Die Hooglied van Meduhed
32 En sien, toe Meduhed nou hierdie toespraak beëindig het, val almal voor God op hulle knieë op die aarde neer en dank en prys God vanuit die diepste van hulle hart, en dit duur goed `n uur; toe verhef hulle hulleself opgewek en gaan, deur die Gees van die Barmhartigheid gelei, `n endjie verder die land in en vind daar in `n ruim grot `n groot hoeveelheid werktuie van allerlei soorte, soos kruiwaens, sekels, byle, skawe, skoffelpikke, allerlei soorte messe, grawe, harke, hamers, bore, winkelhake, beitels en een miljoen dubbel spykers, deur julle kramme genoem. En sien, toe word hulle so buitengewoon bly, dat hulle spring en juig van vreugde oor My groot barmhartigheid wat vir hulle nie te verstane was nie. (N.B. Sien, wat Ek julle hier gee, is meer as hierdie stukke gereedskap; maar daar is nog nie één wat homself van ganser harte aangebied het om My met groot vreugde in sy hart na behore te bedank nie. Let op, julle stompsinnige vereerders van My Naam en fynproewers van My Woord en maak die poorte van die liefde, van die nuwe, heilige stad in julle harte, wyd oop, sodat Ek My engele daarheen kan stuur, sodat hulle liewer alle pleine, stegies en skuilplekke kan reinig, net soos ook al die daaraan geleë wonings. Sodat Ek dan My intrede sal kan maak en julle My dan tegemoet kan hardloop en in groot vreugde uitroep: "Hosanna in die hoë en vrede vir alle volkere wat van goeie wil is; loof julle die Heer, wat op `n eselin aangery kom; Hallelujah vir die seun van David; Hallelujah vir die vors van vrede; Hallelujah vir Hom, wat kom in Naam van JaHWeH God Sebaot; Slegs Hy is waardig om alle lof, alle roem en alle eer van ons te ontvang; Hy is die heilige, enige Vader van ons harte, Amen!")
[2] En nou weer verder! - Sien, toe neem hulle al die gereedskap en ook die spykers en dra dit na die oewer; hulle versterk hulleself daar deur rus, spys en drank en gaan reeds die volgende dag met dankvervulde harte aan die werk en loof My selfs wanneer hulle misluk; dit was ook daarom, dat hulle arbeid so vinnig en goed gevorder het, wat meer as `n wonder as eintlike werk beskou moet word; en sodoende kom tweehonderd-en-vyftig vlotte binne veertien dae kant en klaar en word aan die oewer met toue vasgemaak, sodat hulle geanker was teen wegdrywe deur die steeds langsaam opkomende vloed van die groot see.
[3] En sien, so bly daar, na getroue verrigte arbeid, nog goed vyftig dae van volkome rus vir hulle oor. Gedurende die tyd verstrek Ek aan hulle, deur die waaragtig vroom en liefdevol geworde Meduhed, steeds meer kennis omtrent My; ook leer Ek hulle die viering van die Sabbat, op welke dag hulle hulleself, in My liefde rustende, van alle arbeid moes onthou en ook moes hulle gedurende hierdie hele rusdag hulleself volkome aan My wy. En as hulle dit voortdurend sou doen, dan sou hulle almal uiteindelik net so wys word as wat Farak was en Meduhed nou is. Ja, as hulle hulle bes sou doen om godvrugtig te word, en nie slegs uit groot eerbied en deur slegs My Naam te ken, maar baie meer deur te begin om My met die korrekte deemoed in hulle harte in alle opregtheid lief te hê en hulle dan in die liefde sou groei, sou Ek ook `n goeie Vader vir hulle word en die dood sou van hulle weggeneem word, omdat hulle dan weer soos kinders opgeneem sou word in die breë skoot van die goddelike liefde tot aan `n gewisse groot tyd van alle tye op aarde, omdat hulle dan almal tesame na die groot Vader sou kom en Sy gelaat vir ewig sou aanskou en hulleself versadig aan die onmeetlike ryk uitstroming van die liefde uit My.
[4] En sien, hulle hoor alles daarvan deur die mond van Meduhed en was baie bly daaroor en dring hulleself in menigtes om Meduhed saam en verlang erg daarna om daagliks iets oor My te ervaar; in die hemel verheug Ek My hieroor en ook alle engele van die oorspronklike skepping.
