|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 48
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Oor die goddelike seën op aarde
48 En toe Henog nou op die manier sy verontskuldigende rede beëindig het, dank hy My in stilte dat Ek aan hom sulke sinvolle woorde ingegee het; daarna buig hy weer voor Adam en voor al sy vaders. Maar Adam en die vaders staan op en spreek `n gesamentlike Amen uit en omarm die anders baie skugtere Henog, wat weinig moed gehad het ten opsigte van homself om iets na vore te bring, maar des te meer moed besit het om My uit die onbegrensde deemoed van sy hart bowenal in stilte lief te hê en ook sy vaders met alle kinderlike liefde te gehoorsaam. En hulle dank My uit volle liefde en sterk vertroue vir die barmhartigheid dat Ek so `n liefdevolle spreker oor die liefde onder hulle opgewek het.
[2] Set dank vader Adam nog in die besonder vir die seën van Henog se tong en vra My ten aanskoue van almal, om hierdie geseënde tong van Henog voortdurend tot aan die einde van alle tye by al die nakomelinge van hierdie hoofstam van die mensdom te laat bestaan.
[3] En almal sê Amen; Adam seën die wens van Set en sê: "Die Heer sal Sy groot beloftes gestand doen tot aan die einde van die tye; mag tot aan die einde van alle tye al ons nakomelinge steeds dierbaarder vir Hom word! Amen.
[4] Maar nou, liewe kinders, gaan onder my veelvoudige seën en daardeur in die allergewyde Naam van ons ewige, bo alles goeie, liefdevolle Vader na julle wonings en laat julle liggaam en julle siel en julle gees in God rus! En jy, Abel-Set, vergeet julle vader nie en bring my eet- en drinkgoed en vertoef dan onder my drievoudige seën wat ek julle kinders aanraai! Maar Henog sal solank ek leef in my huis woon en uit die skottel eet waaruit ek sal eet, en moet daarvoor bereid wees om altyd vir my en al sy vaders, broeders en susters in die liefde van die Gees uit God te dien! En gaan nou en doen wat julle gehoor het! Amen."
[5] Dadelik buig hulle almal voor Adam en gaan na hulle nabygeleë wonings. Set doen met behulp van sy vrou sy plig en Henog gaan haal sy slaapgoed uit sy onaansienlike hut en bring dit voor die woning van Adam en ten slotte na die verrigting van `n stille danksegging in die woning van Adam. Daar was die ou moeder Eva, wat sover haar kragte gereik het, hom behulpsaam is om sy rusplek so sag as moontlik te maak. En toe alles aldus goed gedoen was, was Set en sy vrou, goed voorsien met spys en drank ook reeds daar aanwesig; en Set dank My met `n ontroerde hart vir die groot barmhartigheid, wat hom bo al sy ouer broeders ten deel geval het om sy ouers en die liewe Henog, wat vir hom voorkom as `n opgaande môrester, van spys en drank te mag voorsien.
[6] En toe die avondmaal genuttig en die dankgebed uitgespreek is, sê Adam nog vir Set: "Abel-Set, jy weet dat dit môre die sesde dag van die week is en dat oormôre die heilige rusdag van die Heer aanbreek! By die offer sien ek graag al my kinders uit julle en hulle kinders en kindskinders hier verskyn, en eweneens vir sover moontlik ook soveel van my kinders, wat die Heer my na julle gegee het!
[7] Dit moet hulle môre aangekondig word, ook aan diegene wat hulle vroue uit die laer gebiede gehaal het. Hulle moet hulleself reinig om hierdie heilige plek te betree, waarbo die ewige Gees van alle Liefde en Wysheid in alle Waarheid, Mag en Krag sweef, en moet self uit die mond van Henog `n nuwe leer uit God verneem. Dit sal hulle harte goed doen, soos dit ons hart goed doen, toe dit met sulke oneindige verwagtinge uit die onmeetlike liefde van God aangevul was. Nou liewe Set, het ek vir jou, wat my betref, vir vandag en môre oor alles bekend gemaak; die res sal jou hart jou openbaar, - en so mag God se barmhartigheid, asook my seën jou begelei! Amen."
[8] En voordat Henog homself te ruste begewe, verskyn hy skugter voor Adam en sê: "O vader van die vaders, sou jy my nog wil toestaan dat ek jou met `n klein versoekie lastig val; maar vergeef my eers hierdie eiemagtige vraag!"
