Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Kain se bekentenis

15 Na hierdie daad van Kain, staan sy vrome broer Abel agter hom en praat met hom in die Naam van die ewige Liefde soos volg:

[2] “O broer, waarom eet jy die vlees van die slang, terwyl daar `n groot hoeveelheid vrugte is om jou honger te stil?! Sien, ons Vader Adam was dronk van `n gewas wat hy gedrink het, en wat vir hom onbekend was. Die slang het dit slinks en meesterlik uit haar grenslose boosheid uitgedink, tot die verderf van hom en al sy nakomelinge en Adam het daardeur teenoor die Heer van alle Geregtigheid oortree en julle almal deur hom en ek self was belas met die las van skuld voor God en moes boet nes julle, wat almal gedrink het van die sap van ondergang en ek moes nes julle die Paradys verlaat en ook julle liggaamlike las en al julle geestelike seën op my neem en was dus daardeur, dubbeld belas terwille van julle.

[3] En sien, jy eet nou selfs die vlees van die lewendige slang heeltemal op saam met sy bloed! Kain, waarom het jy dit gedoen?”

[4] En sien, Kain kalmeer toe van sy woede en ergernis en sy grimmigheid het bedaar, hy kyk Abel aan en sê: “Kyk, wat ek gedoen het, het ek uit wraak gedoen om die slang en sy geslag ten gronde te rig en ook om myself ten gronde te rig, aangesien ek nooit waardig bevind was om die seën van die Heer te ontvang nie, en omdat ek buite my skuld geword het wat ek is. Dit was die skuld van my ouers; wat voor my bestaan het, toe ek nog nie daar was en nog nie bestaan het nie, deurdat hulle oortree het voor die Oë van JaHWeH.

[5] Waarom moet ek dan boete doen vir my skuld waarvoor ek nooit iets kon bygedra het nie, aangesien ek net die vrug van oortreding, maar nie die oorsaak daarvan is nie - en moes derhalwe die seën ontbeer, wat ten volle aan julle almal gegee was, terwyl ek my moeisaam moes afsloof. Terwyl julle soos takbokke rondgespring het, is ek belas met die onverdiende vloek van JaHWeH?!

[6] En kyk nou wat die oorsaak van my daad was. Die slang in die gras het met my gepraat en gesê: “Eet my en raak versadig van my vlees en les jou dors met my bloed en jy sal `n meester op aarde word en al jou nasate sal oor die aarde heers en hulle krag en mag sal sterker wees as al die geseëndes; en ek gee aan jou geen gebod nie, maar die mag om te heers en die krag om alles aan jou te onderwerp!”

[7] En sien, die slang het so verder gepraat: “My vleis sal jou onregverdige skuld voor God vernietig en my bloed sal jou `n nuwe wese gee, sonder skuld, toegerus met alle mag en krag!” - Toe raak die slang stil en ek het haar gegryp, verskeur en opgeëet soos wat jy so pas gesien het!”

[8] En kyk, toe raak Abel ontroerd en swaai met die regterhand die Swaard van Geregtigheid oor die hoof van Kain en vir Kain was die oë oopgemaak en hy het sy groot onreg raakgesien, naamlik dat hy vir God en sy ouers beskuldig het en hy het al die skuld in homself raakgesien en het die onverstaanbare weë van die ewige Liefde in haar geheime en onbeperkte Wysheid gesien en het gesien, hoe hy self die verleidende slang was wat deur die onbeperkte Barmhartigheid van die ewige Liefde `n mens geword het deur hom, sodat hy, natuurlik deur middel van `n groter beproewing, in die toestand van `n tydelike, seënlose swakheid, juis van daardie swakheid bewus moes word en om dan in die toestand van sy bewuste swakheid, uiteindelik en deur sy eie oordeel, in totale vryheid van sy eie wese, hom tot JaHWeH van alle Mag en Krag moes wend en waar hy dan ook, nes die reeds geseëndes, die seën en hertoelating tot die groot Barmhartigheid van die alles barmhartige Liefde en die grootste volheid van Mag en Krag sou kon ontvang.

