|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 108
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Set kom in verleentheid as gevolg van die teenvraag van Enos
108 Toe Set, in plaas van die vurig verlangde antwoord, `n teenvraag kry, beland hy in `n groot verleentheid en kon vir `n lang tyd geen woord meer oor Sy lippe bring nie.
[2] Dit het Enos opgeval, sodat hy toe vra: "Beste vader Set, jy wat `n volkome ewebeeld van Adam is, netsoos Adam `n ewebeeld van God is, sê my tog tenminste waarom jy nou swyg oor dit wat ek jou gevra het! Was dit wat ek gedoen het, dan nie korrek nie, omdat ek tog niks geweet het wat ek jy jou ten antwoord sou kon gee nie.
[3] Sedert menseheugenis word tog al immers gesê, dat vrae as sodanig vry staan en die antwoord daarop dan slegs `n willekeurige verklaring van die vraag is!
[4] Maar wie kan verplig wees om te antwoord, of aan dit wat in die vraag verlang word, te voldoen, as hy absoluut niks het waarmee hy die willekeurige duister van die vraag kan verlig nie?!
[5] Jy het dit van my gevra wat nog lank nie vir my gegee was om jou te antwoord nie en daarom moet ek jou die antwoord skuldig bly. Toe ek jou nou dus vanuit my nagtelike duister dit vra waaroor ek jou met `n korrekte antwoord sou moes bedien, het ek immers jou, liewe vader, ook geen onafwendbare dwang opgelê om my te antwoord nie, maar jy moes my slegs aantoon of dit nie korrek was dat ek jou voorbeeld gevolg het nie!
[6] Dit is immers reeds lank onder ons die gebruik, dat die regte van die vader oorgaan op Sy seun en die van die moeder op haar dogters, omdat die grote, heilige Skepper dit reeds in die natuur van alle dinge gelê het; as ek my dus nou in die dwingende geval van so `n geregverdigde reg bedien het, sê my, beste vader, kan jy wel boos wees vir my daaroor?!
[7] Of is dit teen die ordening, as die seun aan lig ontbreek, waaroor sy vader hom bevraagteken het?! Kan ek iets daaraan doen dat ek jou geen helder antwoord op jou vraag kan gee nie?! En faal ek, wanneer ek as seun, my vader om raad vra?!
[8] Sien, ek glo dat daar geen fout hierin skuil nie, maar wel `n regmatige handeling teenoor jou en Adam en teenoor God, en dit nie verborge nie, maar openlik; en daarom kan jy my wel, as jy wil, waardig ag vir `n teregwysing, as jy dan nie `n verklarende antwoord kan gee nie! Amen."
[9] Set sê: "Beste Enos, wag tog nog `n bietjie; ek het tog immers geen tong soos die van Henog of Kenan, dat ek so snel `n korrekte antwoord kan gereed hê nie! Wees net `n bietjie geduldig, - dan sal dit wel tot iets lei; hetsy nag, hetsy lig, dit sal jy wel sien.
[10] Jy hoef my daarom tog nie jou regte voor te hou nie, wat ek net so goed ken soos jy, - ook nie alle gebruike, wat altyd regverdig en gangbaar was en dit tot aan die einde van alle tye by die volmaakte mense steeds sal bly; want ek het dit immers alles vroeër vir jou geleer! Maar wat die antwoord op jou uit my mond genome vraag betref, dit is minder maklik as wat jy miskien dink, want daar kom wel ietwat nadenke te pas, tot `n mens die korrekte in kort saamgevat het. Wees daarom nog `n rukkie geduldig en netsoos gesê, dan sal dit sekerlik tot iets lei, hetsy nag, hetsy lig, dit sal jy wel sien! Amen."
[11] By homself dink Set nou egter: "O, welke dwaasheid het ek nou weer begaan! Waarom het ek dit dan ook aan my eie seun gevra, omdat ek listig wou wees, en daardeur `n behoefte in hom gewek, wat op sigself baie goed is; maar waarvoor het dit nut, wanneer ek die behoefte nie mag bevredig nie.
[12] Wat kan, wat sal ek hom ten antwoord gee na die korte en maar al te spoedige aflopende uitstel?
[13] Om niks te sê nie, is nou volslae onmoontlik; want dit sou immers teen al die goddelike reg van die vurige verwagting op die vervulling van `n belofte indruis.
[14] Die waarheid mag ek nie spreek nie - en `n onwaarheid nog veel minder!
[15] O Asmahael, Asmahael, nou eers begryp ek heeltemal, hoeveel onheil selfs so `n maklike wet bring, - hoeveel te meer by swaarderwegende of wel selfs by meer wette!
[16] O Asmahael, as jy my nou nie opnuut help nie, dan gaan ek eens te meer ten gronde! O laat my nie in die swarte nag van alle verderf versink nie! Amen!
|
|
|
|
|