[5] So leer Ek hulle deur Meduhed om ook die woorde in tekens vas te lê; die tekens was in ooreenstemming met beelde, waarby agter die natuurlike vorm, `n geestelike betekenis homself skuilhou; en so leer hulle in hierdie kort tydjie ook om te skryf en te lees.
[6] En sien, so het Ek vir My in `n kort tydjie `n volk opgewek waarvan tot op hierdie uur nog afstammelinge bestaan; maar later meer daaroor! Wel nou, toe hulle nou so goed voorberei was, laat Ek op die agtergrond `n hooglied vol wysheid en liefde vir hulle klink deur middel van Meduhed; dit was reeds daar opgeteken en is nog tot vandag toe voorhande - maar egter, ook later daaroor! Dit lui soos volg:
Luister almal, julle later kinders uit My barmhartigheid, hoe Ek u onthaal,
Luister, hoe Ek u almal uitnooi, na My groot gastemaal!
Kom almal, die troues van hart, sit hier in My midde, en doen saam,
met `n gemeenskaplike lowing van My Naam,
nog volgens die ou tradisie, wat Meduhed geweet het om u so vroom en trou te leer,
omdat hy - as eerste – My in sy hart het begeer!
Neem dus sy goeie en mooi voorbeeld goed in ag:
sien sy oë, mond en ore, en sy wit baard, so sag,
as veilige teken van sy vroom en sy baie wyse spraak!
o, dat julle tog almal in dit alles na hom kan lyk!
sodat ook julle straks my kinders kan word,
wat die bose slang gebroedsel nie meer kan verhinder.
Sien, skoon gespoel van haar gruwels sal Ek spoedig hierdie aarde,
die sondaars strewe na My liefde sal dan blyk sonder waarde!
maar as julle van binne trou en vroom van hart sal bly,
sal Ek My watervloede graag aan u verby laat gly!
en as Ek straks My toorn sal ontkluister van sy bande,
dan sal jul veilig geborge wees: Ek sorg vir hoër lande!
Dan sal op aarde alle geslagte kla,
en die "grotes" sal geen hoongelag meer waag.
en as die hoë watervloede ruisend stroom oor die berge, sal hy slegs weinig kinders spaar: dit is My liefde dwerge,
ja, sekerlik klein word julle en heelwat minder werd;
hulle groot gebrek aan liefde het hulle sekerlik ontaard!
Kyk dus op na My ligdeurstromende hemelsale,
Kyk My sterre stralend van My barmhartigheid verhale.
Kyk hoe die vlaktes van die aarde verlig word deur die son.
Kyk hoe die maan haar begelei, welwillend van toendertyd se begin.
Kyk alle wêrelde gehoorsaam aan My wil.
Doen al u werke dus steeds so baie stil.
Jy wil die wese van die sterre heeltemal deurlewe?
Hoor! Ek sê: Die liefde sal die korrekte antwoord gee!
As die hart volkome suiwer op die liefde gerig sal wees,
sal Ek die fakkel van My barmhartigheid gee as `n lig;
daar lees elkeen maklik in fel en vlammende skrif,
God se Naam in groot letters baie duidelik gegrif.
O, jy, klein hart, in noue borskas ingeslote,
Ken jy die bron, waaruit so groots jy ontspruit het ...
Dan sou daar geen vraag oor die dooie materie in jou oprys nie;
Jy laat jou, onbekommerd, dan graag swewe op jou eie wysie,
Wetend dat die Skepper Self van al hierdie nietige klein dinge ...
Onbeduidend vergeleke met `n hart, dit steeds met liefde wil omring.
Dit wat vir swak mensekinders so dikwels as groot opdoem,
Word deur My liefde daarenteen slegs so klein genoem!
Want die dinge in die ruimte, hulle is as niks so klein ...
Vergelyk met menseharte, wat nog nie ontkiem in liefde wees!
Hou dus daarom niks as groot as slegs My trou
En wat direk daarna kom: Die sondaar se ware berou.
Ek alleen is groot, omdat My liefde en magtige bestuur,
En `n vrye gees, wat in die orde gegrondves is, sal voortduur
Wat beteken My sonne en hulle onbekende bane?
Slegs dat hulle u soos al die ander, steeds op u swakte maan!
Wat is daar nie meer ...
in die lig van My volmaakte Godheid ...
As die afgevalle huls van `n ware ontpopte myt?
Stel dat geeneen tot in die sentrum van al hierdie wêrelde in mag keer ...
Om daar dan die geruis te hoor van hulle vinnige vlug deur die sfere ...
