Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 131

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Adam se vreugde en dank. Die vraag van die weetgierige Jura aan Asmahael

131 En nadat Henog hierdie opmerklike selfgesprek beëindig het, kom Asmahael, met sy geweldige vangs ook by die geselskap, wat met stomme verwondering geslaan was, aan.

[2] Toe hy nou, op so `n dertig treë van Adam verwyderd, voor die wagtendes aankom, gebied hy die groot skare om te gaan sit en gaan vervolgens na Adam, wat homself nog nie van sy sprakeloosheid herstel het nie, en sê aan hom:

[3] "Adam, word wakker en kyk wat die stem van die ware Roepende vermag het en tel en kontroleer dan of niemand ontbreek nie, - maar seën hulle almal vooraf. Amen."

[4] Adam staan op en sê met `n hart wat geheel deur wroeging verteer was: "Asmahael, laat my net die laaste in U Naam doen! Want wat U, o Heer, getel het, daarvan is die maat sekerlik altyd meer as vol; want U is immers altyd ewig en oneindig, en wat U doen is immers ook steeds welgedaan!

[5] Ek en al my, deur U aan my geskenkte kinders, kan nou niks anders doen as om te U loof en te prys nie! O Heer, neem ons harte soos warm woorde vol dank en liefde vir U, barmhartig op en doen met ons almal volgens U welgevalle! Amen."

[6] En Asmahael roep vir Jura, Bhusin en Ohorion na Hom toe en sê aan hulle: Luister! Julle vader is reeds byna twee uur hier by julle en nog niemand het hom `n versterking gebring nie; Stuur daarom bodes na die huis en laat `n voldoende hoeveelheid van allerlei vrugte, brood, melk en heuning haal, sodat daar genoeg is vir almal wat hier aanwesig is! Gaan nou en handel! Amen."

[7] Jura laat sy twee broers dadelik gaan; maar hy bly nog by Asmahael en vra aan Hom:

[8] "Magtige jongeling! Kan jy my nie sê wie jy is en vanwaar jy kom nie? Is Adam ook jou vader? Of is daar dalk op hierdie wye aarde `n nog magtiger hoofstamvader as ons vader Adam, aan wie se woord eens ook die son en die maan gehoorsaam is?

[9] Maar omdat hy eens voor JaHWeH tot `n val gekom het, het sy mag ook geval en daarom is ons almal nou dienare van die swakte en sal nooit meer in staat wees om ons uit ons onmag te verhef nie.

[10] Maar jy is beklee met mag netsoos Adam dit gehad het voor sy val voor JaHWeH; daarom kan jy my wel sê wat ek jou gevra het, - maar alleen as jy dit wil! Amen."

[11] En Asmahael antwoord: "Jura, jy is `n goeie mens en jou vraag is billik; maar dink by jouself daaroor na, welke nut dit vir jou sal hê as jy dit weet of as jy dit voorlopig nie weet nie!

[12] `n Onwaarheid uit My mond is onmoontlik en vir die waarheid is jy nog nie in jou hart ryp nie, - sonder die rypheid sou sy jou doodmaak; wees daarom geduldig totdat jy ryp is en bemin en vrees God, dan sal jy in jou hart `n antwoord kry ten aansien van Diegene vir wie jy dit nou aanraai!

[13] Maar weet dat Ek in geeneen van jou vrae pas nie en daarom is elke vermoede van jou verkeerd; maar word ryp, dan sal jy `n groot lig sien, wat `n `n lig is van alle ligte!

[14] Gaan jy nou ook en doen net soos jou broers! Amen."

[15] En Jura gaan en het met die ander, op bevel van Asmahael, ryklik spys en drank gebring.

[16] Toe die kinders van middernag, nou ryklik met alles belaai, terugkom en dit voor Adam en die res van die kinders neerlê, gaan Asmahael daarheen, seën alles en gebied almal om daarvan te eet en Self gaan Hy by die laatste mandjie sit en eet vir die eerste keer saam met hulle.

[17] Maar Adam sê nou: "O Asmahael! Hoe kan U nou by die laatste mandjie gaan sit, - Aan U kom tog die eerste plek toe, bo alle ander!

[18] Asmahael antwoord: "Adam! Waar is die eerste plek en waar is die laaste?! - Die deemoed kom tog in die eerste plek! Weet jy dan nie, dat waar die Eerste gaan sit, ook sy plek aan Hom gelyk is nie?! - Maak jy daarom geen sorge oor My plek nie, maar geniet dit nou sonder sorge, Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205