Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 154

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Oor die ware naasteliefde

154 Abedam, die ander een, wat gedurende die hele tyd rustig en met welgevalle geluister het na die gesprek tussen Henog en Abedam, staan nou opeens haastig op en loop vinnig na die twee broeders toe, omvat hulle met sy hande en sê:

[2] "Ja, ooreenkomstig die goddelike ordening is dit waar en tereg en redelik; en as broeders so met mekaar lewe, sal die Vader netsoos nou, ook in alle toekomende tye as Vader nie ver verwyderd wees van die kinders wat in hulle met liefde vervulde harte so oor God dink en as broeders so met mekaar omgaan nie!

[3] Waarlik, ek sê vir julle: Diegene wat sê: Ek het God en my broeders lief!", maar as hy iets vir sy broeders het en dit nie sodanig met hulle deel dat slegs die kleinste deel vir hom oorbly nie, hy is nog vervul van eieliefde en is die Vader nie waardig nie! As iemand tien broeders het en hy was in besit van twaalf appels, dan moet hy elf appels aan sy broeders gee en vir homself slegs die helfte van die twaalfde behou, die andere helfte sou hy nog vir sy broeders moet bewaar, dan sou hy `n ware kind wees van die Vader in die hemel en Hom waardig wees!

[4] Indien `n vader sy eie kinders meer bemin as die van sy broeders, dan is hy ook nog in die eieliefde en is die Vader nie werd nie. Daarom sê Ek: Waarlik salig sal diegene wees wie se ware broederhart deur die nood van sy broeder homself vergeet en om dus ook die nood van die kinders van sy broeder te lenig, die nood van sy eie kinders aan God, sy ware Vader, in alle dankbare en liefdevolle oorgawe opoffer!

[5] Dit is vir jouself beter, dat jy uit liefde tot jou broeders die armste onder hulle is in plaas van die rykste; want as jy jou gawes met hulle gedeel het en daar het nog `n gedeelte vir jou oorgebly, dan het jy nog vir jouself gesorg en eerbiedig nie die sorg van jou Vader in die hemel nie. Maar as jy uit ware naasteliefde vir jou broeders alles aan jou broeders weggegee het en jy hou niks vir jouself agter nie, dan het jy jouself heeltemal vrygemaak en het alle sorg vir jouself aan die Vader in die hemel oorgelaat; sal hierdie magtige, uitermate goeie, heilige Vader so `n kind laat gebrek ly?!

[6] Ek sê vir julle: Waarlik, waarlik, die kind sal eenhonderd, honderdmaal honderd, tien maal en oneindig veel van alles ontvang!

[7] Oordeel nou self: Sal daar ooit nood en ellende onder broeders heers as almal vervul is van liefde vir mekaar en die een is vir almal en almal is vir een?!

[8] O waarlik, dan sal iedereen `n oorvloed van seën hê uit die heilige versorging van die heilige Vader!

[9] Wil julle dus waardige, goedversorgde kinders van die een heilige Vader in die hemel wees, leef dan aldus soos broeders en susters met mekaar! As julle so met mekaar sal lewe, sal die heilige Vader ook te midde van julle lewe en woon en sal vir julle almal sorg, - maar waar dit nie sal gebeur nie, sal elkeen baie spoedig in die ou vloek terugval en in die sweet van sy aanskyn `n baie harde stuk brood moet soek, te midde van dorings en distels!

[10] Julle moet julle aldus teenoor mekaar gedra: Indien jou broeder iets vir jou gedoen het, laat hom dan nie vertrek sonder `n goeie beloning nie; maar as jy jou broeder `n diens bewys het, dan moet dit selfs nie in jy drome opkom dat jou broeder jou iets verskuldig sou wees nie, maar laat jou eie broederliefde jou grootste beloning wees. Dit sal jou Vader in die hemel met welgevalle aansien. Maar as die liefde van jou broeder hom noop om jou `n beloning te gee, neem dit dan nie as sodanig aan nie, maar as `n liefdegawe van jou broeder en dank hom en kus hom daarvoor; want jy moet elke gawe as `n suiwer geskenk beskou, dan sal jy `n egte broeder vir jou broeders wees en die heilige Vader sal ewig `n groot welgevalle hê aan sulke kinders! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205