Om daar ook die sterkte te meet van al die son se felste lig ...
En die almag te verstaan, waarmee Ek al die grootsheid verrig ...
Sou jy dan ook nader tot My groot liefde kan kom?
Nee! sê Ek: Aan vertwyfeling sou jy nie kan ontkom!
Sou jy ook kan bestuur daardie groot hemelwa?
En hom – net soos groot geeste – vinnig na die sterre ja?
Kon uit u mond ook verligtende sonne baar, sonder weë?
En hulle onderdompel – soos Myne – in die golwe van die seë?
Dan sou nog al u krag, naas Myne, `n vergelyk beproef:
Jy is soos sand en stof in ou leem – en steengroef!
Kyk op na die hemel se bloue rande,
Kyk oor die golwe na die see se verre strande,
Maar glo gerus, omdat Ek u dit sê: Grense is daar nie,
Waar mens oordag seë van lig van die son en snags die sterre sien!
En heeltemal die inhoud van u grote see is selfs nie te vergelyk
Met slegs `n druppel van daardie "kleinste" sterreryk.
Rig daarom u oog op My, die Grote, jy kleine mensery,
En beperk jou weetgierigheid maar tot My.
Heinde en ver, ja oral moet jy My liefde soek!
Laat jou blik alom dwaal tot in die vreemdste hoek!
Die tekens van My Naam sal jy oral kan vind;
Maar laat jou dan ook deur niks anders as deur My liefde bind!
Ja, selfs die gras sal jou oor My verblydend informeer,
Mits jy maar onophoudelik jou van Hanoch"s sonde af bly keer!
En as elkeen, as broers nou, steeds trou wil bly bemin,
En in bedwang hou vir elk jou ongereëlde aardse sinne,
Dan sal groot barmhartigheid tot jou kom van bowe ...
En jy sal getoon word hoe mens die Vader moet lowe.
So kniel dan neer op hierdie aarde, die moeder van jou sonde,
Skud af die stof van die slang, want dit maak dodelike wonde!
Dank My, julle Redder, vol nuwe vreugde in die hart
En laat aan My heilige tyd jou nooit bring tot enige smart!
Laat die mag van My liefde julle diep in die harte raak,
Dan sal die lig van My barmhartigheid jul tot nuwe mense maak!
[7] En sien nou, toe Meduhed die belangrike lied van die lewe uit My barmhartigheid, wat `n klein vonkie is van My oneindige liefde en alle daaruit voortvloeiende erbarming, heeltemal opgeteken het en dit daarna ook aan die volk voorgelees het, het daar `n ongetemde vreugde onder hulle ontstaan, wat slegs deur `n wonder uit die hemel oortref kon word. En die wonder was `n skielike reën en hierdie reën was `n reën van liefde vanuit My, omdat hulle vreugde opreg was; want hulle verheug hulleself daaroor dat My Naam aan hulle bekend gemaak was, maar nog meer oor My liefde; en die aller grootste vreugde waaroor hulle verheug was, was dat die bomatige groot, heilige God, as Vader so minsaam in die mees onbegryplike liefde die kinders van die ellende deur Meduhed onderrigtend toegespreek het.
[8] En sien, so dryf die reën hulle uitmekaar en na hulle tente, dit was gemaak van latte, gras en wit leem, en selfs daar prys hulle geluksalig My Naam in `n klein kring tot in die middel van die nag, en hulle sou nie opgehou het met hulle lofbetuiging, as Ek nie `n welverdiende, rustige, soete slaap oor hulle laat kom het nie. (N.B. Ek het julle, as julle ware Vader, al groter dinge gegee, verdiend en onverdiend, maar sedert die owerste van die Romeine en die Kanaänitiese vrou in die evangelie en, op een enkele uitsondering na, by die apostels en sommige martelare; het Ek sedertdien nog nooit so `n groot vreugde gevind nie, maar by julle heeltemal nie. Ek verlang dit weliswaar ook nie, maar sê dit slegs vir julle, dat julle My steeds meer moet begin liefhê; dit wil Ek van julle hê. Daaroor hoef julle geen hartseer te hê nie; want wat nie is nie, kan tog nog wel eendag kom as julle My nader leer ken en julle harte daardeur verruim sal word, sodat Ek met al My barmhartigheid daar sal kan intrek. Dit is iets wat julle vir julle almal bo alles moet begeer, maar nie moet vrees nie, soos sommiges onder julle dit doen, want in die liefde mag so-iets nie gebeur nie. Amen.