[9] En hy het gesien dat hierdie slang, wat hy so pas geëet het, die bose deel in homself was en hy het gesien dat hy dit net deur sy woede, in sy teruggekeerde bestaan, op aarde uitgeasem het en dat die woorde van die slang sy eie was, afkomstig uit die binnenste fondament van sy oerwese, wat lank vóór die skepping van die sigbare materiële wêreld afstam.

[10] En hy het daardeur gesien dat hy die slang weer in homself opgeneem het, of dat hy hom eintlik self van vooraf in al die boosheid en al die voortvloeiende valsheid versterk het. En hy het gesien hoe diep hy opnuut in die dood verval het.

[11] Toe val hy, aangegryp deur groot berou, op die aarde neer en ween en roep met `n harde stem: “Groot, almagtige, kragtige en allergewyde God! Nou herken ek vir die eerste keer my oneindige skuld en swakheid voor U, U Geregtigheid, maar ook U onbegrensde Liefde!

[12] Sien, ek is nie werd om te lewe nie, vernietig my daarom vir ewig van die aarde af, sodat ek voortaan vir ewig nie meer sal bestaan nie en my grootste, alleen op my rustende skuld daarmee gedelg kan word, terwille van al die toekomstige geseënde nasate van Adam en Eva!”

[13] En kyk, toe neem sy broer weer die Swaard in die linkerhand en swaai dit weer `n keer, - maar oor die bors van Kain.

[14] Toe deurstroom `n nuwe lewe Kain en die hunkering na die dood verlaat hom; maar daarteenoor het die honger na lewe al hoe groter in hom geword. Maar hy kon niks kry wat hom onmiddellik kon versadig nie en omdat hy niks kon vind nie, het hy hom weereens tot Abel gewend en gesê:

[15] “Kyk, broer, ek is honger vir die voedsel van die lewe, voedsel wat die lewe en nie die dood in hom dra nie, soos wat die vlees van die slang en haar koue bloed is nie! Want sien, broer, aangesien ek nou, van voor af herken wie ek is, ook soos wat ek voorheen was en soos wat ek nou is, ondervind ek `n sterk berou en `n groot honger en `n brandende dors vir die Liefde van God en Haar groot Barmhartigheid. Want sien, ek ween sonder geluid en die berou in my is sonder trane; versadig my daarom met die Stem van die Liefde en les my groot dors met trane van berou!

[16] Want hoor en verstaan dit: Ek, die grootste, het minder as stof geword; ek, die sterkste, het swakker geword as `n muggie; en ek, die skitterendste een, het swarter geword as die middelpunt van die aarde!

[17] En so staan ek nou voor jou, dit wat uit my as `n klein gees gekom het en nou reeds in alles groter is as wat ek destyds was, toe die wêreld nog nie bestaan het nie, waar ek vir myself, in `n te groot krag gevange geneem het en dus die swakste onder julle almal geword het; want toe het die wat baie gehad het, baie verloor, die wat min gehad het, het min verloor en ek wat alles gehad het, het ook alles verloor en dit alles deur my eie skuld, so ook die ander se baie en min ook net deur my brandende skuld.

[18] O broer Abel, moet nie talm nie en reik vir my `n skottel van lewensvoedsel aan, sodat ek die stem kan kry om te ween en gee vir my, die seënlose, iets om te drink, sodat ek nie in berou, sonder trane, hoef te versmag nie!”

[19] Toe daal Abel weer op aarde neer en het liggaamlik nader aan Kain beweeg en vir hom gesê: “Kain, jy die swak broer van my en liggaamlike seun van Adam en Eva, staan op en volg my! Ek wil jou terugneem na jou ouers en na al jou broers en susters toe; daar sal jy oorvloedig vind waaraan jy so `n behoefte het en jy sal heeltemal versadig word en jou volle dors sal geles word.

[20] Maar wanneer jy versadig is en jou brandende dors geles het, dink dan aan JaHWeH en Sy Liefde en Sy barmhartige Barmhartigheid en dink daaraan dat die eerste die laaste is en die laaste die eerste!

[21] En volg my nou in alle geduld en sagmoedigheid – en laat geduld voortaan jou sterkte wees en sagmoedigheid jou krag en dan sal jy nog barmhartiheid vind voor Hom, Wie se liefde oneindig is en geen grense het in alle ewighede der ewighede nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205