Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Adam kom tot insig en het berou

14 En sien, toe val Abel op sy knieë, deurdring van groot vreugde oor die Barmhartigheid van Bo en sê: “O, my groot, hoogs heilige en uiters goeie liefdevolle Vader, kyk hier voor U na U klein dienaar in die stof wat, met die gevoel van diep onwaardigheid voor U, die Almagtige en mees Barmhartige, vanuit die onderste dieptes, na U hoogste hoogtes opkyk. Luister na die gepleit van `n kind, om barmhartigheid vir sy swak ouers en vir al sy broers en susters en moet nie die Krag van my af wegneem nie, wat `n baie groot geskenk van U aan my is en laat dit barmhartig oor hulle uitstroom ter vergifnis van die oortreding en om weer met die noodsaaklike Mag en Krag die lewe uit U terug te wen!

[2] En verander hierdie omgewing, deur U Medelye en Barmhartigheid volgens U Allerhoogste welgevalle, sodat dit vrugbaar kan word en die swakkes voedsel kan vind, ter versterking van hulle ledemate en om hulle brandende dors te les, by `n fontein met vars water en ook nuttige diere te laat kom om hulle te dien en aan hulle wil gehoorsaam te wees.

[3] U, O groot, my allergewyde en baie goeie liefdevolle Vader, luister na my swakke smeekbede, sodat U heilige Naam verheerlik sal word in die harte van hulle wat berou het!”

[4] En kyk en luister nou wat hierna gebeur het, nadat die vrome Abel sy gebed, wat vir My welgevallig was, voltooi het: `n Koel windjie het oor die dorre woestyn begin waai en ligte wolke het die wye ruimtes van die hemele gevul en dit het begin om oor die hele woestyn te reën en te midde hiervan, het daar ook saadkorrels van allerlei soorte, in die vore geval, wat deur die sterk reën van JaHWeH in die andersins dorre woestyn sand gemaak is. Binne `n oomblik was die wye woestyn groen van gras, plante, struike en duisendvoudige bome en op die plek waar die vrome Abel gekniel het en tot My in Gees en in Waarheid gebid het, het `n groot boom met wye takke en breë blare, wat byna tot in die wolke gegroei het, opgekom en was behang met brood vrugte, met `n lieflike soet smaak en die naam "Bahahania"*, was vir hom gegee. *(versterking en lafenis vir die swakkes, ook nog steeds by julle bekend as die broodboom)

[5] Vanuit die ligte wolke, wat gedrup het van seën, het `n sagte Stem met die vrome Abel gepraat: “Abel, jy My liefdevolle seun wat vry geword het, swaai met jou linkerhand jou Swaard oor die slapendes en maak hulle wakker, sodat hulle berou kan toon ter verbetering van hulle toekomstige lewenswandel voor My en wees vir hulle `n ware voorbeeld, van Hom wat eendag in die groot tyd van die tye sal kom. Sê aan hulle, dat niemand meer, tot en met dan, vry sal word van die Wet nie en dat die Gebooie almal gevange sal hou en ook aan die wat nie die wedergeboorte van die Seun sy eie sal maak nie; Wie die Weg, die Lig en die Waarheid sal wees en die Ewige Lewe as die enigste oorwinnaar van die dood.

[6] Maar jy Abel, is vry, soos `n Engel van die Lig en sal opgeneem word, nadat die beeld van die groot Aankomeling, binnekort heelte­mal voltooi sal word. Waarvoor jy, jou eers deur jou toenemende nederigheid, liefde en groot vroomheid, heeltemal geskik moet maak, ten spyte van alle vervolgings en mishandelinge, deur jou broers en susters, wat jou nog terwille van die glansrykheid van My Naam sal tref.”

[7] En kyk, Abel staan nogmaals magtig en deurdring met Krag, van die aarde af op en hy het oor die aarde, hoog in die lug gesweef, as teken van die ware vryheid en het gedoen wat aan hom beveel was.

