Kaeam se lied van troos.
164. Toe die ander vier nie goed kon volg wat Kaeam van plan was om te doen nie - omdat hulle op `n afstand en vanweë die geraas van die volk wat na hulle huise trek, van die wedersydse gesprek nie veel begryp het nie, - tree hulle nader en vra hom daarna.
[2] Maar Kaeam antwoord hulle: "Oor dit wat julle my vra, antwoord ek julle dat ek by Hom bly wat ons gered het; julle kan dieselfde doen, as julle wil!"
[3] Maar die ander vra wederom aan Kaeam, wat daar dan wel met sy vrou en kinders en nog ander dinge sou gebeur.
[4] En nogmaals antwoord Kaeam hulle:
"Deurdat ek bly, het ek alles al gedoen!
Hy, wat vandag die aarde nie verbeur
en die band met die hemel nie verskeur
sal tog seker wel tot more
vir my arme hutjie sôre!
[5] Laat die sorge ook nie vir julle druk nie,
die aarde lê tog nie in stukke nie;
beter is dit om stap vir stap te volg,
wat in die heilige sentrum verborge is,
as om in jou hut te lê te ruste,
toegewend aan die traagheid luste.
[6] Watter nut bied my hut
as die Een haar nie beskut!
Hy wat ons bemin, doen bomate,
kan deur ons word nagelate!
En, volg ek Hom, deur Beter bewoë,
O, dat ook julle die liefde mag volg!"
[7] Maar die ander begryp nie wat Kaeam hulle onthul nie en weer vra hulle hom wat hy met die woorde bedoel.
[8] Hy antwoord hulle: "Wie nie ontbrand laat die harte,
as hy die Vader gevind het,
die is nie sonder meer by magte
om te sien Wie hom die lewe gestuur het!
Daarom kan jy van hier vertrek.
Gaan slaap tot `n mens jou sal wek.
Deurvors nie wat jy nog nie kan:
die ontdekking van ons Middelpunt. Amen".
[9] Al spoedig wend Abedam, die Hoë, Homself tot die viertal en sê aan hulle: "Wie begryp wat hy nie sien nie en verstaan wat hy nie hoor nie?!
[10] As die blinde of iemand met sy oë toe reeds op helder ligdag niks sien nie, hoe sal dit met hom dan in die nag gaan?! En as iemand se oor doof is vir die donder, hoe sou hy dan wel die sagte geritsel van die liefde kan verstaan?!
[11] Ek sê vir julle dit: Hy wat die opgaande son nie met die eerste oogopslag erken nie, hy het `n geweldige ooggebrek! En wie nie deur die luide donder gewek word nie, is sekerlik vas aan die slaap!
[12] Trek dan ook maar rustig en met `n goeie gemoed na jul wonings en slaap maar eers baie goed daar uit; vergeet net nie om môre op die regte tyd wakker te word nie! Amen."
[13] Maar toe die viertal hierdie woorde van Abedam hoor, was hulle bang en een van hulle vra aan Abedam: "Wie is U dan dat ons hart by die klank van U Woorde so geweldig beef? Wat verbind ons met U?"
[14] "Wie is Ek? - Ek Is wat Ek Is; maar julle het nog baie weinig met My te doen gehad!
[15] Indien Ek van oudsher so weinig met julle te doen gehad het soos julle met My, waarlik, dan sou julle nog weinig brood verorber het!
[16] Begryp dit en begeef julle ter ruste! Amen."
[17] Omdat Abedam hulle daarmee so kortaf behandel het, wend hulle hulleself nog tot Set en vra hom wat daar met hierdie Vreemdeling aan die gang was; want Sy woorde klink so sonderling en het tot nou toe `n baie vreemde uitwerking op hulle gemoed gehad.
[18] Maar Set antwoord hulle: "Het julle dan nie vroeër gehoor wat die vreemdeling aan julle gesê het nie?: Indien `n blinde of iemand met sy oë toe reeds op helder dag niks sien nie, hoe sal dit dan snags met hom gaan?!
[19] Die innerlike oog van julle harte is nog volslae blind, daarom sien julle nie die helderste son aan die horison van alle lewe nie; gaan daarom huis toe, slaap daar julle dwaasheid af en kom more met `n nugtere gees na ons toe! Amen."
[20] Omdat die viertal nou insien dat hulle met al hulle gevra geen haarbreedte verder kom nie, dank hulle die Vader en gaan, verdiep in allerlei gedagtes, na hulle wonings toe, wat hier vandaan, volgens ons huidige maatstaf gereken, so `n halfuur in die rigting van die middag verwyder was.
