|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 184
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Oor die wese van die tyd en die ewigheid
184 Na hierdie eindeloos liefderyke versekering van die kant van Abedam aan Ghemela, waardeur ook `n groot moed in haar terugkeer, kom haar hart volledig tot rus. Haar bors adem weer heeltemal vry en sy maak nou dadelik van die geleentheid gebruik en stel vanuit haar hart die volgende vraag, wat ook in die ry van haar besondere, taamlike vreemde vrae tuishoort. Hierdie tweede seldsame vrae lui as volg:
[2] "Mees liefdevolle, enig Beminde, bo alles Heilige, Almagtige JaHWeH! Omdat U reeds vol barmhartigheid so onuitspreeklik diep tot ons arme sondaars neergedaal het en my toegestaan het om te vra, wil U dan so bereidwillig wees om my dommigheid oor die volgende te hulp te kom?
[3] Sien, honderd en duisend maal het ek die woord "ewig" en "ewigheid" gehoor en het dit self nie minder dikwels uitgespreek nie; maar regtigwaar, ek het dit nog nooit begryp nie!
[4] O JaHWeH, as dit U heilige wil is, - ek sou dit wel baie graag wil weet!"
[5] En Abedam se onmiddellike antwoord was vir haar en alle ander toereikend en begryplik, toe Hy sê:
[6] "Luister, My geliefde Ghemela, wat eintlik vanuit My posisie die Ewigheid is, dit kan jy nooit begryp nie en daarby bly lewe nie, daarom sal dit onmoontlik wees om jou die ewigheid vanuit My standpunt volledig aanskoulik te maak; maar wat jy en alle ander in staat is om te begryp, is dit: Die ewigheid is vir die gees wat die tyd is vir die liggaam, slegs met die verskil, dat die tyd alles om homself heen verteer en laat vergaan, terwyl die ewigheid ook nie `n atoom laat vergaan nie.
[7] Hierdie tyd bestaan en ontstaan uit die voortdurende beweging van alle fisiese geskape dinge; want sou dit nie beweeg nie, dan sou hulle mettertyd almal, son en planete en mane en alle lewende wesens, oormekaar en deurmekaar val tot `n eindeloos chaotiese massa, wat ten slotte deur die eindeloos sterke druk op mekaar, baie gou geheel en al sou ontbrand en dan sigself ook sou verteer en ten slotte totaal vernietig.
[8] Maar omdat, ter wille van die instandhouding, alles, van die grootste tot die kleinste hulleself presies afgemeet, regte afstande moet beweeg en selfs die deel van `n samehangende liggaam ten minste `n voortdurende drang tot beweging in homself moet hê, waardeur dit by `n uiteindelike hindernis dadelik kan begin om homself te beweeg, daarom bewerk dit onophoudelik, volgens dieselfde wette steeds terugkerende beweging en wat ooreenkomstig die ordening wedersydse ontmoetinge wat tydperke bewerkstellig, wat getel kan word. En wat hierdie bestendigheid in beweging bewerkstellig, naamlik die slytasie van die dele wat mekaar deur die beweging aanraak en daardeur die langsame of sneller vergaan van die dinge, is die alles verterende tyd. Daarom is dan al die tydelike ook verganklik, omdat die dinge vergaan en ander weer in hulle plek kom en so word dan die maat wat tyd bepaal, ooreenkomstig die verdwyning en terugkeer van die dinge.
[9] Maar by die ewigheid is presies die teendeel die geval! Daar is elke beweging maar skynbaar; in wese verkeer alle dinge in die mees volkome rus.
[10] In die tyd skyn die dinge in rus te wees, en tog beweeg selfs die hardste klip homself in al sy tallose dele en daar is niks wat ook maar êrens rus sou hê nie.
[11] In die ewigheid is weer presies die omgekeerde die geval! Daar skyn alles homself voortdurend te beweeg; maar desondanks is tog alles in die mees ongestoorde, van My uitgaande rus.
