Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die oorleg van die tien vorste

28 En sien, omdat geeneen van hulle wat reeds gespreek het, dit gedurf het om een woord teen Farak te spreek nie, staan Molakim eindelik op en rig die woord persoonlik tot Farak, en hom daarby skerp in die oë kyk en sê: "Broeder, jou rede was skerp en het elkeen in die middel van sy hart getref; maar kyk, wat ons toesprake betref, die bedoeling daarvan was goed en opreg, op die verstoting van Hanoch na; hy word slegs omlaag gebring deur innerlike, valse begeertes, wat eers in ons wakker geword het by die aanblik van die aan ons toevertroude vorstelike ampte.

[2] Maar as ons hierdie brutale begeertes uit ons ban en ook ware, troue broeders wil word, sowel die volk, asook van Hanoch volgens die maatstaf van reg en billikheid, sou ons dan ook nog skurke wees?"

[3] En Farak antwoord: "Die begeerte is die lewe van die wil; as julle egter elke begeerte in julle wil uitban, van waaruit wil julle dan as vorste handel?! - Daarom sal niemand die begeertes in homself onderdruk as synde die vonke van die liefde in God nie; maar dit mag geen verkeerde rigting inslaan nie.

[4] Die korrekte rigting daarvan is, om te probeer om God in Sy liefde vir julle te win en alle handelinge daarvolgens te rig volgens die besef van die hoogste wil in ons, wat in alle deemoed die eieliefde in ons sal bewaar deur die gevoel van haar nietigheid en haar onbegryplike swakheid wat in haar is.

[5] Die verkeerde rigting daarvan is egter, wanneer die selfsug of die volkome blindheid en doofheid van die wil in ons en alle handelinge wat daaruit voortkom, homself rig op die eie behoeftes en die broeders van gelyke afkoms buite beskouing laat.

[6] Sien, die valse begeertes blaas homself dan deur hulle steeds groeiende veelheid in ons op, onderdruk die deemoed en wek deur hulle gewig die hoogmoed op, in welke situasie die mens homself dan graag van sy groot las sou wil ontdoen. Maar omdat hy as blinde niks sien en as dowe niks hoor wat hom sou kan help nie, gryp hy in sy valse begeertes na alle denkbare middele wat sy blinde liefde of eieliefde maar kan versin. Hierdeur stapel hy slegs maar las op las, wat ten gevolge van hulle groot oorbelasting die lewe uit God in ons onderdruk en ons maak tot diere van die aardse materie en tot voedsel van die dood, wat oral in die materie aanwesig is, sowel in die vuur as ook in die water, in die lug en in die aarde, wat die moeder van die vlees of van die dood is; want waar vlees is, daar is die dood ook. Daarom sal ook ons almal, wat die vlees betref, sterwe.

[7] Wie dus vervul is van eieliefde, is vervul van liefde vir sy vlees; maar wie sy vlees liefhet, het `n begeerte na die dood, en die dood sal in sy begeerte oorgaan en hom gevange neem in alle vesels van die lewe en hom sodoende verteer en dood. En so sal hy tot afval van die dood word en sal die akkers bemes, waar die vrug van die ewige verderf gesaai is. - Nou weet julle alles; julle handeling bepaal of julle sal lewe of sterwe, Amen."

[8] En sien, toe neem Molakim weer die woord en sê: "Broeders, julle ken my amp en vak; ek is nie deur Hanoch, nóg deur die volk daartoe geroep om vir Hanoch en daardeur ook vir die volk te lieg nie, maar deur julle almal, met uitsondering van Farak; maar slegs aan julle moes ek die kern van die saak laat weet. Nou werp ek egter die leuens links en regs voor die voete van Farak en sê openlik en getrou: As daar `n God uit die hemel sou kom, sou sy redenasie nie wyser wees as die van Farak nie!

[9] Ek beken ronduit, dat as hy nie ons broer was nie, ek voor hom sou neerval en hom aanbid; maar hy is `n mens soos ons, - maar waar kom sy groot wysheid vandaan?!