[21] Onderweg vra die een die ander wat hy dink van die Vreemdeling wat Homself by die hoofstamvader ophou.
[22] Een van hulle, genaamd Kurameg, antwoord en sê: "Verlang jy om dit te hoor, kan jy dit hoor en wil jy dit hoor?! - Maar wat raar is, bly raar; ons is, netsoos ons nie sou moet wees nie, dink sonder gedagtes, kyk sonder lig, vra sonder mond, en het geen vaste grond nie!
[23] Op `n tyd vind ek `n hol boomstam en kruip in sy groot holte in. Daar was dit dood. Ek sien niks anders as verrotte, stinkende verrotting nie, maar die lewe van die boom vind ek nie en tog sien hy daar van buite lewend uit! Hy was vol blare; of hy ook vrugte gehad het, weet ek nie, want vanweë sy hoogte kon ek dit nie goed sien nie.
[24] So sien ek op `n dag `n groot voël in die lug vlieg. Dit was `n arend. Hy boots die geluid van klein voëltjies na. Die voëltjies vlieg op, omdat hulle `n soortgenoot meen te erken; maar hulle skiet verskrik terug wanneer hulle die magtige arend in sig kry! Die gesang klink weliswaar soos die van die voëltjies, maar dit klink magtiger en weergalm verder langs die huiweringwekkende hoogtes. Ek het bevrees en bang geword, toe die geluid tot my ore deurdring!
[25] Eens op `n nag het ek die geluid van `n magtige storm gehoor; maar die blare van die bome het roerloos gebly en ek dag: "Wat is dit wat daar ruis, `n geraas tydens volkome windstilte?!"
[26] Spoedig verstil dit en daar volg windstilte. `n Magtig geruis - en geen wind nie; watter eienaardigheid!
[27- En so sien ek ook eens vanaf `n hoë rotswand, hoe `n baie swaar, grou/grys wolk uit die see verrys. Dit styg steeds verder op tot aan die hoë rotswand. Ek wou alleen maar sien waaruit die wolk bestaan; maar spoedig gaan daar `n huiwering deur my gebeente. Want hoe nader hierdie somber wolk aangerol kom, hoe meer onheilspellender word die diepte.
Daarom, netsoos julle sal begryp, neem ek aan,
verdwyn ek so vinnig moontlik van die wand vandaan
Ek het in die rigting van my hut gevlug
waar die ou rus my gebied was.
[28] Moet ek verder nog iets waag,
laat die tyd dan die newels verjaag!
En laat ons ons hoofde nie breek,
nóg dié in wespe neste steek.
Berge is krom
en ons is dom.
Wat kan ons mekaar vertel
as ons mekaar sulke dom vrae stel?
Wat anders as hom ons eie nood bekla,
wat ons domheid sal moet verdra!
Ek wil derhalwe nog slegs swyg
en stilweg na my hutjie styg
om daar in die vreugde van stille hoop
my ter ruste te lê; en die loop
[29] te laat aan julle verdere vrae.
Die moreson sal nie versag nie,
haar strale sal jul verkondig:
julle is almal nog vol sonde!
Waarom sou jy nie gaan rus
in plaas van om jou energie te verkwis?
Kan dan wel beide julle oë
die strale van die son goed gedoë?
[30] Doen jy dan maar volgens jou geloof.
My tong sal jou nie langer grief.
More sal `n mens dan wel merk
wat jou in die nag kon bewerk!
[31] Sonne sal jy nie laat ontstaan;
Langsaam sal die nag vergaan.
Môre sal `n mens dan wel merk
Wat jy in die nag geweet het om deur te werk! Amen."
[32] En met hierdie woorde verlaat Kuramech hulle en gaan vinnig na sy woning om te rus, terwyl die ander drie op die grond gaan lê en met allerlei vrae die slaap verdryf.
[33] Maar toe Kuramech sy woning binnekom en sy vrou en kinders vervul van verbasing aantref, omdat hulle woning van binne so helder verlig was, val die woorde van die Vreemdeling hom by en hy begin in homself te keer en herken geleidelik meer en meer dat die Vreemdeling geen vreemdeling was nie, maar die Een, wat oral tuis is!
[34] En so begin hy Hom te loof en loof hy Hom tot die nodige slaap sy steeds lofsprekende tong verlam.