[9] En Adam, sterk geroer deur so `n beskeie, deemoedige hartlikheid, trek Henog aan sy bors en kus en liefkoos hom en sê ten slotte wenend van vreugde: "O, U groot, allergewyde, boweal goeie Vader! Wat vir `n heerlike vrug het U my in Set op die so beweende plek van Abel gegee! Abel was `n held in U en my oë, maar die vrug van Set is druipende heuning uit U ewige môre! O die dank, ja ewige dank vir soveel barmhartigheid en erbarming!
[10] Sien tog my Eva, hoe goed ons God ons Vader is! Met watter skatte Hy ons verryk!" Eva sê egter: "O Adam, oor soveel barmhartigheid en liefde kan ek van oorgroot vreugde niks anders doen as ween nie! Ons is dit nie in die minste werd nie; want naas hierdie baie groot vreugde ondervind ek ook die groot las wat slegs as gevolg van my skuld op die dieptes van die aarde druk. O Kain, Kain, waarom moes jy vir die aarde tot vloek word?! O Adam, hierdie gedagte ontneem my altyd die spraak van my tong, en nog word my vreugde deur die dorings omgewikkel wat in die paradys my eerste trane opgeneem het! O Adam, laat my ween en bid!"
[11] Maar Adam sê: "O vrou, wees rustig, laat God nou sorg en doen wat van nut is vir jou hart! En jy, my liewe Henog, open jou liefdevolle hart vir my en vertel my jou vroom verlange! My hart, my oog en my oor hang aan jou geseënde lippe; daarom spreek as jy wil, wanneer jy wil en soos jy wil en vir my sal dit altyd goed wees! Amen."
[12] Nadat hy dit gehoor het, open Henog sy hart en sê met gepaste openhartigheid: "O vader van my vaders, seën my slaapplek in julle woning, sodat my siel ook daar volkome tot rus mag kom, waar die hoë moeder Eva al vir die rus van my liggaam gesorg het!
[13] Want as die liggaam wil rus, moet die siel vrede hê; anders rus die liggaam sleg en kan die gees homself intussen nie in die selfbeskouing en gelykwording met sy oervorm in God oefen nie. Soos die slaap as rus vir die liggaam `n weldaad van God deur die natuur is, so is die vrede van die siel die innerlike, stille warmte van die ewige liefde waaruit die gees dan die stof sal berei, waarmee hy homself volledig sal ontwikkel om daardeur te eniger tyd weer `n goeie houer ter opname van die liefde en sodoende van die lewe vanuit God word.
[14] O vader van die vaders, sien, dit is geen geringe saak wat my noop om my tot julle te wend en julle vir die seën oor my slaapplek te versoek nie! Want daar is niks in die wêreld, wat nie uit die lewe sou wees en weer terugvoerend na die lewe ons die weg van die heil toon deur die oneindige erbarming van die ewige liefde en die onmeetlike barmhartigheid nie. Maar die mense moet nie versuim om alles wat uit die liefde van God kom, vooraf te seën nie: Die droomgesigte, die nag, die slaapplek, die rus en alles in haar en met haar. Dan sal die droombeelde van die slaap aan die rein mens getrou die werk van die liefde in die gees toon en dit sal vir hom maklik word om homself te deurgrond; maar diegene wat geen ag op die droomgesigte slaan nie en die seën van sy slaapplek en daardeur die rus nie eerbiedig nie, hy lyk soos `n blinde en dowe en die liefde en die lewe sal swygend aan hom verbygaan.
[15] Maar indien ek nie in staat sou wees om die grootheid in die kleinste te sien nie, hoe sou ek dan daarna in staat wees om die grootheid in die oneindige te sien en in die oneindige die ewige Liefde en oneindige wysheid, mag en krag van God self?!
[16] Vandaar, o vader van my vaders, weerhou my nie die seën van my slaapplek nie en gee my siel vrede, sodat sy verheug in die liefde van God sal mag rus om dan kragtig te getuig van die groot barmhartigheid in die gees en alle waarheid vanuit die ewige erbarming. Amen."
[17] Toe Adam `n dergelike vroom versoek gehoor het, laat hy homself na die slaapplek van Henog lei en seën dit driemaal. En toe hy die werk van die seën beëindig het en weer op sy plek terugkom, sê hy: "Henog, dit geskied volgens die wens van jou trou aan God! Maar sien, as jy `n dergelike seën nodig het, dan het ons dit immers almal nodig en dit sou vir my beslis ook nie oorbodig wees nie; wie sal egter my rusplek seën?"