[10] Sien, ek is net so blind en doof soos julle; maar `n ruising binne in my sê: God spreek onsigbaar deur die mond van Farak! Ons moet baie goed na hierdie stem luister, goed kennis daarvan neem en daarvolgens handel, indien ons wil lewe; anders sal die trane van ons broeders hulle self versamel tot `n groot vloed en ons almal tesame verstik met ons groot hoerery, bedrog en listige misdadigheid."

[11] En sien, toe skep Uvrahim ook moed, stap na vore en sê: "Amen. Dank aan die ou God, dat Hy vol barmhartigheid die mond van Farak, ons broer, geopen het; sonder dit sou ons gesamentlik ten gronde gegaan het, omdat ons almal reeds so diep in ons die dood bringende begeertes opgestapel het en die een die ander wil verraai, sodat die dood, hoe dan ook, oor ons almal sou gekom het as `n regverdig oordeel van omhoog van die gewydheid of uit die diepte van die toorn van die ou God.

[12] Ek was `n gladde vleier en het meer kwaad veroorsaak as julle en as Hanoch met al sy gesag; want as ek nie daar was nie, sou hy sy goddelikheid lankal laat vaar het. Dit was eintlik aan hom, op suggesties van Uvrak en met die hulp van Nohad en Thahirak, deur my voorgesê. Hy het al dikwels in die geheim teenoor my opgemerk dat hierdie goddelikheid hom innerlik baie angs inboesem en hom, as hy alleen was, by dag en by nag nie met rus laat en dat hy hierdie ongelukkige gedagtes van Uvrak al dikwels verwens het, maar wat hy, terwille van die volk, nie kon laat vaar nie; en tog brand dit hom meer as alle vuur in sy gemoed.

[13] En sien nou, hierby lê ek al my gevleiery neer in die oortuiging dat die wysheid van Farak hierdie groot wond van ons broeder ook geleidelik aan maklik sal genees, en ook dat dit hopelik ons almal se oë geopen het, sodat ons die afgrond mag sien aan wie se brokkelrige rand ons nege onsself al vol behae bevind, terwyl ons nie bewus was van die groot gevaar om ons lewe te verloor nie en daarmee alles wat daar deur maar enigsins waarde het.

[14] En jy, waarde broeder Farak, is vir my en ons almal `n getroue gids na die lig uit die hoogte van die ware God, waarvan ons vervreemd is, net soos van ons aartsvader Adam, en lei ons almal volgens die welbekende wil van die enige ware God, en ook alle mense, wat eweneens ons arme, onskuldige broeders is, deurdat slegs ons deur ons grenslose boosheid skuldig is aan hulle vergryping. En wat jy, o broeder, as enigste aan wie die wil van bo bekend is, as die goeie sal beskou, dit sal ons met verenigde kragte met die barmhartigheid van bo graag en altyd vol bereidwilligheid noukeurig ten uitvoer bring.

[15] Daarom lê ek hier ook my vorstedom neer aan die voete van die waaragtige vriend van God, en sal my dan eers gelukkig ag, as ek my `n troue kneg mag noem van die enigste in die land, wat uit so baie duisende barmhartigheid gevind het voor God, die ware en enige, wat synsgelyke nie het nie.

[16] Hoor almal dus my weloorwoë wil: Laat die stad van Farak vir ons almal `n heilige stad wees. Daar sal ons steeds wyse raad gaan kry om wys daarvolgens te kan handel. Laat hyself vir ons `n vors en leier volgens die Wysheid van God wees en laat hom die enigste sentrale punt wees tussen ons, Hanoch en die hele volk wees, sodat ons waardig bevind mag word, nie soseer om vorste te word nie, wat tog net niks voorstel nie, soos wat ons deur God se wysheid ingesien het, maar slegs om vir gewillige, troue knegte aangesien te word, wat vreugde wil en sal hê aan die welsyn van die volkere en aan die wysheid van God in ons broeder Farak en ook in die volledige herstel van Hanoch en daardeur ook van al die vrye en diensbare volk.

[17] Amen, sê ek uit Sy aller naam; en jy broeder Farak, kyk my aan in jou wysheid en wees vir ons almal `n broeder, vors, leier, raadgewer en wyse vriend! Amen."

