|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 97
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Adam se bekentenis
97 Na hierdie woorde van Asmahael staan Adam dadelik weer op en kon homself nie hou by sy uitgesproke belofte om lewenslank te swyg nie, wat hy tog alreeds tevore teenoor Set verbreek het, maar terstond begin hy die volgende woorde, soos `n soort selfbekentenis, te spreek:
[2] "Luister almal, kinders uit die regte lyn en uit die sylyn: Ek het reeds nege-honderd-en-twintig klippe neergelê, elke jaar een, so dikwels as wat die eerste blommetjies die naakte aarde na die winter begin te tooi.
[3] Tot nou toe was dit voortdurend min of meer nag in my en al my vermeende lig was geen daglig nie, maar slegs die bedrieglike, vlugtige skynsel van die maan, wat nouliks toereikend is om die uiterlike vorm van `n voorwerp te sien; maar wat die kleur betref, wat `n verkwikkende weerkaatsing van die goddelike waarhede en die diepste geheime van die innerlike lewe is, daarvan is en bly daar slegs een trou, naamlik alleen die geel kleur van die dood, - al die ander is vernietig en omvorm, sodat hulle daarna sal wees asof hulle gladnie bestaan het nie.
[4] Wie sou kan vertel wat alles in my met geringe resultaat deurleefde lang nag opgeval het, oor hoe baie ek dit nagedink en dikwels ook vrugteloos geween, hoe dikwels ek tot my God en julle God gebid en gesug het?! Julle het ek lig gegee; maar ek het self voortdurend in die bedrieglike skynsel gebly van die nie uit te banne nag wat in my eie hart begrawe was. Ek was nie in staat om steeds in die lig te bly nie. Die woorde van Henog en al die ander oor die goeie en ware neiging, was soos die nagtelike bliksem, wie se felle lig wel vir een oomblik die vlaktes van die aarde verlig, maar dadelik daarop die verbaasde blik van die soeker met die dikste, ondeurdringbare duisternis straf. En waarlik, liewe kinders, met my gaan dit na elke toespraak geen haar beter nie! Want ek begryp net dit wat daar gesê word; maar as ek daarvan uitgaande dit van voor en na agter en van agter na vore begin te oordink en te ondersoek, dan blyk die swak skemering nie meer toereikend te wees nie en word vir my die verste boom slegs dit wat my verbeelding daaruit wil opmaak, - maar tot `n blywende waarheid kom dit nie vir my nie! En die lig van die nagtelike bliksem was nie beter nie. Ek glo dikwels om die saak aan te pak; maar voordat ek myself kon herstel, vanweë die plotselinge, sterk lig, moes ek weldra weer insien dat nie alleen die voorwerp waarna my hand wou gryp nie, maar ook die vrugtelose uitgestrekte hand van my gesigsvermoë in die mees ondeurdringbare nag verdwyn het.
[5] Waarlik, selfs gister se volkome onverwagte, genadevolle verskyning van die Heer was, ofskoon Hy begelei was deur die mees uitsonderlike liefdeslig en barmhartigheidslig, vir my nie veel beter as `n buitengewone fel bliksemstraal in die duister nag nie!
[6] Solank die Heer te midde van ons bly, het ek gedink dat ek alles begryp; maar toe Hy weer uit die gesig verdwyn, was ek ook dadelik genoodsaak om aan Henog `n verklaring van JaHWeH se ondeurgrondelike diepsinnige woorde te vra.
[7] Henog het dit gedoen en wel uit die Heer Self; maar vir my nag was sy vonkie te swak en ek begryp - om die waarheid te sê - sowel daarna as daarvoor niks meer as net die woorde waaruit hierdie mooi, heerlike toespraak bestaan het nie.
[8] O kinders, luister en verheug julle saam met my; hierdie lang nag is by my nou ten einde!
[9] Daar is geen maanskyn, geen bliksemstraal meer, wat nou vir ewig die aller helderste deur my heen skyn nie, nee, - maar JaHWeH se son, die ewige dag van die ewige lewe het in my opgegaan!
[10] O Asmahael! Asmahael! Wie woorde spreek soos U, wat netso lewend is as God Self, waarlik, hy is geen vreemdeling nie, maar is heeltemal tuis in die hart van elke mens!
[11] Asmahael, vergeef my, swakkeling teenoor U, dat ek dit nog durf waag om my stem in U aanwesigheid te laat klink!
[12] U woord is geen ingegewe woord nie, maar dit is U eie woord! Nou is alles vir my duidelik, waarom die kinders voor my moes swyg!
[13] My God en my Heer! Laat ek ook swyg, sodat U ons nie sal verlaat nie! U heilige Wil geskied! Amen."
|
|
|
|
|