Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 132

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die gemeenskaplike maal. Die vaders wat uit eerbied en beskeidenheid vas. Henog se liefde vir Asmahael. Die ware gebed

132 En Adam stel Homself tevrede met die antwoord en alle kinders met hom. En so begin, na gedane innerlike, geestelik ware danksegging, elkeen volgens behoefte smaaklik te eet en te drink.

[2] Nou doen daar die geval voor dat Abedam, Jura, Bhusin en Ohorion nie durf deelneem aan die maaltyd en ook Methusalag met sy seun Lameg durf nie, en nóg Adam, nóg iemand anders van die hoofstamkinders nooi hulle daartoe uit nie. Al spoedig wend Asmahael Homself tot hulle en vra hulle:

[3] "Waarom eet en drink julle dan nie saam met ons nie?"

[4] Hulle antwoord: "O magtige Asmahael, hoe kan ons dit waag om daaraan deel te neem?! Sien, waar die oerstamvader eet, welke vermetelheid sou dit enersyds wees om saam met hom in die mandjie te gryp en saam te eet en uit die beker te drink, wat die verhewe mond van die hoë vader beroer het!

[5] Dit is immers vir ons sondermeer al die grootste saligheid, vreugde en bevrediging, dat ons mag toesien hoe die verhewe vaders hulleself onbekommerd versterk. Daarom, o Asmahael, maak jy geen sorge oor ons nie; want ons het nou immers `n groot porsie van dit wat ons bomatig versterk! Maar ontvang ons liefde en dank vir jou welmenende besorgdheid oor ons! Amen."

[6] En Abedam voeg ten slotte nog daaraan toe: "En, o groot, almagtige Asmahael, onder ons gesê, in my allergrootste eerbied en liefde vol voorgevoelens ten opsigte van U: In U nabyheid en nou in U nie te begrype teenwoordigheid, wie sal, wie kan daar verhonger?! U is tog Self die ewige versadiging vir alle dinge!

[7] O Asmahael, U het my reeds vir die hele ewigheid versadig; en wie homself voortaan aan U sal versadig, sal in alle ewigheid geen honger en dors meer hê nie! Daarvoor slegs aan U dank en liefde! Amen."

[8] Toe Asmahael hierdie verontskuldiging hoor, spreek hy tot die viertal: "Julle het reg gespreek en die sin van julle woorde het vir My hart goed gesmaak; elkeen van julle woorde was tereg en jou uiteensetting, Abedam, is waar tot in ewigheid: Maar, My liewe vriende, nou is julle nog op die aarde en jy het `n liggaam wat aan die aarde toebehoort; daarom is dit ook nodig om jou met mate met spys en drank te versterk!

[9] Of Adam hier nou ook eet en drink, wat se onderskeid is daar dan tussen Adam en My?!

[10] Wanneer Ek nou aan julle sê: Kom hier en eet!", Wie sal julle dan van die maaltyd afweer, as Ek jou daartoe uitnooi?!

[11] Kom daarom hier en gaan langs My sit en eet en drink sonder skroom; want dadelik sal die eerstes die laastes wees en die laastes sal die eerstes wees! Amen."

[12] En toe die viertal hierdie woorde hoor, begin hulle voor die vaders vir God te prys en gaan ten slotte vol vreugde en saligheid naas Asmahael sit en eet en drink

[13] Saam met Adam verheug ook alle stamvaders; behalwe Jared, Mahalaleel en Enos, hulleself, want hulle was so aangedaan deur die edele daad van Asmahael, dat hulle nie by magte was om hulleself nou te verheug nie. Hulle het nie geweet of hulle iets eet of drink nie; wie daar gespreek het en wat, dit hoor hulle ook nie; en dat die viertal saam eet, sien hulle nie; want hierdie groot daad van Asmahael het, netsoos nog geen vroeëre, hulle so te sê volslae stom gemaak, - in welke verstomming hulle lank gebly het.

[14] Henog ween van vreugde en oorweldigende groot liefde vir Asmahael en kon homself ten slotte nie meer inhou nie; hy staan op en snel na Asmahael toe om daarna voor Asmahael sy in vervoering gebreekte hart uit te stort.

[15] Toe Asmahael merk - wat vir Hom nou eenmaal nie moeilik was nie, - wat Henog beweeg het, kom Hy die met liefde vervulde tegemoet en sê:

[16] "Waarlik, My geliefde Henog, wie netsoos jy na My toe sal kom, die sal dit ook belewe dat Ek dadelik sal opstaan en hom meer as halfpad tegemoet sal kom!

[17] Waarlik, Ek sê vir jou: Nou het jy die lewe gevind en alle dood is uit jou geweek! Jou oë sal die dag des doods nimmer aanskou nie; ja, jou liefde het selfs jou vlees oorwin en die het homself met onsterflikheid gevul, en netsoos jy nou is en leef, sal jy voortaan ook wees en ewig lewe!

[18] Sien, diegene wat uit jou sal voortkom, dit sal hulle wees wat Ek sal behou tot aan die einde van alle tye en vir jou stam sal die groot belofte eens in volledige vervulling gaan! Amen."

[19] En toe Henog hierdie woorde gehoor het, breek sy hart en wel sodanig dat hy nie in staat was ook maar enige geluid oor sy lippe te kry nie.

[20] Asmahael versterk hom en sê: "Geliefde Henog, wees kalm en die volle vrede sy met jou gees! Ek weet wat jy nou vir My wil sê.

[21] Waarlik, Ek sê vir jou: Wie so bid en dank netsoos jy nou met die hele boetvaardigheid van jou hart, dit is om in die gees en in alle waarheid te bid.

[22] Wie nog kan bid en dank met sy mond, in sy liggaam klop nog `n hart waarvan die vesels nog oral aan die takke van die wêreldboom hang, en as daar dan `n wind kom wat aan die takke van die bome van die wêreld ruk, word sy hart ook meegetrek.

[23] Maar `n hart soos joue het sy tuiste volledig gevind en wanneer die winde kom is dit rustig en bekommer hy hom nie oor die wêreld nie; maar dit is juis daarom ook vry om die Heer bo alles lief te hê en al die ander alleen uit die Heer!

[24] Wie op so `n manier liefhet, die bemin op die regte wyse en die Heer sal vir altyd met hom wees! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205