|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 66
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Asmahael en die Tier
66 En nou loop die vaders rustig voort oor `n skaduryke weg onder sederbome en palms in die rigting van die middag en was tydens hierdie reis, wat ongeveer een uur deurgaans geduur het, goedgehumeurd en loof en prys My in hulle harte; want hulle het volop te sien, omdat die natuur heeltemal deursigtig vir hulle deur My woord versterkte oë geword het.
[2] (N.B. Ongeveer op die wyse van aanskoulike voorstel soos wat julle op die gebied van die geheime van die natuur* iets gegee word!) (* Geheime van die natuur, deur Jakob Lorber)
[3] En toe hulle halfpad was, sien, toe bly Asmahael plotseling staan, durf ook nie nog maar één tree te gee of verder gaan nie en hy sidder oor sy hele liggaam.
[4] Henog vra hom dadelik: "Asmahael, wat is dit daar met jou, dat jou jong ledemate jou hulle diens weier? Wy ons gerus in of jy gevaar sien, of dat `n ander euwel homself voorgedoen het; want sien, ons loop op die weg van die Almagtige en die Heer is met ons, soos ons met Hom is! Deel ons daarom getrou mee wat so sterk belemmerend op jou inwerk! Amen."
[5] Toe ontspan Asmahael homself en sê nog steeds baie benoud: "O vaders van die vaders van die aarde en ook jy, wyse Henog! Kyk, daar `n klein entjie voor ons sien julle `n magtige, grimmige tier! Reeds ontbloot hy begerig sy tande en span sy dodelike kloue tot `n kragtigste sprong om my te gryp en aan stukke te skeur, om my bloed te drink en my vlees te eet! Want die wagter van die heilige hoogtes is nimmer te kalmeer in sy verskriklike raserny nie; ja van `n dergelike waaksame, nooit afnemende grimmigheid vind mens op aarde nie sy gelyke nie!
[6] O vaders van die vaders van die aarde, wyk terug, sodat julle ook nie saam met my ten gronde gaan nie en laat my as reddende offer deur hierdie magtige tier gryp, sodat julle heilige lewe in God so gespaar mag word! O red, red julleself, waardige, magtige vaders!"
[7] En sien, toe sien die vaders `n entjie verderop wat Asmahael so baie bang gemaak het.
[8] Adam sê egter vir Henog: "Luister Henog! Gaan daarnatoe en bring die grimmige wagter hierheen, sodat die angstige Asmahael vertroud kan raak met God se krag in die mens, waardeur hy tot meester oor die natuur gestel was en alle skepsele hom moet gehoorsaam! Amen."
[9] En dadelik gaan Henog na die tier; hy werp homself oombliklik voor Henog neer, terwyl hy oor sy hele liggaam sidder.
[10] En Henog sê met luide stem vir die tier: "Staan op, woedende dier met jou sterk spiere! Gaan na Asmahael en buig jou kragtige nek voor jou meester, sodat hy deur jou behoedsaam gedra sal word aan my en Adam se sy en wel na die middag, dan rus, - vervolgens na die aand, dan rus, - dan na middernag, dan rus, - en dan ten slotte na Adam se woning en dan volledige rus, jou loon en jou uiteindelike bestemming! Amen."
[11] En sien, dadelik staan die magtige tier op in al sy kolossale grootte, gaan baie deemoedig aan Henog se sy na Asmahael toe en doen wat hom beveel was.
[12] (N.B. Die soort reusagtige tiers bevind hulleself hede tot vandag toe nog slegs in etlike oerwoude, in die middel van die Afrikaanse hoog gebergtes, asook hoogs seldsaam, in die van Asië.)
[13] Toe Asmahael dit sien, word hy heeltemal stom van verwondering en kon nie spreek en nouliks op die been bly nie; want nou word voor sy oë onthul, wat sy moeder hom eens vertel het, wat hulle in `n droom gesien het. Want sy moeder was op haar manier godvrugtig en moes haar vroomheid saam met haar eggenoot op die mees skandelike wyse met die dood koop, omdat hulle geweier het om Lameg as die allerhoogste god te aanbid, nadat hulle tevore die groot barmhartigheid ondervind het om deur Lameg se minste wapenknegte gewelddadig gedurende `n hele nag op die mees geil en mees onnatuurlike manier beslaap (verkrag) te word.
[14] En omdat haar eggenoot ook `n dergelike danksegging boos weier, word ook by hom in lewende lywe die derms met yster hake uit sy buik geruk.
[15] Vanwaar Lameg dergelike werktuie opeens verkry het, sal ter gelegener tyd bekendgemaak word.
[16] En sien, omdat Asmahael homself nou vermaan, sê hy vol warmte: "O magtige vaders van die vaders van die aarde, nie julle liggaamlike grootte en krag was in staat om so `n reusagtige, verskeurende dier te tem nie; waarlik nie, slegs `n God, ja `n magtige God is dit, wat iets dergeliks deur julle heilige harte kan doen! Aan Hom julle dank, Hom julle lof, Hom julle prysgewing en eer, ja `n heilige eer van julle aan die magtige, allergewyde Vader van sulke groot, verhewe, magtige kinders! Amen."
[17] En Adam loof hom vanweë sy korrekte erkenning van die liefde tot God en omdat hy slegs vir My eer.
[18] Henog tel hom nou op die nek van die dier en hy dra sy meester behoedsaam en vol sorg aan Henog se sy.
[19] En so gaan die stoet verder oor die geurige, skaduryke weg en geen hindernis vorm meer `n belemmering vir die stoet nie. Toe sing die voëltjies baie opgewek, hulleself op die takke wiegend en hulle sing profeterend vir die mense `n mooi klinkende liedjie, -`n liedjie van die Mens van die mense, dit sing die opgewekte voëltjies vir Hom.
|
|
|
|
|