adam en Set word bevry van die groot beproewing en het van nou af aan geheel vrye toegang deur die hele woning, sodat hy kon loop waarheen hy maar wou.

[2] En hy sê aan homself: "Eva het nou geen behoefte meer aan my tog baie magtelose beskerming nie; want hoe sou ek iemand anders kan help, terwyl ek immers in die geheel nie by magte was om myself te help nie?! Omdat my ou woning dus nou deur die groot erbarming van die Heer bevry is van alle verskrikkinge, wil ek my ook daarheen wend en my bevryde voete daarheen laat gaan waar hierdie heilige redding van ons vandaan gekom het!"

[3] En dadelik plaas beide, Adam sowel as Set, hulle nou vry geworde voete in beweging in die rigting van Abedam.

[4] Maar Hy kom hulle al tegemoet. En omdat beide harte van groot dankbaarheid oorvloei en nie een van die twee daarom in staat was om ook maar `n woord oor sy lippe te kry nie, was Abedam hulle ook hier voor en sê aan hulle:

[5] "As jy in jou nood die Heer benader het en die Heer het jou smeekbede verhoor, dan moet jy Hom nie meer jou rug toekeer nie, maar jy moet met jou gesig en jou hele hart na Hom toegewend bly; want as Hy jou kan beskerm, sal Hy dan ook nie diegene kan beskerm waaroor jy jou op dwase wyse oor besorg gemaak het?!

[6] Sien, Eva en alle ander lewe is nog heeltemal ongedeerd! Wat se nut het jou onnosel dwase sorg vir hulle gehad?! Indien Ek hulle nie beskerm het en volkome veilig bewaar het nie, wat sou daar dan nou met hulle gebeur het?! Of sou jy hulle kon gehelp het, as hulle deur die raserny van die sterk, bloeddorstige diere verskeur of deur die vernietigende mag van die vuur gegryp sou gewees het?!

[7] Sien, daarom hoef die mens homself maar net oor een ding besorg te wees en dit is om vir God, die heilige Vader altyd te soek, nie net in nood nie, maar ook op weë wat deur die liefde geregverdig word! En wie Hom dan as die hoogste goed gevind het, sal Hom nie dadelik weer sy rug toekeer nie, maar by Hom bly, - want anders sal hy altyd reeds halfpad op die terugweg van sy onvermoë gewaarword en eers deur bittere ervarings moet erken hoe hy sonder My tot heeltemal niks in staat is nie.

[8] Want as iemand My Naam roep, maar hy het My sy rug toegedraai, waarlik, hy sal nie verhoor word solank hy nie sy hart en sy gesig na My gewend het nie!

[9] Maar neem dit in julle op: So `n tweede omkeer sal altyd swaar op die proef gestel word en dan sal eers blyk oor hoeveel erns die hart beskik - want die wêreld om hom heen sal dan geweldig tekere gaan, - en daar word geen ander woord verhoor as net dit vanuit die hart nie!

[10] Begryp dit goed en keer My nooit jou rug toe nie, maar laat jou oral heen deur My lei en begelei word! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205