[12] Maar sodat jy dit aanskoulik goed begryp, wil Ek jou `n oortuigende en getroue voorbeeld gee:
[13] Sien, gestel dat jy van hier na `n verre vuurspuwende berg sou wil loop, dan moet jy onmiddellik op weg gaan en moeisaam stap vir stap verder gaan om miskien in twee tot drie dae daar aan te kom.
[14] Maar in die ewigheid, kan iedereen homself die weg bespaar. `n Mens kan steeds op een en dieselfde punt bly en kan met alleen maar sy, deur sy gedagte opgewekte gevoelens, die mees ongelooflike verre reise maak en by die volste bewussyn alles presies bekyk, terwyl die persoon self geen haarbreedte van sy bepaalde plek beweeg nie en homself dus in die voortdurende allersoetste rus bevind, - dit wil sê vanuit My beskou.
[15] Sien, stel jou nou voor dat jy op `n sagte, donsige bed slaap en jy in jou soete slaap die mooiste drome sou hê, waarin jy heen en weer loop en wel sou wil spring en dans van vreugde en dat jy boonop ook nog `n verre snelle plesierreis sou wil maak.
[16] Sien en begryp dat by al hierdie beweging in jou droom aan jou persoon nie die allergeringste beweging of verandering van plek bespeur sou kan word nie!
[17] So is dit nou, vir jou, nog onbegryplike, meer volkome toestand, ook met die geaardheid van die ewigheid gesteld. Want sien: Netsoos in en deur die beweging die tyd, die vernietiging, die verganklikheid en die uiteindelike dood van alle dinge veroorsaak word, so veroorsaak die rus die ewige instandhouding, die onverganklikheid en die steeds aanhoudende, ewige, mees volkome, volledig op My gelykende lewe van alles in die liefde en hulle lewende gees geheel op My gelykende wesens!
[18] Maar netsoos Ek ook nie hoef te reis om van die een oneindigheid na die ander te gaan nie, so sal ook My geliefdes dit net so min as Ek nodig hê om hulleself persoonlik oral te begewe, ten einde alle eindelose wonders te kan aanskou; maar hulle sal almal, netsoos Ek, in alle ewige rus die ware, ewige lewe geniet, ofskoon hulle self nooit van hierdie rus bewus sal wees nie, maar wel `n ewige, mees saligste lewendigheid, wat egter juis deur hierdie in wese geestelike persoonlike rus, onverwoesbaar is en dus ewigdurend onderhou word.
[19] Sien dus, My geliefde Ghemela, dit is die ewigheid en so is die onderskeid tussen haar en die tyd, wat doodmaak!
[20] Wat die duur betref, dit loop tesame met die duur van die tyd. Daardeur kan daar ewegoed ewighede as tye wees; alleen word die duur van die ewigheid nie so ondergaan as die van die tyd nie, omdat tyd die verlede nooit terugbring nie, die ewigheid egter sal selfs vir jou mees ondenkbare verlede soos `n mees helder teenwoordigheid altyd durend onderhou, en ook nie minder nie, die toekoms as reeds aanwesig voor homself hê. - Begryp jy dit?"
[21] En vriendelik glimlaggend antwoord Ghemela: "O JaHWeH, as U dit wil en in hoeverre U dit wil, begryp ek dit immers deur U barmhartigheid; maar dit is vir my nog nie geheel en al duidelik hoe `n mens homself tog in die voortdurende rus kan beweeg nie. Sien, dit sou ek wel baie graag heeltemal wil begryp, - as dit U heilige wil sou wees!"
[22] En Abedam sê aan haar: "Dit, liewe Ghemela, sal jy hier nooit heeltemal volkome kan verstaan, solank jy nog `n liggaam dra nie, - maar eendag sal jy dit volkome kan begryp!
[23] Vra daarom liewer oor iets anders en Ek sal jou op alles `n antwoord gee vanuit My liefde vir jou! Amen."
|
|
|
|
|