[18] Henog antwoord met alle liefde en eerbied: "O vader van my vaders! Die berge is vol van jou seën en jou rusplek is deur Hom aanskou, wat jou reeds geseën het, nog voordat `n menslike oog omhoog gekyk het na die verligte wonings van die groot, heilige Vader. Maar indien die heilige, groot Vader jou en alles wat Hy jou gegee het, geseën het, waarvoor sou dit dan sin hê om van my `n seëning te verlang, terwyl ekself nouliks `n klein deeltjie van jou seën vanuit God verteenwoordig?!
[19] O, wees in alle rus uit God! Want die aarde self is slegs onder jou voete geplaas vanweë die groot oormaat van seën uit en vir jou; daarom is jou rusplek ook reeds lank baie goed geseënd en is jy sodoende uit God `n rus in vryheid en `n hoëre vrede van jou siel vergun, terwyl my siel slegs `n siel uit jou is en daardeur slegs `n klein deeltjie van die oorvloedige seën vorm, wat jou regstreeks uit die hand van die ewige liefde van die allergewyde Vader ten deel val. Vandaar dat julle in volle vrede goed op die plek kan rus, wat verlig en keer op keer geseën was deur die allergewyde teenwoordigheid van God onder ons almal! Sien, daarom hoef jy geen sorge te maak oor dit waarvoor die Heer reeds lank voorsien het nie, nog voordat `n son die aarde verlig het, het Hy daarvoor gesorg!
[20] Maar Ek mag jou slegs maar bedank vir die groot barmhartigheid, dat jy my slaapplek geseën het; maar om jou rusplek met my hand te seën, o vader van my vaders, dit sou die grootste vermetelheid wees! Oftewel, hoe moet hy wat niks het, aan hom iets gee, wat reeds lank tevore alles van God ontvang het?!
[21] Sien, ek het niks anders ontvang as die liefde nie en kan dan ook slegs dit teruggee, soos ek haar ontvang het! Maar die seën is slegs aan jou gegee en onsself is jou seën; laat jou siel vanuit God daarom in alle vrede rus! Amen."
[22] Adam word deur hierdie rede heeltemal ontroer, kus die mond van Henog driemaal en uiter daarna die volgende diepsinnige woorde: "O jy liewe Henog! So het my seun Abel eens ook gespreek, toe hy op die vlug uit die paradys my en my seën op sy skouers gedra het en dit vir my in die land Euchip weer getrou teruggegee het.
[23] O, Henog, hoe langer ek jou aanhoor, hoe bekender is die toon van jou woorde vir my, die klank, en dit is asof ek die soet stem van my Abel hoor! Hoewel jou liggaam nie die liggaam van Abel is nie, is jou gestalte tog volkome gelyk aan die van Abel en ook is die woorde, die liefde, die gees gelyk.
[24] O, U groot, heilige Vader, die aarde sal nouliks tienmaal so lank deur mense bewoon word as wat ek haar bewoon het en haar volgens U heilige Wil nog liggaamlik sal bewoon; dog al leef ek tot aan die einde, wat sou daar op hierdie aarde nog aan te wys wees, wat my hart meer sou seën as wanneer U, O JaHWeH, my Abel weer aan my sou teruggee?! Dog ook hierdie, my onmoontlik te vervulde skynende wens is nou op so `n heerlike wyse vervul! O JaHWeH, ek kan U nie genoeg bedank vir die oneindige barmhartigheid, wat U in Henog vir my Abel en daarmee alle seën weer teruggee het aan my, wat U waardig bevind het dat uit sy geslagslyn eens `n Telg sal voortkom, wat as `n groot, heilige Broeder vir al my kinders vanuit U sal wees! O JaHWeH, neem barmhartig my diepe dank aan!
[25] En jy, moeder Eva, sien, nie verniet maak jy met vreugde Henog se slaapplek sag en donsig nie; want die een wat jy seshonderd jaar lank beween, is nou weer vir ons in Henog gegee! Verheug jou daarom met my; want sien, hy sal nooit sterwe nie, maar indien hy langer as ons op aarde sal bly, dan sal hy weer soos hy gekom het en soos hy nou is, daarheen terugkeer vanwaar hy gekom het! Daarom verheug julle met my, Eva! En jy, Henog sê my, is dit nie so nie?"
[26] En Henog sê: "Ja, vader Adam, my vlees is uit Eva en my siel uit jou en my gees uit God! Waarom sou ek nie dit kan wees wat jy geseën het nie, of Abel of julle geseënde saad, omdat my gees en Abel se gees tog een en dieselfde gees vanuit God is! Daarom rus sag in God in die vrede van julle siel en ook jy, liewe moeder Eva! Amen."
|
|
|
|
|