[18] En sien, die toespraak van Uvrahim wek Thahirak weer op en ook die origes wat voor Farak huigelagtige woorde vol eiebelang gespreek het. En so begin hy ook te praat soos `n draer en `n ware versamelbeker vir al wat sleg is en ook soos iemand wat homself goddelike regte en eienskappe aangematig het. Soos God sê, vir alle ewigheid, onaantasbare gewydheid, Sy regverdigheid, Sy liefde, Sy almag, ja ten slotte selfs die ganse skepping, asof hy dit met één vinger sou kon vernietig, omdat hy, soos hy dikwels gesê het, die slenters van die ou God agtergekom het en hy het ook gedurf om selfs teen My kragte op te neem en openlike vyandskap teen My almag durf verklaar. En omdat Ek uit liefde die groot swaard van My toorn nie wou trek teen `n ellendige wurm in die stof nie - as die oneindigheid teen `n niks, wat nouliks onderskei kan word vanweë sy onuitspreeklike klein afmetings teenoor My ewige grootte en oneindige mag - sê hy dus vir elkeen dat My swakheid vrees sou hê vir sy krag.

[19] Wat dink jy, My kneg, van so `n kragtige uitspraak?

[20] En kyk, tog was dit nog nie so lagwekkend nie, want wat My op hierdie dag bereik het, is duisendmaal slegter as wat dit was.

[21] Want kyk net na die wortel van julle priesterdom! As hy spreek, die wêreldheilige op sy troon, dan moet Ek in alle erns swyg en ook daarvoor oppas om met niemand te praat nie; as hy dit sou agterkom, dan sou My gespreksgenoot sy lewe nie seker wees nie.

[22] Ek hoef ook die doring in My oog nie nader te bepaal nie, omdat julle dit sonder meer maklik kan vind. Nog maar `n kort tydjie! - En nou weer ter sake!

[23] En sien, nou begin hierdie Thahirak, terwyl hy soos die weerlig van mening verander, ook slegs in kort enkele geweldige slotwoorde tot die byeenkoms te rig en sê: "Broeders, julle wat vir my hier so wys en kragtig gespreek het, dat ek tot in die diepste grond van al my boosheid geskok is en ek my nietigheid en my bodemlose swakheid aanskou en al die groot onreg in al my doen en late verneem het, - ek het julle wysheid nodig, broeder Farak, nie om eers hier op al my skandalighede in te gaan nie, want selfs aan `n nie-wyse is die amp en die funksie, wat ek tot nou toe in die allersnoodste misdadigheid beklee het, voldoende bekend.

[24] Sien, ek is te sleg om in julle vergadering ook maar een woord ter verontskuldiging te uiter, maar ek wil slegs soveel sê, dat ek `n grondsteen van al die slegte onder julle en die volke van Hanoch is; daarom maak ek nêrens op enigiets aanspraak nie, nóg op `n vorstendom, nóg op slawe en nóg minder op bediendes nie, maar laat my maar dieselfde ondergaan as wat daar met vader Kain gebeur het. En so sal die grondsteen van al die bose van onder die brokkelrige bousel van alle misdaad uitgegrawe word, sodat dit dan inmekaar sal stort en `n beter gebou van Farak se regverdige wysheid uit God, die Ware en Magtige, vir alle tye duursaam opgerig mag word op hierdie afskuwelike plek.

[25] Sien, broeders, dit is die enigste loon, wat ek die meeste van julle almal verdien het, - en waarmee ek hoop om geen onbillike eis aan julle gestel het nie, omdat ek nou goed weet dat die ou God geen barmhartigheid en erbarming meer vir my kan en mag hê nie, vanweë Sy gewydheid, wat ek slegs op onuitspreeklike wyse geskend het.

[26] Hierby het ek my voldoende uitgespreek en verwag vol vertroue en deemoed `n regverdige en baie billike, welverdiende oordeel van die goddelike, regverdige en sterk wysheid van Farak!

[27] En as julle vir my, my vrou en my kinders wil laat saamneem op my vlug agter Kain aan, laat dit dan julle erbarming versier. En dus geskied met my volgens die wil van Farak, Amen!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205