|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 137
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Adam se bekering en belydenis
137 Na hierdie woorde, wat by Adam aankom asof `n mens die aarde in die onmeetlike vuursee van die son ondergedompel het, het Adam - netsoos julle sal sê - nie alleen soos was geword nie, maar soos `n fyn, goed gesuiwerde olie, dit wat `n kosbare balsem is vir elke soort wond, vandaar dan ook dat hy baie spoedig van Asmahael toestemming versoek om nou in die aanwesigheid van alle kinders `n nuwe belydenis te mag aflê, - dit wat hom, as liggaamlike oerstamvader, graag sowel deur Asmahael as deur alle kinders, sonder aarseling van ganser harte toegestaan word. En dus staan hy ook dadelik op en begin die belydenis wat hierna volg in goed gekose woorde uit te spreek:
[2] "O hoë, verhewe, bo alles magtige, heilige, liefdevolle Heer, Vader, God JaHWeH, U wat nou in die mens Asmahael voor ons sigbaar teenwoordig is, sien, dit was ek wat U die naam Asmahael gegee het en U, as `n wyse, sogenaamde naamlose was bly daaroor dat U uit my mond `n naam ontvang het, `n naam van die kinders van God, wat gedurende `n lang tyd dwaaslik gedroom het dat alleen hulle dit was! Destyds was U min of meer `n vreemdeling vir ons, omdat nagenoeg niks anders ons opgeval het van U, as alleen U steeds onbegryplike goed geordende woorde nie, wat U aan ons, blindes, weliswaar voorgee van die gees van my seun Abel te geleer het; maar ek sien dit nou so:
[3] Uit die nag kom die dag voort, die nag verlang na die dag netsoos die dag verlang na die nag. Wie is egter daartoe in staat om snags in daglig te wandel?! Wel kan elkeen midde oordag sy oë dig maak en dan is vir hom, midde oordag, die nag meer intens as die donkerste gedeelte van die werklike nag self!
[4] Dit was by my en by bykans ons almal die geval; daarom sien ons ook niks, hoor niks, merk niks en het van dit alles ook niks begryp nie. In `n dergelike algemene blindheid gee ons U `n voorlopige naam, wat wel die allerbeste by ons almal sou gepas het, as ons nie blind en doof was nie; want hoe sou U self Diegene kan soek wie U tog van ewigheid af was, is en ewig sal wees?!
[5] Omdat U oor Uself verklaar dat U uit die diepte afkomstig was, begryp geeneen van ons wat daar bedoel was met Lameg se diepte nie!
[6] Deur U barmhartigheid - waarvoor ons U ewigdurend dank! - het ek, en hopelik ons almal nou pas die huiweringwekkende nag en die slykpoel in onsself baie goed herken! Omdat U oor Uself verklaar het dat Abel U na ons toe gelei het en U tong losgemaak het, - hoe sou die dowes `n dergelike profesie kan begryp?!
[7] Nou eers, noudat U in ons ook die oor van ons hart geopen het, begryp ons en sien ons in, hoe ontsettend blind en doof ons destyds, dit wil sê vandag op hierdie mooie oggend nog was, toe die woord van U onmeetbare Vaderlike liefde onbegrepe aan ons hart klop en soos `n woord van `n vreemdeling klink, terwyl dit van U af meer as sonhelder aan ons gerig was.
[8] Maar wat beteken die helderste morelig van die dag vir die blindes en wat beteken die hewigste gedonder vir die dowes?! Waarlik, nou eers onderskei ek - en netsoos gesê, ook ons almal, - dat diegene wat blind, sowel as doof is, so goed as baie erg dood is! Indien sy huid geen gevoel sou gehad het, sou hy geheel en al soos `n klip gewees het, teen wie se harde kante die winde onopgemerk bots en dit, indien hy wederom op iets van sy soort of op sagte grond of in die water val, nie merk en nie onderskei waarop hy geval het en dit ook deur niks omvorm kan word nie as alleen deur die onverbiddelike, onmeetlike mag van die vuur!
[9] So was ons ook niks anders as dooie klippe nie, neergeval op `n ondergrond van allerlei drogredes en illusies. U het ons nou uit al hierdie gevoellose bedrieglike gronde byeen geraap en ons in die groot vuur van U onmeetlike Vaderliefde gelê. En sien, ons klippe wat op hierdie heilige grond omvorm was, het weer volledig tot lewe gekom, was weer siende en horende en goed van begrip! En sodoende onderskei ons nou dat Abel, dit wil sê, Abel se wyse van glo, in teenstelling tot ons powere eerbied vir God en ons geringe liefde tot God, het U ons uit ons eie sprakelose diepte van ons dood gelei en in ons die tong losgemaak, wat nie meer by magte was om U in die gees van waarheid en ewige liefde "Vader" te noem nie!
[10] O hoe oneindig blind, doof, gevoelloos en dood moes ons almal tog nie gewees het nie, dat niemand van ons ook maar in staat was om te vermoed dat die Son van alle sonne, die Vuur van alle vure, die Liefde van alle liefde, ja die Lewe van al die lewende en die Mag en die Krag van alle magte en kragte na ons toe, in ons midde gekom het!
[11] O kinders, luister nou: Hy, wie ons, verblind soos ons was, nog steeds Asmahael noem, is en heet "JaHWeH, God, die ewige van ewigheid" en van nou af aan is Hy vir ons "Emmanuel" en vir diegene wie se harte vervul is van liefde, "Abba, liewe heilige Vader"!
[12] O Emmanuel, sien, ek is dit nie werd dat daar met my gebeur wat daar met Henog gebeur het nie, want hy is vanuit sy diepste wese vervul met alle liefde tot U! Dog staan my `n ding vol barmhartigheid toe en dit is: Dat ook ek en ons almal tot aan die einde van ons aardse lewe met al ons kragte in staat mag wees om U steeds meer en oneindig meer lief te hê en dan almal tesame vir ewig, lewend geword deur U liefde in ons, U te mag en te kan toeroep: Abba, Abba, Abba!
[13] O Emmanuel! Neem my belydenis barmhartig aan en wees en bly vir ons Abba, vir nou en in alle ewighede der ewighede! Amen.
|
|
|
|
|