[8] En sien, toe stroom nuwe lewenskragte in die slapendes in en hulle het dadelik wakker geword en opgestaan en in alle rigtings gekyk, diep bewoë van groot verwondering vanweë die groot, aangename verandering van die woestyn en wou van vreugde juig, maar toe staan Adam op, met Eva langs hom, en sê aan sy kinders:

[9] “Kinders, julle moet nie te vroeg juig en vrolik wees nie, maar ween en rou eers saam met my en Eva oor die groot skuld en dink daaraan, wat ons verloor het! Daar is niks aan die aardse Paradys en aan al hierdie besittings geleë nie; soos julle dit saam met my sien, het JaHWeH vir ons in Sy oorgroot, onbeperkte Barmhar­tigheid so baie teruggegee, sodat ons die verlies van die oorvloe­dige gawes van die aardse Paradys, maklik sou kon vergeet, bo hierdie nuwe, groot, onbeperkte rykdom van Sy groot Liefde. Kyk net na al die voëls in die lug, sowel as die diere op die vaste aarde, kyk na die gras, die plante, die struike en al die boompies, groot bome en die windjie wat daar waai en vra almal en luister of julle van enigeen `n antwoord sal kry!

[10] Ek het dit onmiddellik gedoen toe ek wakker geword het en het myself oortuig dat al die dinge teenoor my stom geword het en dat die natuur nie meer die toon van my stem verstaan nie. Die gesang van die voëls, die geluide van die diere, die gesuis van hierdie fonteintjie en al die geluide van die gras, die plante, die struike en al die boompies en bome, dring nog tot my deur, maar ek skrik daarvoor en is verskrik, aangesien ek van al hierdie dinge niks meer kan verstaan nie!

[11] Ek het nie geskrik omdat hierdie insig van my af weggeneem is nie, maar het veel meer oor die oneindige groter verlies van Barmhartigheid van die heilige Vader, oor alle skepsele en onder alle skepsele geskrik!

[12] Alles wat ek verloor het, dit het julle ook deur my verloor, aangesien julle deur my oortree het, behalwe een, wat ek nie meer waardig is om my seun te noem nie, wat die volheid van Barmhartigheid en in die volle seën in alle Mag en Krag, suiwer en geregverdig, voor die alsiende Oë van die allergewyde en suiwer Vader, Sy Liefde en Sy Gees gebly het.

[13] My liefdevolle Abel, wat die uiters regverdige Heer van ons weggeneem het, aangesien ek hom nêrens kan sien nie. Dit is sekerlik so, sodat ek en julle moet voel wat dit beteken om uit die Barmhartigheid van die ewige Liefde te raak en onder die streng Geregtigheid van die Heer te val, deur die sonde van ons ligsinnige ongehoorsaamheid teen sy uiters sagte wette van Liefde, en teen die maklike gebooie van die Barmhartigheid.

[14] O kinders, neem alles goed ter harte wat ek nou vir julle gaan sê, en probeer om julleself te oortuig of ek die waarheid praat, en kom en oordeel dan self, hoe sake nou staan, - of ons uit groot berou moet ween en treur en of ons nog iets kan vind wat ons harte sou verheug!

[15] Ja, my kinders, die ewige Liefde van die Heilige Vader het ons slegs één enkele vreugde as geskenk van haar groot Barmhar­tigheid agtergelaat, - en daarvoor kan ons bly wees, - en dit is om groot berou te kan hê en om te kan treur!

[16] Dit is al wat die Heer vir ons agtergelaat het, naamlik die trane van berou en die trane van treur! Laat ons Hom daarvoor uit die diepte van ons harte dank!

[17] O hoe ontsettend gelukkig is ons nog, dat JaHWeH, ons nog so ryklik geseën het! Wat sou ons sonder hierdie Barmhartigheid gewees het?!

[18] Laat ons daarom, in die diepste gevoel van totale onderwerping, op die aarde neerval, ween en treur, totdat daar geen trane meer uit ons oë kan vloei nie en ons aan JaHWeH teruggee wat Syne is, waarvoor ons in elk geval heeltemal onwaardig geword het en dan kan Hy met ons doen, ooreenkomstig Sy allergewyde regverdigheid, wat Sy heilige en altyd suiwere Wil is en was, van ewigheid af!”

[19] En kyk, toe val Adam en al die ander op die aarde neer en het gedoen soos wat aan hom duidelik gemaak was deur die stille en geheime erbarming van die ewige Liefde in die Vader, en deur die geringe deel van die barmhartigheid wat nog agtergebly het en het bitterlik saam met die ander geween en getreur, behalwe Kain. Hy het hom ook op die aarde neergewerp, net soos die ander, maar sy oë het droog gebly en hy was kwaad, omdat hy nie soos die ander kon ween nie en het opgestaan en weggeloop. Terwyl hy wegstap en voor hom na die groen bodem kyk, sien hy skielik `n slang op die grond seil, in woede buk hy af, gryp die slang, skeur haar in stukke en eet haar in sy grimmigheid op en maak daardeur die vlees van die slang sy eie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205